Byna 40 000 staatsdienswerkers doen aansoek vir R350-toelaag

(Argieffoto: Ian Landsberg/ANA)

Altesaam 39 672 staatsdienswerkers het aansoek gedoen vir die R350-Sassa-welsynstoelaag.

Dr Mimmy Gondwe, die DA se skadu-adjunkminister van staatsdiens en administrasie, het gesê sy party doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en die departement van maatskaplike ontwikkeling om dringend bystand te bekom van die departement van staatsdiens en administrasie om die ondersoek af te handel oor die staatsdienswerkers wat aansoek gedoen het vir die welsynstoelaag. ʼn Ondersoek oor 241 staatsdienswerkers wat die toelaag vir die maand van Mei 2020 ontvang het, duur ook voort.

“Teen Februarie 2021 het ʼn verstommende 39 672 staatsdienswerkers aansoek gedoen vir die toelaag. Geen dissiplinêre stappe of regstappe is egter gedoen nie, omdat die Sassa-geleide ondersoek oor hul aansoeke nog steeds voortduur,” het Gondwe gesê.

Dit is onthul in Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, se geskrewe antwoord in reaksie op ʼn parlementêre vraag deur die Demokratiese Alliansie.

Zulu het gesê geen regstappe is tot dusver geneem om die toelae te verhaal wat aan die 241 staatsdienswerkers oorbetaal is nie, omdat dié ondersoek ook voortduur. ʼn Bedrag van R84 350 is in Mei 2020 aan staatsdienswerkers uitbetaal.

“Die DA verwelkom die feit dat die departement sedertdien stelsels in plek gestel het om te verhoed dat staatsdienswerkers op ʼn bedrieglike en/of onwettige wyse aansoek doen of ʼn welsynstoelaag ontvang, en dat Sassa ʼn stelsel geïmplementeer het om seker te maak dat staatsdienswerkers nie die toelaag ontvang nie, deur die ID-nommers na te gaan van nuwe en goedgekeurde aansoekers teen die verskeie databasisse soos Persal en Persol. Ons is egter bekommerd dat die ondersoek na die 39 672 staatsdienswerkers nog nie afgehandel is nie,” het Gondwe bygevoeg.

“Beslissende dissiplinêre en regstappe moet gedoen word teen dié werknemers. Die welsynstoelaag is uitsluitlik bedoel vir die mees kwesbare lede van ons gemeenskap en moenie misbruik word deur staatsdienswerknemers wat ʼn maandelikse salaris uit staatskoffers ontvang nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Chris dupreez ·

Dis nou Rhamaposa se kans om die staatsdiens te verklein, sorg dat al die skelms afgedank word en stel niemand in hulle plekke aan nie

Joe Olivier ·

Hier is nou ‘n gulde geleentheid om die swaar las op die staatskas te verlig. Raak onmiddelik onslae van al die bedrieërs. Ag nou ja, hulle is seker almal anc ondersteuners, so ek het nie veel hoop nie.

Nico ·

Ek wat ‘n Blanke Afrikaner man van 70 jaar kan nie eers aansoek doen vir ouderdoms pensioen nie omdat my vrou volgens SASSA genoeg geld verdien. Kyk nou, hulle mense wat werk kan en mag aansoek doen vir R350.

Pieter ·

Die persoon/e wat die uitbetaling aan hierdie 241 individue goedgekeur het moet sommer ook afbetaal word omdat hulle nie sekergemaak het dat die begunstigdes werklik werkloos was nie.

annie ·

… en dis die mentaliteit wat weer geopenbaar sal word wanneer grondhervorming teen R0,000,000,000 wet word.

Kobus ·

CR gaan weer ‘n kommissie van ondersoek aanstel wat gelei sal word deur ‘n regter,twee advokate en 12 prokureurs.Na ‘n jaar gaan die DA vra aangaan en dan sal die antwoord wees; “hulle is berispe en elkeen het ‘n waarskuwing ontvang wat lui -doen dit asb so sodat julle nie uitgevang word nie.Die amptenare het die hele program misverstaan” Sies,skandelik!!!! En Zulu wys weereens sy is onbevoeg

Jacobus ·

Skandalig. Wat meer ontstellend is, is die feit dat daar verwag word dat werkers tegemoet gekom moet word. Dan word die fiskus oop en bloot gemelk. Mr Ramaphosa weereens onder jou “watch”!

Etienne ·

Mens kan net kopskud… oor en oor bewys van die Banana Republic

donsie ·

hoe kan hulle nie optel op die stelsel datdie menseelke maad uif betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.