Byna 250 renosters binne ses maande gestroop

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die verslapping in afsonderingsregulasies het’n toename in renosterstropery tot gevolg gehad.

Altesame 249 renosters is vanaf Januarie tot einde Junie vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings gestroop.

Die departement van omgewing, bosbou en visserye sê hoewel dit meer is as die getal renosters wat gedurende dieselfde tydperk verlede jaar gestroop is, is dit 166 minder in vergeleke met die 318 renosters wat in die eerste ses maande van 2019 gestroop is.

Die getalle is bekend gemaak op Wêreldveldwagterdag wat vandag gedenk word.

Argieffoto

Altesame 132 renosters is gedurende die eerste helfte van vanjaar in die Krugerwildtuin vir hul horings gestroop, terwyl een olifant vir sy ivoor doodgemaak is. Dié wildtuin het gedurende die ses maande 715 stropersaktiwiteite aangemeld – ’n toename van 3,77% vergeleke met verlede jaar se 689 aktiwiteite.

Volgens die departement is 40 vermeende stropers gedurende die eerste ses maande van vanjaar in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. Altesame 125 verdagtes reg oor die land is in dié tyd in hegtenis geneem vir beweerde renosterstropery en die handel in renosterhoring.

Uitspraak is reeds in 14 sake – wat die skuldigbevinding van 20 stropers verteenwoordig – gelewer sedert die begin van die jaar, met ’n skuldigbevindingskoers van 93%.

Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, sê die Covid-19-pandemie vertraag egter die afhandeling van hangende sake aangesien getuies, beskuldigdes en hofpersoneel in baie gevalle moet isoleer terwyl hofgeboue ontsmet moet word.

Só vergelyk renosterstropery in SA die afgelope paar jaar:

Provinsie en nasionale park 2019

Januarie tot Junie

2020

Januarie tot Junie

2021

Januarie tot Junie

 

SANParke19190132
Gauteng500
Limpopo16530
Mpumalanga11620
Noordwes171718
Oos-Kaap100
Vrystaat 8016
Noord-Kaap310
KwaZulu-Natal664733
Wes-Kaap000
 Totaal 318166249

Creecy het vandag op Wêreldveldwagterdag hulde gebring aan die 11 personeellede van SANParke wat die afgelope jaar weens Covid-19 dood is.

“Ons bevind ons in ’n posisie waar die pogings wat aangewend word om wildmisdaad ​​soos renosterstropery te bekamp, tot ’n mate beïnvloed word deur die buitengewone omstandighede van die stryd teen Covid-19.

“In die stryd om ons wild te bewaar en stropery te stop, plaas ons veldwagters daagliks hul lewens op die spel om ons omgewing en kwesbare spesies te bewaar, ondanks die bykomende risiko wat hulle loop om Covid-19 op te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

hoe hoër die strawwe vir horing/ivoor stropers/smokkelaars is, hoe minder sal daaraan deelgeneem word

JM ·

Dit is ontstellend dat soveel van die stropers wildbewaarders van die Kruger Wildtuin was. ‘n Skande!!

Blomme ·

Sommige mense se optrede strook aan die van diere. Hoe het die mens so gekom?

Tiptol ·

Diere maak net dood vir oorlewing. Mense maak dood vir geld en gierigheid. Groot verskil.

annie ·

Ons sit juis met die erge nagevolge van vreemde gebruike van die wildlewe deur Oosterlinge waarvan hul nie wil afsien nie. Deur die geskiedenis het navorsers gevind dat peste dikwels by ongure gebruike ontspring. Sjina weet dat sekere diere erge virusse dra vandaar eksperimente in Wuhan met sy grillige ‘wet market’ oor biologiese oorlogsvoering. Hoogheilige Fouci se groep het mildelik bygedra tot die lab maar is nou so onskuldig. Renosterhorings is wapens en kan met erge virusse besmet raak.

Gerhard ·

Die renosterstropery is baie meer ernstig as wat bdie publiek besef. Die 2011 SANParke Jaarverslag meld dat dat daar tussen 8000 en 11000 Witrenosters in die NKW is. Daar is tans net meer as 3000 van hierdie diere in die NKW, wat het van al ons renostersgeword?

Kokerboom ·

Stel lewenslange tronkstraf in vir stropers van renosters

Gerhard ·

Die renosterstropery is veel erger as wat die algemene publiek besef. SANParke se 2011 Jaarverslag het aangedui dat daar tussen 8000 en 11000 Witrenosters in die KNW is, tans is daar ongeveer 3000, wat het van al ons renosters geword?

Johanna ·

En die baasbrein se saak is al amper 10 jaar uitgestel. Hy sit nog nie.

Frank John ·

So is mense gebreinspoel om nou nog te glo dit kan jou help met jou “sex” probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.