Byna R2 miljoen se dwelms in motor gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Byna R2 miljoen se dwelms is Saterdagoggend in die vroeë oggendure onder die sitplek van ʼn voertuig in Gugulethu buite Kaapstad gevind.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het omstreeks 01:50 ʼn wenk van die publiek opgevolg. “’n Toyota Fortuner is by die adres gevind en ʼn snuffelhond is gebruik om die voertuig te deursoek,” het Rwexana gesê.

Die polisie het mandrax en kokaïen ter waarde van R1.9 miljoen onder die agtersitplek gevind. “’n Man en vrou, onderskeidelik 50 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmbesit,” het sy gesê.

“Hulle sal binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.