Byna 200 000 aansoeke reeds vir Gauteng-skole ontvang

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Die aanlynregistrasie vir gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2020-skooljaar het eers vanoggend om 08:00 geopen, maar beskikbare plekke was reeds binne die eerste twee uur reeds meer as halfpad vol.

Groot getalle ouers het na die Diepsloot-jeugsentrum gestroom om hulp by beamptes van die Gautengse departement van onderwys te kry om vir hul kinders aansoek te doen.

“Verlede jaar dié tyd het ons al sowat 100 000 aansoeke ontvang. Vandag het ons al 195 000 aansoeke ontvang, wat beteken ons het verlede jaar se syfer verdubbel,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, aan joernaliste gesê.

“Onthou, ons het 320 000 plekke beskikbaar, so as ons al amper by 200 000 is, gaan ons baie vinnig ons teiken bereik.”

Ouers het gesê hulle is in hul skik met die vinnige aansoekproses, terwyl sommige die departement geloof het dat hulle die sentrum vir ouers beskikbaar gestel het aangesien nie alle huishoudings toegang tot internet het nie.

Lesufi het gesê daar kan moontlik vertragings op die aansoekstelsel wees weens die hoë getal besoekers aan die aanlynregistrasieplatform. Hy het ouers aangemoedig om net aan te hou probeer totdat hul aansoeke voltooi is.

Lesufi het vroeër gesê ouers kan vir enige skool van hul keuse aansoek doen. Geen taal sal tydens registrasies voorkeur geniet nie, hoewel die stelsel wel aandui in watter tale leerders by ʼn spesifieke skool geakkommodeer kan word.

Ouers het nog geleentheid tot middernag op 22 Julie om aansoek te doen, maar word aangemoedig om vinnig te spring om teleurstelling te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Judge Dredd ·

Hoop Afrikaanse ouers het gespring en eerste aansoek gedoen.
Dan sal ek graag wil sien dat ‘n oudit agterna gedoen word sodat ons kan sien hoe die onderwys departement kinders aan skole toewys – om seker te maak die rassistiese Lesufi manipuleer nie die stelsel vir politieke redes.

Gert ·

As hy nou na die tyd beweer die Afrikaanse kindertjies se aansoek was later as die “Engelse” leerlinge s’n en dat die Afrikaanse kinders dus nie plek kry nie? Hoe bewys mens die teendeel?
Hier is ‘n lelike ding aan die kom.

Chris du Preez ·

As daar te min plek is vir al die aansoekers Lesufi, dan doen jy nie jou werk nie, jy moet nog skole bou en sorg dat die skole in die townships wat leegstaan ordentlike onderwysers kry.

MAKLIK ·

Het vanoggend 8:00 op die kop geregistreer en WA no. dadelik gekry. Sal nou moet kyk wat gebeur.

Hannes Rautenbach ·

Ons begin nou vinnig die punt bereik waar Lesufi se swak administrasie ontbloot gaan word deurdat daar te min plek gaan wees om alle leerders te akkommodeer – wonder of hy dan nog steeds sy raskaart sal kan speel?

Stormjaars ·

Die rassis lesufi het dit in vir Afrikaans. Dit is die rede vir die aanlyn aansoek. Hy wil dit beheer. Ons sal nie vir hom gaan le nie. Doen jou werk of gee pad sodat iemand anders dit kan doen.

Gert van Wierdapark ·

Ek is beindruk met mini-ster Lesufi van Gauteng oor sy “mind-blowing” som wat hy met ons gedeel hetrakende die getalle. Dit wys darem dat hy (amper) sy 2 maal tafels Ken!!!

Nita ·

Mnr Lesufi moet 2 dinge in sy kop kry. Een; n taal is nie n kleur nie. So as jy in Afrikaans wil leer gaan jy na n Afrikaanse skool. Jy kan enige kleur mense daar aantref. TWEE: Die bevolking is jare al besig om te ontplof. Hy beter meer skole bou of die skole wat hulle so tengronde laat gaan herstel en benut en van onderwysers voorsien wat hulle sout werd is.

Tina ·

Probleem in Gauteng is die instroming van mense wat op sy beurt oneindige druk op alles, ook die skole plaas. En solank as wat die Departement sloer om nuwe skole te bou daar waar nuwe woonbuurte ontwikkel en toesien dat ALLE onderwysers hul werk behoorlik doen, gaan die druk op die “funksionerende”/ presterende skole net groter en groter word. Nog privaatskole is nie die oplossing nie. Dis tyd dat staatsdepartemente die feite (getalle/ statistieke) van die samelewing van die dag in die oë kyk en iets daadwerkliks doen om meer skole daar te stel. Met bekwame personeel wat die kind se opvoeding en onderrig ernstig opneem. (en so terloops, dis al die 4e jaar wat die aanlynstelsel vir aansoeke vir G1 en Gr8 gebruik word).

MARI ·

Ek sukkel al van 10 uur vanoggend die sisteem bly ‘n server error in ‘ / application uitgooi.
kan iemand my asb raad gee

Sune van Heerden ·

Dagsê Mari

Ek is jammer dat jy sukkel om Maroela te besoek!
Maak asseblief vir ons ‘n skermskoot van die foutboodskap wat jy kry en stuur dit dan vir ons per e-pos aan by [email protected]
Ek sal dit graag vir die tegniese span wil gee om dringend ondersoek in te stel.
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andreas ·

Of dit dieselfde is weet ek nie, maar ek het ‘n week of so gelede so ‘n skerm met ‘n groot rooi kruis op gekry, dan word ek vertel sekere woorde of iets is geblok. Ek het daar rondgespeel met bv 35 en dit dan voluitgeskryf, toe word dit aanvaar. Daar was niks snaaks of woorde wat dit kon ontlok nie. Na paar dae het ek dit nie weer teegekom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.