Byna 460 000 aansoeke vir Gauteng-skole

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het tot dusver 459 608 aansoeke vir 2020 vir graad 1- en graad 8-leerders ontvang.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê altesaam 211 584 aansoeke is vir graad 1 ontvang en 248 024 vir graad 8. “Hierdie getalle beteken bloot dat ons waarskynlik ongeveer 100 000 spasies oop het by ons skole, onderskeidelik vir graad 1 en graad 8. Ons wil dit benadruk dat ouers nie paniekerig moet raak nie, aangesien tegnici onverpoosd werk om die WA4-verwysingsnommers reg te stel wat sommige ouers ontvang het wat nader aan skole woon, in plaas daarvan het hulle WA1-nommers ontvang. Geen ouer sal benadeel word nie,” het hy gesê.

Die volgende skole het meer as 1 000 aansoeke ontvang, wat meer is as die skool se kapasiteit:
1. Alberton High School
2. Northcliff High School
3. Boksburg High School
4. Hoërskool Akasia
5. Sir John Adamson High School
6. Rand Park High School
7. Hoërskool President
8. Mondeor High School
9. Hoërskool Gerrit Maritz
10. Pretoria High School for Girls
11. Hoërskool Langenhoven
12. Benoni High School
13. Edenvale High School
14. Germiston High School
15. Laerskool Akasia
16. Glenvista High School
17. Hoërskool Suiderlig
18. Jeppe High School for Girls
19. Greenside High School
20. Parktown High School for Girls
21. Willowmore High School
22. The Glen High School
23. Hoërskool Birchleigh
24. Phumlani Secondary School
25. Edenglen High School
26. Lenasia Secondary School
27. Sunward Park High School
28. Parktown High School for Boys
29. Bryanston High School
30. Hoërskool Monument
31. Roosevelt High School
32. Pretoria High School for Boys
33. Sutherland High School
34. Laerskool Theresapark
35. Jeppe High School for Boys

“Ouers word versoek om alle nodige dokumente by skole in te dien, binne sewe werksdae ná hulle aansoek gedoen het. Skole moenie ouers dwing om administratiewe vorms te voltooi of stawende dokumente tydens die aansoekperiode te eis voor dokumente aanvaar is nie,” het Mabona bygevoeg.

Aansoeke vir graad 1 en graad 8 sluit om middernag op 22 Julie 2019. “Plasings sal op 30 Augustus 2019 begin en tot 30 September 2019 duur,” het hy bygevoeg. Ouers kan by www.gdeadmissions.gov.za aansoek doen. Ouers kan ook die departement kontak by 011 355 0000, tolvry by 0800 000 789 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Ouers met graad R-leerders moet aanlyn aansoek doen vir graad 1. Alle ander leerders (graad 2 – 7 en graad 9 – 11) moet by die skool aansoek doen. “Ons versoek ouers om betyds aanlyn aansoek te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anton ·

Waar de heng kom al die kinders vandaan???
sorry het vergeet……van die buiteland af…

Varkie ·

Genade dis baie kinders.. waar kom hulle almal vandaan, 15 jaar terug het ons bloot by die kantoor ingestap en n vorm ingevul, 10min later uitgestap..

Hendrik ·

GP het omtrent 60 skole nodig om aan die behoeftes te voldoen. Township skole is nie funkisoneel nie en dus stroom die engels tweede taal kinders na hierdie funksionele skole.

GM ·

Geboortebeperking!
Hoeveel werkende ouers sukkel om hul begrotings te laat klop? Ek sien nie hoe al die SASSA-ontvangers skoolgelde kan betaal nie. Staatskole vra al ‘n paar duisend rand per maand. Weereens moet almal seker weer opdok vir diegene wat nie ‘common sense’ gehad het toe dit by kinderskry gekom het nie.
Ek verstaan ook nie hoe daar nie skole gebou word nie. Kan die mense nie Wiskunde doen nie? Hul slaagsyfer was seker ook 30%. Shame.

Afrikaans is min ... ·

Let op al die ENGELSE skole – dis mos waar die Afrikane wil skoolgaan so WAAROM wil hulle Afrikaanse skole boikot?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.