Byna R1 miljoen vir drie nuwe kragopwekkers vir ministers

Minister Sihle Zikalala (Foto: Facebook)

Ja, daar word al vir 40 agtereenvolgende dae geen beurtkrag toegepas nie. Die regering waag egter nie kanse nie en maak nietemin seker dat kabinetsministers se kragopwekkers loop wanneer Eskom wel besluit om weer die ligte af te skakel.

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Sihle Zikalala, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA bekend gemaak dat belastingbetalers onlangs byna R1 miljoen opgedok het om die kragopwekkers by drie ministeriële wonings te vervang.

Die kragopwekkers is teen ʼn gemiddelde koste van R325 000 elk vervang.

Die enigste kragopwekkers wat in daardie prysklas verkoop word, is industriële kragopwekkers wat gebruik word om nywerheidsmasjinerie aan te dryf, sê Samantha Graham-Maré, die DA se skaduminister van elektrisiteit.

“Tensy kabinetsministers fabrieke vanuit hul huise bedryf, is kragopwekkers van hierdie grootte heeltemal onnodig en ʼn skokkende misbruik van belastingbetalersgeld,” sê Graham-Maré.

Zikalala het in sy antwoord aan die DA bevestig dat sy departement ʼn instandhoudingskedule volg wat verseker dat alle bestaande kragopwekkers in ʼn goeie werkende toestand gehou word.

Graham-Maré sê kabinetsministers is dus die enigste individue in Suid-Afrika wat verseker is van konstante kragvoorsiening – ten volle betaal deur die belastingbetaler – wanneer Eskom weer beurtkrag in die wintermaande instel.

Bedryfsdata toon dat ʼn 350 kVA-driefase-dieselkragopwekker sowat 53 liter diesel per uur op ʼn vol vrag verbrand. Dit beteken dat kragopwekkers by ministeriële wonings gedurende fase 6-beurtkrag 318 liter diesel per dag verbrand.

Die DA het Zikalala gevra vir ʼn uiteensetting van die bedrae wat aan diesel bestee is, maar “hy het gerieflikheidshalwe versuim om die bylaes aan te heg”, voeg Graham-Maré by.

“Dit is duidelik dat hy die buitensporige bedrae belastingbetalersgeld wat bestee word om die ligte vir ministers aan te hou, wou wegsteek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Althes ·

SA se ekonomie knou, mense het nie werk nie, stygende lewenskoste wurg die landsburgers, maar die ANC ministers mag nie enige ongerief verduur nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit lawaai seker daar. En dan is daar nog die besoedeling. Die ministers en hul kinders moet net suurstofmaskers dra. Dieseluitlaatgase is nadelig vir die longe.

Stofbakkies ·

Tender bedrog. Daai kragopwekkers is verseker vir minder as R100 000 stuk aangekoop, maar maatjie en maatjie se maatjie moet ook elkeen ‘n deeltjie kry.

Kokerboom ·

Ten spyte van al die gebla bla in parlement oor besparings stoom soustrein voort.
Die kaderswerm het GEEN begrip van skaarsheidswaarde van geld!Blatant mors hul wetend dat niks sal gebeur om hul in die bek te ruk
SA regering is een groot klugspel!

koos10 ·

Ek het ‘n kwotasie gekry om ‘n hoërskool in Pretoria van krag te voorsien. 100 klaskamers, masjien werkswinkels, gasvryheid lokaal met 20 oonde, IT klasse en kantore, admin kantore, die hele lot aan en op hoogste gebruik. Krag mag nie meer as 80% trek op opwekker nie, en die kostes was R450 000.00, geinstaleer met 2000L diesel. Hierdie is verseker weer opgeblase pryse. ‘n Gemiddelde huis kan ‘n 7.5 kva opwekker gebruik teen R12000.00 met instelasie van so R5000.00.

Trinity ·

En intussen val die amptenare wat in die Ministers se departemente werk, se geboue letterlik uit mekaar uit – waarvoor Openbare Werke ook verantwoordelik is…

Wondermaarnet ·

Ek raak naar as ek enige iets rakende die ANC lees.

JohanR ·

Ons kan net hoop dat die tappie word na 29 Mei toe gedraai!

Renier ·

Wat word van die ou opwekkers wat uitgehaal is? is dit weer as persentjie vir iemand gegee? verkoop? sekerlik was dit nog werkend.

Danie ·

Ons moet nie kla nie eerder hulle nog aanmoedig om nog te vreet.Hoe vinniger as ten gronde gaan dalk vinniger beter word.

Johan ·

Vir die helfte van daardie prys per opwekker kon hulle liewer met n solar stelsel gegaan het.

Papsak ·

Dit is darem lekker terwyl mense vrek van hongerte nie werke kry nie en alles word vir ons net op en op gesit lewe die regering se mense darem lekker genoeg van alles kyk hoe word vir hulle gesorg maar ons moet terug staan genoeg is genoeg hulle moet uit ?????

annie ·

Lees André de Ruyter se weëklaag oor Eskom. Hierdie speletjie sal nie ophou nie, inteendeel. Hy het gevlug vir sy lewe… Waarom gebruik Eskom nou so baie diesel? Is dit om die steenkool op die aarde uit te spaar vir die kaders van 2050+?

Jacobus ·

Onthou net, die ministers het spaza winkels aan hul ampswonings, en hul voorrade mag nie bederf!!

Cassie Carstens ·

Ja Strandloper, wens ek kon ook gaan aansit. Sou darem lekker gewees het. Maar my gewete sal my opkeil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.