Byna 80 skole in Noordwes sonder lopende water

Argieffoto

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het Vrydag in sy provinsiale rede gesê altesaam 79 skole in dié provinsie het nie lopende water nie.

Mokgoro het gesê sy provinsiale regering is besig om boorgate by 52 skole in Noordwes te laat boor, terwyl installasie van toerusting by 27 skole byna kant en klaar is. Die kontrakteurs sal na verwagting binnekort hul werk by dié skole voltooi, sê die premier.

Mokgoro het gesê dit is deel van ʼn poging om behoorlike infrastruktuur aan skole in die provinsie te lewer. Dít sluit in die bou van sewe nuwe skole, elkeen toegerus met ʼn laboratorium, biblioteek en kombuis.

Volgens die premier is die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) betrokke by die oprig van hierdie skole.

De Wet Nel van die VF Plus in Noordwes sê die party is nié tevrede met Mokgoro se provinsiale rede nie.

“Hy stel voor dat meer boorgate in die provinsie gesink word om die watertekort te verlig. Hy is egter stil oor die miljoene liter water wat daagliks verlore gaan deur vervalle infrastruktuur en besoedeling.”

Volgens Nel blyk dit asof die ANC-regering nie die omvang en erns van die situasie begryp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Hoe lank dink hul gaan grondwater hou? Die ANC sal verantwoording moet doen , waarom daar nie ekstra damme gebou is die laaste 25jaar nie, en dit terwyl hul n ongelooflike bevolkings aanwas bevorder met hul grant stelsel.

Anel ·

In Sjina biu hulle ‘n hospitaal, voledig toegerus, in 7 dae. Ons kan nie eens 1 skool in ‘n jaar bou nie.!!!!

Scalla ·

Die water kom nie vanself uit die boorgat, pompe en pype en kundige gebruik en instandhouding is nodig ou Job

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.