Bystand aan gesinne van taverne-slagoffers

Die Enyobeni Tavern waar 21 tieners gesterf het.(Foto: AFP)

Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn interministeriële komitee aangestel om regeringshulp aan die gesinne van die Enyobeni Tavern-slagoffers in die Oos-Kaap te koördineer.

In ʼn inskrywing Woensdag op Twitter sê die regering dat ʼn span sielkundiges en maatskaplike werkers reeds ontplooi is om psigo-sosiale steun aan die bedroefde familielede te bied. Die regering het ook ondernemings van plaaslike maatskappye en die nie-regeringsorganisasies verwelkom om die gesinne met begrafnisse te help.

Maroela Media het vroeër berig dat 21 tieners tussen die ouderdom van 13 en 17 Sondagoggend onder vreemde omstandighede by dié township-taverne dood is.

Talle tieners is ook in die hospitaal opgeneem met simptome wat onder meer insluit rugpyn, toegetrekte bors, braking en kopseer.

eNCA het Woensdag berig dat die tieners weens ’n chemiese gifstof dood is terwyl News24 berig het hul dood is vermoedelik weens koolstofmonoksiedvergiftiging veroorsaak. Dié inligting is glo deur bronne na aan die ondersoek onthul.

Volgens eNCA is die gifstof vermoedelik ingeasem of ingespuit.

Luidens News24 se berig kon die tieners gesterf het weens giftige gasse wat dalk deur ʼn petrolopwekker in die taverne vrygestel is.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui op die vrystelling van koolstofmonoksied in die taverne.”

Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid, kon dié stellings nie by navraag aan Maroela Media bevestig nie. Hy wou ook nie kommentaar op gerugte oor die moontlike oorsaak van die tieners se dood lewer nie.

“Die nadoodse ondersoek is nog nie afgehandel nie,” het hy Woensdag aan Maroela Media gesê.

Binqose sê die publiek sal in kennis gestel word sodra die uitslae gereed is aangesien dit in openbare belang is.

“Dit sal nie geheim gehou word nie. Ons is dit aan die publiek verskuldig om hulle te laat weet wat gebeur het. Ons pleit by die publiek en die media om kundiges toe te laat om hul ondersoek in vrede af te handel.

“Ons hoop dat die uitslae beskikbaar sal wees teen die tyd wat begrafnisdienste volgende week Woensdag plaasvind.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

JohanR ·

1. Wat maak ‘n 13 jarige daar? 2. Hoekom is die plek nie deur ons wonderlike polisie 02h00 gesluit nie soos die dranklisensie se?

Althes ·

Dis darem lekker om regeringshulp (belastinggeld) te gebruik vir die begrafnisse van tieners wat in die eerste plek nie daar hoort nie. Waar was die ouer toesig?

bfree ·

My vraag is waar was die hulp toe d brug by d vereeniging skool inmekaar geval het? en soos Johan sê… wat maak minderjariges by ‘n tavern… nou moet d tax payer betaal… terwyl ander honger ly en die pot holes al hoe groter word… deksels man!

Antie Sarie ·

Ek sien nooit sulke bystand vir plaas aanvalle nie. En as ouers hul werk behoorlik gedoen het, was sterfte syfer minder, want daar sou geen tieners wees.

tierwyfie ·

Deur die ouers se nalatigheid om nie te sorg dat hulle kinders by die huis is nie is die kinders dood. Geen kind van daardie ouderdomme behoort in die aand in die strate nie. Die ouers moet ook aanspreeklik gehou word vir kinder verwaarlosing.
Daar sou nie soveel vir families gedoen word indien die kinders van anderskleurige afkoms was nie.

miche ·

Hierdie Regering ENABLE mense en hul swak gedrag.
Kry Baba’s (waarvoor jy nie Kan sorg nie)en die Regering staan reg met ‘n toelaag.
Wees te Lui om ‘n werkie te soek… die Regering se toelaag is mos daar.
Jy moenie worry as jou shack afbrand nie want die Regering spring môre in om jou van als( en die res) te voorsien.
Gaan suip jouself te pletter in ‘n taverne( as minderjarige) en jy kry mediese hulp of Sommer ‘n gratis begrafnis ook.
Is dít nou die boodskap wat ons Regering uitstuur?
Wat van die res van ons ” Law Abiding Citizens” ?

Voilet ·

Hul was nie suppose om in die eerste plek daar te wees nie. Drankies gespike seker. Ai hierdie ouers gee ook net nooit om waar hul kinders rond drentel nie

blia ·

Almal vra “waar was die ouers?” – daarop kan verskeie antwoorde wees. wat ek wil weet is …Waarom is kinders onder 18 enigsins daar binne toegelaat? Wat nog te sê van drank aan hul verkoop? Nêrens lees mens wie verantwoordelik gehou word daarvoor dat die kinders in die eerste plek daar binne was nie…
Dis maklik om vir ma te sê jy slaap oor by Sannie, maar dis die kuierplek wat jou moet blok by die ingang en sê “Nee Sussie en Sannie, hierdie plek is nie vir kinders nie”

Delia ·

Bel ouers nie mekaar om reelings te tref as kinders oorslaap nie.

Elize ·

Plaas hulle die ouers arresteer omdat hulle die tieners geld gee om te gaan jol by plekke waar hulle nie hoort nie of is die drank verniet daar? Darem lekker in Lalaland waar geen verantwoording vereis word nie!!!!!!!!!

voor ek vergeet ... ·

Afgesien van die feit dat kinders tussen die ouderdom van 13 en 17 jaar in die eerste plek nie in ʼn taverne toegelaat behoort te word nie, hoe gebeur dit dat die giftige gasse van ʼn pertrolopwekker in die taverne vrygestel kon word? Die eienaar van die gebou moes tog verseker het dat die kragopwekker in ʼn goed geventileerde buitevertrek of buite die geboue gebruik word. – Help die regering dalk nou so gretig omdat hulle ʼn groter eis wil vryspring a.g.v. beurtkrag wat ingestel moes word weens Eskom se werkers wat (onwettig) gestaak het?

Nettie ·

Wag mense! Als is ok. Die regering het ‘n komitee aangestel. ;-)

Annelize ·

Nou moet die belastingbetalers weer regstaan vir kinders wat in die eerste plek nie daar gehoort het nie. Die ouers van hierdie kinders moet na regte vervolg word sou ek se.

Harley Davidson ·

Die huidig benaadeelde minderhede is soos nou weer hier bewys is net goed om belasting te betaal.

Martin ·

Ek sal graag die Health & Safety sertifikaat asook die taverne se drank lisensie wil sien dankie. As mal hoed asb die sertifikate wil scan en vir die ouers en publiek wys dat alles in plek was. Tweedens, wat soek minderjareges onder 18 in ‘n taverne, sover my kennis strek mag ‘n besigheid nie drank aan kinders verkoop nie…

Vexed ·

Weereens die ou waarheid, ons is almal gelyk, sommiges is net ‘n bietjie meer gelyk as ander…

Landras ·

As dit koolstofmonoksiedvergiftiging is , agv ‘n opwekker , was dit seker LOADSHEDDING , so Eskom moet betaal .

Magda ·

Wanneer word di ouers van minderjariges aangekla, dit is wat no belangrik is, asook di eienaars van daai plek. Stop om ons hardwerkwende belasting geld te gebruik. Simpatie aan almal wat iemand verloor het, maar dit is tyd dat ouers hulle verantwoordelikheid moet nakom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.