Byna 250 000 nuwelinge kry plek in Gautengse skole

Panyaza Lesufi (naasregs), Gautengse LUR vir onderwys, lig die media in oor die plasing van leerders in gr. 1 en 8 vir die 2019-skooljaar. Foto: ANA

Die Gautengse onderwysdepartement sê 248 866 leerders is in dié provinsie in skole geplaas vir die 2019-skooljaar.

“Dit was ʼn moeilike proses, want ons het meer aansoeke ontvang as wat ons verwag het,” het die onderwys-LUR, Panyaza Lesufi, Donderdag tydens ʼn inligtingsessie in die departement se hoofkantoor gesê. Lesufi het gesê vir die eerste keer was daar gebiede waar die skole heeltemal vol was en geen meer leerders daar aanvaar kon word nie.

Hy het gesê amper 6 900 ouers wat betyds aansoek gedoen het, moes hoor dat hul kinders nie in hul voorkeurskool geplaas kon word nie.

Sowat 282 000 aansoeke is ontvang, waarvan 149 461 vir gr. 1 was en 133 362 vir gr. 8. Lesufi het gesê sommige ouers het nie op aanbiedings gereageer nie of nie die nodige dokumente voorgelê nie.

“Ons vra dat daardie ouers ons tot 5 November gun; dan sal ons hulle inlig van gebiede waar daar nog plek is.”

Kempton Park, Centurion, Fourways en Johannesburg-Suid is van die gebiede waar al die skole vol is. Volgens die LUR moet ʼn nuwe laerskool in Centurion plek maak vir gr. 8-leerders wat tydelik daar gehuisves sal word.

Hy sê op die oomblik sal daar nie nog ʼn ronde aansoeke vir ouers wees wat nie aanlyn aansoek gedoen het nie omdat die 6 900 ouers wat wel aansoek gedoen het eers gehelp moet word.

Lesufi raai ouers wat nog nie aansoek gedoen het nie aan om hul naaste distrikskantoor te besoek om vas te stel waar nog plek beskikbaar is. So nie kan hulle e-pos rig aan [email protected] met hul navrae oor beskikbare plekke.

Hy het gesê die departement word deur ernstige finansiële druk in die gesig gestaar weens die groot getal leerders in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Januarie 2019 is dit weer chaos. Mos nie gedink om skole te bou om by te hou met die geboorte statistieke nie.

Adrian ·

Wonder waar kom die xtra leerlinge vandaan, het hul nie in limpopo verlede jaar 34 skole afgebrand nie nou wil die nou weer n skool he. Lufisi se vir ons waar kom daai leerlinge vandaan 1) watter provinsies en 2) hoeveel van ander Afrika lande

Elsa ·

Is dit omdat soveel skole afgebrand is, dat Afrikaanse skole nou moet plek maak vir die leerders van daardie afgebrande skole? Laat die kinders in areas waar skole afgebrand is, dan maar by hul huise bly, want hulle en hul ouers het dalk gehelp om die skole af te brand. Indien nie, moet mense maar net begin wakker word en besef wat die gevolge van sulke verwoesting is. Dié wat dan nie skuldig is nie, moet begin om op te staan en te veg vir die behoud van skole en klinieke in hul areas. Die sondebokke is gewoonlik in die minderheid en die ander mense staan en toekyk sonder om enigsins te probeer keer.

zoom zoom ·

Dit is tyd dat die gautengse dept van onderwys ondersoek moet oor die wyse van wat hulle met hulle begoting doen. Dot wil voirkom asof die gelde nie aangewend word vir die regte doel nie.

Anoniem ·

zoom zoom – baie goeie voorstel. Want die fondse word virseker nie aangewend om nuwe skole te bou nie. Nou moet Afrikaanse leerlinge verontrief word.

Dankbaar ·

Ek is bly my kinders is almal uit die skool maar my hart ruk as ek dink my kleinkinders moet deur hierdie chaos gaan. Stuur die leerlinge terug na hul tuislande toe. Baie van hul ouers is seker nog onwettig in ons land ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.