Byna R1 miljoen in vier maande vir twee administrateurs

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng het sy skok uitgespreek dat Emfuleni (Vanderbijlpark) ʼn bedrag van R893 984 in vier maande spandeer het aan die salaris vir twee administrateurs.

Dié inligting is onthul deur Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake toe hy mondelings reageer het op die DA se vrae tydens ʼn virtuele sitting van die provinsiale wetgewer.

Volgens Maile is ʼn span van drie administrateurs aangestel om die hoof-administrateur in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit te ondersteun.

Kingsol Chabalala, DA-LP, het gesê die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake betaal slegs die salaris van twee administrateurs wat deel is van die provinsiale regering. “Die ander twee administrateurs word deur Emfuleni self betaal. Elke administrateur ontvang sowat R111 748 per maand, wat beteken dat Emfuleni in vier maande R893 984 op twee administrateurs se salarisse spandeer het.”

Chabalala sê dit is onaanvaarbaar dat die kontantarm Emfuleni-munisipaliteit steeds “belaglike salarisse aan administrateurs betaal terwyl hulle ʼn ernstige kontantvloeiprobleem ondervind”.

“Hierdie munisipaliteit sukkel om sy skuld aan Rand Water en Eskom en sy diensverskaffers te betaal, en tog betaal hulle steeds duisende rand maandeliks aan administrateurs,” het hy bygevoeg.

“Diensverskaffing het onder die wakende oog van dié administrateurs in duie gestort en hulle versuim om die munisipaliteit uit sy ernstige finansiële toestand te red.”

Die DA doen ʼn beroep op LUR Maile om die werk te hersien wat dié administrateurs in Emfuleni doen om te bepaal of hulle help om die munisipaliteit van sy langtermyn finansiële en diensleweringsprobleme te red. “Ons kan nie sien wat die nut is om ʼn span van vier administrateurs te hê as die munisipaliteit van een uitdaging na ʼn volgende beweeg sonder enige volhoudende oplossing nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
LD

Sjoe! En hier kry sommige van ons maar net R3500.00 per maand en moet oorleef met dit! Dis belaglik wat hul salarisse is terwyl daar soveel armoede in die land is!!

Blikke

R111 748 per maand is maar ń karige salarissie vir so n belangrike werk….hulle moes meer betaal gewees het sou ek reken!!!

quartus

“Diensverskaffing het onder die wakende oog van die administrateurs in duie gestort en hulle versuim om die munisipaliteit uit sy ernstige finansiele toestand te red. Dit is dui daarop dat die administrateurs vervang behoort te word

Samuel

Wat kan mens van hierdie spul verwag?

Alta

Enige oop poste bu Emfuleni minusipaliteit asb? Spesifiek administrateursposte? Daar kan mens ryk word!