Byna R2 miljoen se perlemoen in Kaapstad gevind

(Argieffoto) (Foto: SAPD)

Die polisie in Kaapstad het beslag gelê op meer as 5 000 stukke perlemoen, ter waarde van R1,7 miljoen, toe hulle ʼn huis in Bothasig deursoek het.

Sers. George Mjiwu, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die blitspatrollie het Donderdag omstreeks 15:50 inligting opgevolg oor perlemoen in Bothasig. “Hulle het bokse vol gedroogde perlemoen gevind wat met plastiek geseël is,” het hy verduidelik. “Ons is op soek na die verdagtes. Enigiemand met verdere inligting word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Sal darm lekker wees om eerder te lees dat die ouens gevang word terwyl hulle besig is om perlemoen uit te haal.

piet piet ·

En hoeveel moordenaars ,plaasaanvallers,bende lede en dwelm en vuurwapen smokkelaars?????

Johan ·

Die ouens moet ongelooflik hard boet vir wat hulle ons natuurlewe aandoen. Ons landswette is te sag rondom díe boewe. Laat hulle vir 30 jaar lank verniet werk vir die land en gee hulle net een bord kos per dag. Die stropery sal gou einde kry.

Jos ·

Doen dieselfde met die inpekteurs war veronderstel is om die perlemoen te beskerm.
Hul sal eerder seker maak dat almal visvang lisensies het en beboet indien nie maar bang vir die smokkelaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.