Byna 200 werkers by platinummyn hul werk kwyt

Argieffoto

Argieffoto

Byna 200 werkers van die Royal Bafokeng-platinummyn in Rasimone naby Rustenburg is afgelê.

Mpumeleng Pooe, woordvoerder van die maatskappy, het Dinsdag gesê 174 werkers is deur die afleggings geraak. Die afleggings was weens die “uitdagende markomstandighede” in die mynbedryf.

“Royal Bafokeng Platinum was nie immuun teen die impak van hierdie uitdagende omstandighede nie. Soos die res van die bedryf, moes ons weer na die onderneming kyk en dit herposisioneer in reaksie op die ekonomiese omstandighede omdat ons om voortdurend daarna streef om operasioneel uitmuntend en volhoubaar te wees oor die lang termyn,” het hy gesê.

Pooe het bewerings dat van die werkers wat geraak is, nie vooraf gekonsulteer is nie en dat hulle glo hulle is bloot afgelê omdat hulle Amcu-lede is, ontken. “Ons het op 5 Augustus begin om met die vakbone te onderhandel om ander [oplossings te ondersoek],” het hy gesê. Hy het gesê dit was onvermydelik dat sommige areas van die mynbedrywighede geaffekteer sou word deur die sake-hersieningsproses.

Hy het gesê die betrokke partye het ooreengekom op spesifieke kriteria om die personeel wat afgelê sou word, te identifiseer en het ook ooreengekom om die nodige vaardighede te behou sodat mynbedrywighede kan voortgaan.

“Die personeel  geraak is, het hulle kennisgewings van diensbeëindiging ontvang nadat alle konsultasieprosesse afgehandel is. Hulle het een maand kennis gekry om hulle in staat te stel om ander werk te soek en hulle sal vir hul kennismaand betaal word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Malinda ·

Wel dit raak almal nie net vir hulle nie, omrede misdaad nou net meer en meer gaan toeneem

susan ·

Ek het hierdie een sien kom. Laat dit n les wees vir al die mynwerkers by al die myne wat so staak oor salarisverhoging. Die geld vir julle hoër salarisse moet iewers vandaan kom. As die myne nie die verhoging kan bekostig nie moet dit op n ander plek gevat word. Vat van die een om vir die ander te gee. Plaas daarvan dat almal werk en darem iets verdien moet n klomp mense nou sonder werk of geld sit. Hoop die steenkoolmyne se werkers leer iets hier uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.