Byna 800 kinders slagoffers van mensehandel in SA

(Argieffoto: initiateimmigration.com)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die IVP gesê altesame 781 kinders was sedert 2018 die slagoffers van mensehandel.

ProvinsieHandel in kindersTotaal
2018/20192019/20202020/2021 
Oos-Kaap30273087
Vrystaat15211652
Gauteng878966242
KwaZulu-Natal336348144
Limpopo22262169
Mpumalanga19361469
Noordwes17141445
Noord-Kaap24511
Wes-Kaap19241962
Totaal244304233781

 

Liezl van der Merwe, ʼn IVF-LP, het die minister gevra vir syfers oor mensehandel in kinders, veral in die lig van Suid-Afrika se poreuse grense. Sy wou ook by die minister weet of die situasie op die land se grense bydra tot mensehandel en watter maatreëls ingestel is om dit te verhoed.

Cele het in antwoord gesê polisielede word by alle grense ontplooi. “Die polisie is dus verantwoordelik om onwettige beweging oor die land se grense te polisieer. Dit sluit mense en goedere in.

“Die polisie vervul ʼn sekondêre rol om toelatingsvereistes af te dwing. Waar die nodige dokumente afwesig is, word toegang in oorleg met die departement van binnelandse sake geweier.”

Cele sê ingevolge wetgewing is daar ʼn verpligting op ʼn polisiebeampte om te help en beskerming aan ʼn slagoffer van mensehandel te bied en om die saak te ondersoek. Verskeie prosedures is in werking gestel om mensehandel te verhoed en te ondersoek, ook dié situasies waarby kinders betrek word.

ʼn Polisiebeampte moet stappe doen indien hy vermoed of ingelig word dat ʼn kind of volwassene ʼn slagoffer van mensehandel is en beamptes word volgens die minister opgelei om immigrasiewetgewing en -prosedures te volg.

“Dit is belangrik dat kinders wat die land binnekom of verlaat, in besit van die korrekte dokumente is. Gewoonlik is ʼn gebrek aan die regte dokumente die beginpunt vir ʼn ondersoek na moontlike mensehandel.”

ʼn Standaardprosedure geld ook vir onbegeleide minderjariges en kwesbare kinders, sê Cele.

Daar is polisiëring by alle internasionale lughawens om verdagte bewegings dop te hou, ook dié van kinders.

“Enige verdagte gedrag vereis dat iemand ondervra word om te bepaal of dit ʼn saak van mensesmokkelary is.”

Die minister sê voorts rederye wat Suid-Afrika se internasionale lughawens gebruik, verskaf ook inligting aan die polisie as hulle vermoed dat ʼn kind die slagoffer van smokkelary is.

Tembisa 10

Die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa. Langs haar sit haar man, Tobogo Tsosetsi. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/IOL)

Die smokkelary van kinders is vandeesweek opnuut in die nuus nadat die bevindings van ʼn “onafhanklike ondersoek” deur dr. Iqbal Survé, uitvoerende hoof van Independent Media, na die geboorte van die sogenaamde Tembisa 10 bekend gemaak is.

Survé sê die babas is gebore, maar voer aan net die regering kan sê wat van hulle geword het.

Die verslag impliseer onder andere hooggeplaastes in die regering, mediese personeel, polisiebeamptes, sakelui en maatskaplike werkers en beskuldig die partye van toesmeerdery wat met mediese nalatigheid en mensehandel verband hou.

Luidens die ondersoek is twee van die babas dood en is die ander agt sonder hul ma se medewete elders heen geneem, waarna hulle spoorloos verdwyn het.

Survé het aangevoer sommige staatshospitale in Suid-Afrika is die episentrum van mensehandel en dat talle mense en kinders al slagoffers daarvan was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Harley Davidson ·

En dit is net daar waar die apie sy ma byt,enige iets waarby polisie betrokke is is gedoem om te faal.

Tiptol ·

Met alles wat so sleg is in SA kan mens dit nogal glo. Die syfer is net baie hoër.

Chris dupreez ·

Die 10 ling is liegstories in die ergste graad. Nie eers n anc politikus kan so lieg nie. Hoekom was daar nooit fotos van die hartseer ma oor haar kinders wat weg is nie. Kry hulle nou geld by die dr Iqbal Survé om die stories op te maak.

Dries ·

Dit is regtig n siek storie die. Seker sit daar baie meer agter hierdie storie

Andre ·

Adrenochrome en planned parenthood is sekerlik waar dit begin.

Frank John ·

Daai koerant soek lesers en gebruik die laagste form moontlik.

Skappie ·

Ek dink dat daar van die mense wat ‘n ogie moet hou, om te kyk wie verlaat Suid-Afrika, ook iets in hulle hande gestop word om stil te bly. Niks is hier by ons onmoondlik nie.

Charl ·

Net nog ‘n bewys, en Piet jy wil die polisie se ”taakspan” Australie toe stuur om ‘n kind daar op te spoor ?? Hulle kan dit nie eers hier regkry !!

Jack ·

Die slawehandel is in volle swang maak nie saak wat hulle dit noem nie. En wees verseker dat dit nie die Kolonialiste sal wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.