Byna 32 000 poste by skole vakant

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Niamat Ullah/Unsplash)

Byna 32 000 poste is tans vakant by openbare skole landwyd.

Baxolile Nodada, DA-LP en die party se woordvoerder oor basiese onderwys, sê dit is net nog ʼn bewys van die ANC se “minagting” van basiese onderwys “en dus ongelukkig nie verbasend dat ons werklike matriekslaagsyfer op 55,3% staan nie”.

“Hierdie groot getal vakante poste veroorsaak oorvol klaskamers, wat verklaar waarom sommige skole met tot 70 leerders in een klaskamer sit.”

Hy sê vakante poste is egter net die oortjies van die seekoei, aangesien openbare skole ook ʼn aansienlike tekort aan infrastruktuur het.

“Leerders word gedwing om in onveilige klaskamers onderrig te ontvang, puttoilette te gebruik, asook om meubels, handboeke en skryfbehoeftes te deel.

“Dit lei tot angswekkende opvoedkundige uitdagings vir leerders. Altesame 81% van graad 4-leerders kan nie met begrip lees nie.”

Nodada sê hierdie vakante poste kom meestal in armer, meer landelike provinsies voor.

“KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het die hoogste getal vakante poste en staan onderskeidelik op 7 044 en 6 111.”

Weens begrotingsbesnoeiings kan provinsies ook nie die vakante poste vul nie. Die nasionale regering het byvoorbeeld die Wes-Kaap se begroting vir onderwys met byna R900 miljoen gesny.

“Die ANC doen alles in hul vermoë om die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (die Bela-wetsontwerp) in werking te stel. Dit sal egter net die uitkomste van basiese onderwys vererger.”

Hy sê dringende verandering is nodig om leerders van ʼn mislukte basiese onderwysstelsel te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jack ·

So wie gaan lus voel om te gaan skool hou waar ALLES uitmekaar val.Kinders 20 jaar oud is en in graad 11 sit? Daar is 35-40 Kinders in ‘n klas . Wie gaan aansoek doen vir so pos ?Nee wat dink maar weer.Goeie onderwysers gaan waar dinge werk en hulle veilig en gelukkig voel.

koos10 ·

My eerste gedagte voordat en die artikel gelees het was: “en hoe gaan BELA hiervoor help, dat almal ‘n gelyke kans op onderwys het?”
Nou dink ek ook al die ander provinsies moet by KZN gaan leer hoe om sukses sonder hulpbronne te smaak, want KZN het mos in 2023 die derde hoogste matriekslaagsyfer gehad! Is daar nog enige twyfel dat die matriekslaagsyfer gemanipileer word?

Amelia ·

Dit is altyd ie armer landlike provinsies voor maar word die goed opgepas wat daar wel is
nee ek glo nie AS mens net kyk hoe ongeskik disrepekvol party is glo ek nie daar is n ordentlike onnie wat daar wil skool hou nie maar ongeluk is werk skaars en mens moet n inkomste he voel jammer vir van die onderwysers sterkte

Nommer 7 ·

Maar BEd afgestudeerdes kry nie werk nie, behalwe as hulle vir R6,000 pm wil werk!

Jasmyn ·

Mag die DA, Vryheidsfront koalisie tog net die verkiesing wen…. Ek bid daarvoor.

Martie ·

Daar is 70 kinders in ‘n klas want daar is nie genoeg skole en onderwysers nie maar intussen staan 3 skole in Elsiesrivier leeg want hulle kinders sit in Goodwood, Parow en Bellville in die skole, word aangery soontoe, en hope af gestudeerde onderwysers sit sonder werk. My kleinkind ook na 4 jaar se studie en baie geld spandeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.