Byna-verdrinking: Aiden oorlede

Aiden Roberts. Foto: Facebook

Aiden Roberts. Foto: Facebook

Aiden Roberts, die 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat twee weke gelede byna in ʼn swembad verdrink het, is Donderdagmiddag oorlede.

“Dis met baie baie groot seer in my hart dat ek die nuus breek, Aiden het sy engelvlerkies ontvang. Rus sag my vegtertjie van God,” staan geskryf op ʼn Facebook-blad, “Bid vir Aiden”, wat as amptelike kommunikasiekanaal vir die Roberts-gesin opgerig is.

Aiden het Woensdag ʼn septiese infeksie ontwikkel en het inwendig begin bloei. Die familie het vroeg Donderdagoggend nog almal versoek om saam met hulle te bid omdat hy in ʼn kritieke toestand was.

Hy het die naweek twee noodoperasies ondergaan.

Maroela Media het vroeër berig Aiden het op 5 Mei in die swembad beland toe sy oupa per ongeluk die hek na die agtertuin oopgelos het omdat hy onder die indruk was dat Aiden saam met sy ouers winkel toe is. Clarise het kort daarna by die huis gekom en haar kind in die swembad sien dryf met sy gesig na onder. Sy en haar man bly sedert die ongeluk by haar ma in Centurion.

Aiden is in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel.

Lees alle vorige berigte oor Aiden op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Shantel ·

Ag nee… Rus sag Aiden. Sterkte aan die mamma, pappa en familie.

Issabelle ·

Dit is baie skokkend & hartseer …. so ‘n pragtige ou seuntjie ….. baie sterkte aan die familie ….. mag julle elke dag omvou word met genade & liefde !!!!

Fransie Gildenhuys ·

Hoe geweldig tragies. Hy was so pragtig. Innige simpatie met die familie en veral die oupa. Ai tog, sulke nare ongelukke gebeur so vinnig. Sterkte, sterkte.

Suzie Fouche ·

RIV baba Aiden. Sterkte aan mamma Clarise en haar vriend Andre Marais, pappa Jonathan Cilliers, Andre se ouers, Thys en Ina Marais, en ouma Beverley Cilliers en stiefoupa Hennie, ouma en oupa Roberts , so ook alle familie en vriende. Mag God jul in hierdie tyd vertroos en lei. Mag daar asb nie verwyte gegooi word nie.

Bread of Life Ministry,Hazyview ·

Rest in peace little angel Aiden. Johnathan you were a wonderful dad to Aiden. May the Lord our God give you the strenght to deal with the great loss of your son. We love you Johnathan and will keep you and your family in our prayers

Deon,Dorijn and brothers and sisters of the ministry

Annemarie ·

Die trane vloei sonder ophou, my hart is ongelooflik seer. So jammer om dit te hoor, regtig gehoop, gedink Aiden sou gesond word…. ek is sprakeloos.

Theresa ·

My hart is nou bitter seer. Ek het geglo Aiden gaan ‘n 2de kans kry. Maar die Here weet wat is die beste. Ons hier op aarde verstaan nie hierdie dinge nie maar eendag sal ons wel. Baie sterkte aan Mamma en Pappa en die res van die familie.

Charles ·

So jammer sterkte aan julle almal en spesiaal dat God die Oupa sal dra en dat daar nie verwyte moet wees hy is nou n engeltjie

liza ·

God, wees asb met hierdie famillie in hierdie tyd, daar sal vrae wees maar geen antwoorde nie, want, net u Vader, weet waarom. Ons gebede gaan op na die famillie.
Sterkte in hierdie swaar tyd.

neelsie ·

God se genade sal die gesin oorspoel.
Baie jammer…..dis nie maklik nie.

Petro ·

My hart is so seer om te hoor van Aiden maar nou weet ons ONSE VADER het n beter plan met hom daar in die hemel dit moet so verskriklik wees vir die ouers en oumas en oupas.Dink aan julle en eks so jammer vir julle verlies.

Dirk ·

Baie sterkte aan Aiden se familie,die Here sal julle hierdeur dra….

Nadia Verster ·

My hart breek vir hierdie familie se verlies. My seuntjie is ook 18 maande oud en ek kan my nie eens indink die pyn en hartseer wat hulle ervaar nie. Baie baie sterkte vir julle.

Liz ·

So jammer om te hoor van klein Aiden. R.I.P. JESUS het ‘n spesiale engeltjie nodig gehad in die hemel, wees gelukkig by HOM, HY sal jou altyd koester aan SY boesem. Sterkte aan die mamma, pappa en veral die oupa en familie.

SNEL ·

Bitter hartseer om die nuus te lees so gehoop hy gaan mooi herstel. Baie sterkte aan almal.

Edith Jurgenson ·

Ag dis so hartseer, mag God hul versterk en vertroos!

Pieter ·

So hartseer en jammer om te hoor van Aiden. Ons aardse woning is gelukkig net tydelik en God het ‘n groter plan vir hierdie pragtige ou seuntjie. Vir die familie wat sukkel om dit te verwerk wil ek net sê: “Mag die Here julle omvou met Sy vertroosting. Hou vas aan Vader in hierdie donker uur”

ALTA VORSTER ·

Ons wil net se dat ons harte uitgaan na julle met die groot verlies, Dit is nie ons wil nie,maar Jesus sin. Ons het ons dierbare kleinkind ook op so manier afgestaan aan die dood. Dit is nou presies n jaar gelede, Die seer is oneindig groot, maar kry krag van BO. Baie sterkte jul is in ons gebede.

R Bartlett ·

Ek bid ook vir die Oupa. Hy lewe en ek is seker dat hierdie tragiese verlies diep spore in sy gemoed trap.

faith ·

Ek bid vir julle is al wat ek kan se. vir n moeder om ‘n kind te verloor……..daars nie woorde nie

Alien ·

Onse vader laat u wil geskied, mag u klein Aiden in u boesem koester, so ook sy ouers en groot ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.