Byna helfte stem vir ANC, wys peiling

Argieffoto

Argieffoto

In ʼn onlangse peiling onder potensiële kiesers in Suid-Afrika, het 71% van die respondente aangedui hulle beplan om op 3 Augustus 2016 in die munisipale verkiesing te stem.

Die peiling wat Ipsos onder 3 786 mense van 15 jaar en ouer gedoen het, dui aan jongmense meen werkloosheid en werkskepping is die grootste probleme wat hulle tans moet hanteer. Altesaam 912 mense wat aan die peiling deelgeneem het, was tussen die ouderdomme van 15 en 24.

Misdaad, ʼn swak onderwysstelsel, armoede en korrupte staatsbeamptes is volgende op die lys van kwessies wat respondente meen dringend deur die regering opgelos moet word. Swak infrastruktuur, MIV/VIGS, dwelmmisbruik, die land se gesondheidstelsel en grondeise is almal kwessies waaroor potensiële kiesers bekommerd is.

Ten spyte van die lang lys bekommernisse wat die groep genoem het, het byna die helfte (47%) aangedui hulle sal vir die ANC stem in die komende verkiesing. Die EFF is ver agter die ANC met 12% van die potensiële stemme en die DA met 11%, gevolg deur AZAPO en IFP met 1% elk.

Altesaam 8% van die deelnemers het aangedui hulle gaan glad nie stem nie, terwyl 4% gesê het hulle weet nie vir wie hulle sal stem nie. Volgens Ipsos is die mense wat sterk voel daaroor om te stem, meestal ouer as 50 jaar.

Slegs ʼn klein persentasie het aangedui hulle stel belang in politiek. Slegs 10% van die 15-17 jariges in die groep, 15% van die 18-24 jariges en 15% van die volwassenes het gesê hulle stel baie belang in politiek en verkiesings.

Respondente was oor die algemeen nie baie positief oor Suid-Afrika se toekoms nie en minder as ʼn derde van die volwassenes in die groep (28%) het aangedui hulle meen die land is in die regte rigting oppad. Altesaam 26% van respondente tussen 15-17 jaar oud het hierdie mening gedeel, vergeleke met 30% van 18 tot 24 jariges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KP ·

So word ons klaar gebrienspoel vir n groot ANC oorwinninng of dit nou eerlik was of nie.

Ander Koos ·

Ja, en 2018 se voorspellings en uitslae is ook al gereed!!

Zirk ·

En wat van die 25 tot 50, en ouer groep potensiele stemmers? Hulle is bietjie slimmer as die “jong” klomp. Dit klink vir my na propaganda om die ANC te laat goed lyk. Soos Hlaudi se SAUK wat die regerende mag beskerm in die nuus.

Wilna ·

Van wanneer mag kinders van 15 stem? Dit is hoekom die ANC ons jong mense ongeletterd wil hou. Today hulle te dom bly om vir hulle self te kan dink.

Johann Marx ·

EK…verstaan alweer nie. As 47% van die land se geregistreerde kiesers,wat ‘n derde van die land se populasie is, vir die ANC stem….hoe is dit ‘n “demokrasie”? In enige demokrasie moet jy nie die “reg” hê om te stem nie….dit moet “verpligtend” wees, en strafbaar as jy NIE jou stem uitbring nie. Dan sal jy sien hoe verander die uitslag…

Johan Loots ·

Ek onthou my eerste jaar statistiek asof dit gister is en nie 48 jaar terug nie: statistiek is die manipulasie van syfers om ‘n antwoord te kry wat jou sal pas. Ja daar is statiese modelle wat betroubaar is maar hierdie steekproef uitslag is net daarop gemik om die meer ervare en verantwoordelike kiesers se stemme uit te sluit. Vroeër dir week het ‘n ander steekproef bv aangedui dat die DA ‘n kans staan om 2 vsn die drie metros te wen. Sal nog baie voorstellings sien voor 3 Augustus en dan die finale uitslag. Met ons demografie weet mens ook nie werklik wat om te verwag nie.

Tess ·

Help my reg as ek verkeerd is, is n stemery nie veronderstel om geheim te wees nie? Hoe is dit dan moontlik dat hulle na n stemery kan se hoeveel van watter inkomste groep vir die ANC gestremd het?

Cobus ·

Onthou dit maak nie saak hoeveel mense stem nie. Wat wel saakmaak is wie tel die stemme. Waar is die opnames gemaak, Limpopo? Lees asb weer Johan Loots se kommentaar, manipulasie is aan die orde van die dag

John ·

Ek dog dis 2/3 van die bevolking… of voorspel ek dalk nou…

Lourens kriel ·

Neewat,ek stem nie want ek wil nie deel wees van hierdie stelsel. Ek sal maar buite die politiek my stem laat hoor,stem reg,bly weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.