
Aiden Roberts. Foto: Facebook
Aiden Roberts, die 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat twee weke gelede byna in ʼn swembad verdrink het, is Donderdagmiddag oorlede.
“Dis met baie baie groot seer in my hart dat ek die nuus breek, Aiden het sy engelvlerkies ontvang. Rus sag my vegtertjie van God,” staan geskryf op ʼn Facebook-blad, “Bid vir Aiden”, wat as amptelike kommunikasiekanaal vir die Roberts-gesin opgerig is.
Aiden het Woensdag ʼn septiese infeksie ontwikkel en het inwendig begin bloei. Die familie het vroeg Donderdagoggend nog almal versoek om saam met hulle te bid omdat hy in ʼn kritieke toestand was.
Hy het die naweek twee noodoperasies ondergaan.
Maroela Media het vroeër berig Aiden het op 5 Mei in die swembad beland toe sy oupa per ongeluk die hek na die agtertuin oopgelos het omdat hy onder die indruk was dat Aiden saam met sy ouers winkel toe is. Clarise het kort daarna by die huis gekom en haar kind in die swembad sien dryf met sy gesig na onder. Sy en haar man bly sedert die ongeluk by haar ma in Centurion.
Aiden is in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel.
Lees alle vorige berigte oor Aiden op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Ag nee… Rus sag Aiden. Sterkte aan die mamma, pappa en familie.
Hoe geweldig tragies. Hy was so pragtig. Innige simpatie met die familie en veral die oupa. Ai tog, sulke nare ongelukke gebeur so vinnig. Sterkte, sterkte.
RIV baba Aiden. Sterkte aan mamma Clarise en haar vriend Andre Marais, pappa Jonathan Cilliers, Andre se ouers, Thys en Ina Marais, en ouma Beverley Cilliers en stiefoupa Hennie, ouma en oupa Roberts , so ook alle familie en vriende. Mag God jul in hierdie tyd vertroos en lei. Mag daar asb nie verwyte gegooi word nie.
Rest in peace little angel Aiden. Johnathan you were a wonderful dad to Aiden. May the Lord our God give you the strenght to deal with the great loss of your son. We love you Johnathan and will keep you and your family in our prayers
Deon,Dorijn and brothers and sisters of the ministry
So jammer om te lees, ons diepste meegevoel!!!!