Byna 6 miljoen het belasting ingedien

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 5.94 miljoen belastingbetalers het Vrydag die sperdatum vir die belastingseisoen van 2015 gehaal, het Jonas Makwakwa, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Sondag gesê.

Makwakwa het die belastingbetalers bedank wat hul verantwoordelikheid nagekom het. “Dit is ʼn noemenswaardige prestasie. Ons is trots op die hoogste vlak van fiskale burgerskap wat die belastingbetalers getoon het. Baie dankie, Suid-Afrika, hierdie belastingseisoen behoort aan die miljoene belastingbetalers wat betyds hul opgawes ingedien het.”

Die 5.94 miljoen opgawes is 11.52% hoër as in 2014. Die getal sluit individue en trusts in. Nakoming vir belastingbetalers is vir die derde jaar meer as 90%.

Van die opgawes wat teen 27 November ingedien is, was 4.2 miljoen vir individue in die 2015-belastingjaar en 1.69 miljoen was opgawes wat nog uitstaande was vir vorige jare. Altesaam 45 390 trusts het opgawes ingedien.

Altesaam 99.96% van die opgawes is elektronies ingedien, óf deur eFiling (51.84%), óf elektronies by ʼn SAID-tak of mobiele belasting-eenheid. Minder as 2000 opgawes (0.04%) is per hand ingedien.

Meer as 95% van alle opgawes is binne drie sekondes geassesseer en meer as 99% binne 24 uur. SAID het 1.82 miljoen terugbetalings gedoen ter waarde van R15 miljard. Meer as 95% van hierdie terugbetalings is binne 72 uur afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Manie ·

Dit is Fantasties nè?
Maar hoeveel mense is in die land wat niks bydra nie. Dit is waar die grootste uitdaging lê! !

Fanie ·

Dit klink nie vir mý na ‘n verbetering. Eerder ‘n agteruitgang!! Dit is die minderheid se belasting. Wat is die getal van die massa? Hoeveel kry toelae, pensioen ? Hoeveel word wanbestee? Hoeveel word gesteel, ens ens. Dit was veronderstel om méér te wees, as jy kyk na die bevolking.

M A ·

Net 6 miljoen mense betaal belasting? Hoeveel mense is nou weer in Suid Afrika?

Ww ·

SARS lieg oor terug betalings hulle skuld my geld en betaal nie

Hennie ·

Al 4 keer dokumentasie met nul opgawes ingedien vir die tyd wat ek nie gewerk het nie. Dit is nou na 5 jaar aangevra; ingedien maar nog niks gehoor of gesien nie

Fanie ·

6 miljoen? Joe, hier is baie mense in Suid-Afrika! Ek lees dan nou die dag hier is 2.8 miljoen mense in ons land. Waar het die ander 4 miljoen mense so skielik vandaan gekom?

scalla ·

Dan het hulle 90 dae tyd om jou te betaal, maar as jy skuld moet dit dadelik vereffen word

elmarie ·

Van wanneer af het n bosluis ooit vir n hond dankie gesê? Ek voel soos n hond….

Johannes Meintjes ·

Ek begryp glad nie. 5,95 miljoen beaal belasting en 50 miljoen parasiete en ‘n onbekwame roofdierstaat blaas dit? Maak mos geen sin nie! Is daar dan ook net 5, 95 stemgergetigdes in SA? En die burgers is maar tevrede …

Piet Pompies ·

Daar is tans 52.94 miljoen Suid Afrikaanse burgers, soos hier bo genome lewer slegs 5.95 miljoen bydrae tot persoonlike belasting. Sal graag wil weet wat is die ras verhouding in die 5.95 miljoen

Tdw ·

Ek dink almal, ja selfs die staat, is bewus daarvan wie die ekonomie in SA dra.

Eddie ·

Yuuuup!!!!!!!!!! nou kan Zuma weer lekker spend. Hier kom sy nuwe Jet en en en . Hy sal nou kan hoenders koop vir sy R1.2mil hoender hok. Dit is sad dat n handjie vol alles in hierdie land moet dra. Dit is tyd dat die ander parrasiete ook hulle kant bring. Net n vraag???? Wat sal gebeur as die wat belasting betaal ook maar besluit om nie te betaal nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.