Byna R800 miljoen se skade aan kampusse aangerig

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Skade van byna R800 miljoen is die afgelope drie jaar – sedert die ontstaan van die #FeesMustFall-beweging – aan universiteitskampusse landwyd aangerig deur protesterende studente.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het dit bevestig in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur prof. Belinda Bozzoli, DA-LP.

Die totale hoeveelheid skade op universiteitskampusse die afgelope drie jaar beloop R786 miljoen. Die grootste skade is aangerig aan die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus, waar R198 miljoen se infrastruktuur en toerusting vernietig is. By die Universiteit van Johannesburg is R144 miljoen se skade aangerig en by die Universiteit van KwaZulu-Natal R100,3 miljoen.

Die minste skade is aangerig by die Universiteit van Mpumalanga en die Universiteit van Venda (nie een van die twee kampusse het enige skade gely nie) en die Sefako Makgatho Mediese Universiteit (vroeër bekend as Medunsa), waar die skade beperk was tot R50 000 (een toegangshek).

Bozzoli het gesê die DA keur die vandalisme geheel en al af. Boonop is die skade volgens haar nie beperk tot die bedrae wat genoem word nie. Ekstra klasse en ekstra eksamens moes deur universiteite gefinansier word. “Die DA spreek hom uit teen geweld en chaos, en teen die slap manier waarop die regering die kwessie hanteer het. Die gevolge van hul inkalwery is dat geen finansiering vir 2019 al goedgekeur is nie, wat beteken daar kom ‘n opeenhoping met finansiering teen die einde van die jaar,” het Bozzoli gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Genadige vader Jan-Jan, moet jy nou hierdie vir ons net voor nasionale vrouedag en die braai langnaweek kom vertel?

LB S ·

Paul, nou wil jy vir my sê jy het nie diè dinge i.e.g. geweet nie? Ons almal braai, werk, hou vakansie terwyl ons nog kan, probeer optimisties wees terwyl ons al te goed besef wat aangaan.

Ad ·

Ek werk by een van die kampusse en geen bonusse en minimale verhoogings is gee met die verskoning van Feesmust fall. Verhooging van 4.5% vir laaste 3jaar. Ek moet so vreeslik sny met alles wat op gaan. Dan die belasting so hoog veral op ekstra werk om dit probeer te maak. Ek besef as mens van salaris belasting praat, werk ek amper 5maande net vir regering.

Oom Koos ·

Wag maar die studente oproermakers is nog nie klaar nie… Die ou lot wat nie die pyp gaan rook by die eindeksamen nie , sal daarvoor sorg.

Verwoes ·

Sal die gegradueerdes eendag soveel belasting loswerk om in n mate daarvoor te vergoed?

Paul ·

Dit is ‘n skande dat opgevoede jong mense en toekomstige leiers van die land sulke skade kan aanrig. Dit is ‘n skande dat opgevoede volwassenes en die regering dit kan toelaat.

Jacques ·

Gee vir daai studente piesangs wat eindlik hul eie toekoms saam met die kampus afbreuk. More dans hul weer op die kampus saam omdat daar nie genoeg klaskamers of fasaliteite is nie. So lagwekkend van die klomp

Vraagteken ·

Hulle is nie opgevoed nie. As gevolg van quotas word ‘swakker’ studente ingeneem. Dis een van die hoof redes hoekom die algehele standaard verlaag van Universiteite.

Dieter ·

Die Akademia en Soltech kampusse het ook nie ‘n enkele sent skade gehad nie. Maar dis so logies dat dit natuurlik nie nodig was om dit in die artikel te noem nie.

IK ·

Dieter, dit gaan oor wat jy het tussen die ore en wat jy daarmee doen.

Ruiklont ·

Weer eens ‘n bewys van die laksheid en onwilligheid van ‘n regering wat weier om wet en orde te handhaaf, los eerder die “heug” om te plunder en af te breek. Skep ‘n nuwe leierskorps wat geen vermoë het om ‘n land op te bou maar liewers af te brand

Andrea van Vuren ·

Ruiklont, die sg “nuwe leierskorps ” bestaan reeds. Ons nuwe president vlieg die wêreld vol terwyl sy land brand. Ai tog.

John ·

Mens is bang om eers daaraan te dink wat vuur alles nog in hierdie bedroeflike land gaan help ‘ontwikkel’ en ‘uitbou’ en ‘demokratiseer’. Ons onthou mos die twee vroue wat aanspraak gemaak het op die baba en die wyse koning se toets. Maar Afrika het geen wyse konings nie, inteendeel, en juis daarom word vuur wat iets vernietig om iets te verkry so mildelik aangewend. En hierdie studente wil binnekort in hogere gestoeltes sit. Hoe gaan hulle bestuur met vernietiging as uitgangspunt vir aksie. Hier raak ‘brandweerwaens’ selfs by ryk munisipaliteite skaars. Met 50 000 witmense wat jaarliks die verskroeide-aarde-toekoms ontvlug en die land verlaat, raak brandslaners min. Onderhandelings met brandstigters, sonder ‘n brandblusser in die hand, is nutteloos selfs gevaarlik. ‘Fight fire with fire’ lui ‘n ou spreekwoord. Wie het dit uitgedink en hoekom?

GM van Rooyen ·

En, sover ek weet, is niemand vervolg of verantwoording gehou vir hierdie skade nie. Op verskeie kampusse is die brandstigters geïdentifiseer, maar niks aan hulle gedoen nie. Dit is asof die unversiteitsbesture en regering hul optrede goedgekeur het ter wille van transformasie.

GJ Enslin Snr ·

Hierdie “tregter” gaan nie langer die “volume” van middelmatige opleiding op alle vlakke deur middelmatige vereistes kan hanteer nie. Die kultuur van middelmatige standaarde en persoonlike ingesteldheid moet aangespreek word. Feit is dit is nie so maklik as die “wil” nie daar is nie. Die vraag is hoe kan dit versterk word? Hierdie geld ook vir ander dienslewerings instansies. Die totale spektrum. Die inherente toekomsverwagting van mense is vordering op alle terreine van leef en werk en beleef. Die vraag is of dit haalbaar is?

Oom Koos ·

Wag maar die studente oproermakers is nog nie klaar nie… Die ou lot wat nie die pyp gaan rook by die eindeksamen nie , sal daarvoor sorg.

Ore ·

En die universiteite “vergewe” die verwoesters/kriminele vir hulle dade? Wonder of die boewe ook alles verniet aan hulle werknemers gaan gee wanneer hulle eendag hulle eie ondernemings gaan besit.

Maina Scott ·

R800 miljoen se skade – dink net hoeveel gratis onderwys kon daarmee aan studente beskikbaar gestel word. Kan die mense so selfsugtig ? Wat help dit enige iemand om as hulle dit wat daar is vir hulle voordeel te beskadig en dan te verwag dat ander mense moet opdok sodat hulle alles kan gratis kry? Gebruik dit wat beskikbaar is en pas dit op dan kan daar meer geld beskikbaar wees vir gratis opleiding. Nou moet alles eers weer herstel word voordat daar eers gedink kan word aan gratis opleiding. Dink mense, dink. Gebruik julle Godgewe brein en sien en besef dat julle nie kan verwag om enige gratis opleiding te kry as julle die fasiliteite daartoe vernietig nie. Pas die fasiliteite op wat julle het. Alles wat julle so vernietig kos geld – geld wat beter vir opleiding gebruik kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.