C-Max-‘Houdini’ Annanias Mathe sterf

Annanias Mathe Foto: SA Breaking News

Annanias Mathe Foto: SA Breaking News

Annanias Mathe, die reeksverkragter en gewapende rower wat geskiedenis gemaak het toe hy die enigste persoon geword het wat uit Pretoria se C-Max-tronk kon ontsnap, is dood.

ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat anoniem wou bly, het bevestig Mathe het Dinsdag in ʼn hospitaal in Durban gesterf.

Die oorsaak van sy dood of waarom hy in die hospitaal was, is nie dadelik bekend gemaak nie. Die beampte het gesê die departement sal na verwagting later ʼn verklaring uitreik.

Mathe, oorspronklik van Mosambiek, is skuldig bevind op 64 aanklagte, waaronder verkragting, poging tot moord, poging tot verkrag, roof en diefstal.

Hy het in 2006 uit die tronk ontsnap deur sy liggaam met petroleumjellie te smeer en deur die venster in sy sel te gly. Hy is ʼn maand later aangekeer. Ses tronkbewaarders is afgedank ná sy ontsnapping.

Mathe het ook in 2005 ontsnap toe hy ʼn verhoorafwagtende was. Hy het ook twee keer probeer ontsnap by Ebongweni C-Max-tronk naby Kokstad, met die jongste poging vroeër vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Ten minste een minder koste eenheid vir belastingbetalers…en koste eenheid is die “mooiste” woord wat ek mee kon opkom.

Xandré du Plessis ·

Live by the sword, die by the sword so sal die ANC en al hulle moord bendes ook tot ‘n einde kom.

Mark Bailey ·

‘C-Max Houdini’ is n boek wat moet geskryf word…

Pastoor ·

As hy sonder God gesterf het dan begin sy probleme nou eers. Waar hy nooit sal uitkom nie. Verewig is lank om smarte te lei

popeye ·

Het Skollie nie ook destyds uit C Max ontsnap nie….Vyfster…?

Theo B ·

Andre Hattingh het al in 1991 ontsnap uit C Max deur hom as n priester te vermom. Speurder AO Chocks van Staden was die ondersoekbeampte van die Sindikaatbedrog Eenheid (Kite Flying Unit)

Vleisman ·

My wêreld, is dit darem nou nie vir jou blywende nuus nie!

Alwyna Holtzhausen ·

Land is so korrup dat ek dit nie glo nie! Seker iemand omgekoop…hy sal weer iewers uitpop…

marina ·

Rerig? Dalk is dit weer n ontsnapping, dalk mense omgekoop om te se hys dood hoe sal ons weet

johan ·

Ek hoop hulle het seker gemaak dat hy dood is…anders het hy dit gefake en is nou op vrye voet..
Daai ontvlugting van hom in 2006..daas volgens my geen manier dat n gevangene deur daai tralies sal kom nie.. Hy is gehelp. Deur die tralies, verby sekuriteits kameras, verby die wagte wat in die poste sit…en sommer buite sonder dat iemand hom gesien het…ek glo nie…nie so maklik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.