Callie en Monique Strydom skei

Callie en Monique Strydom. Foto: Facebook

Callie en Monique Strydom. Foto: Facebook

Callie en Monique Strydom, die twee Suid-Afrikaners wat in 2000 as gyselaars aangehou is in die Filippyne, het aangekondig hulle gaan skei.

“Dit is vir my hartseer om te sê dat ons ná ʼn huwelik van 30 jaar besluit het om te skei,” het Monique in reaksie op medianavrae gesê.

Volgens Monique gaan sy geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie. “Volgens my prokureur, Bertus Preller, se instruksie is ek nie in die posisie om enige verdere inligting bekend te maak nie aangesien dit nie in die beste belang van ons kind, wat steeds minderjarig is, sal wees nie,” het sy gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die media om ons reg op privaatheid te respekteer en toe te laat dat die proses afgehandel word.” Die Strydoms is in April 2000 deur die Moslem-rebellegroep Abu Sayyaf op die Filippynse eiland Jolo ontvoer en aangehou.

Die egpaar is vir vier maande saam met 19 ander mense as gyselaars aangehou. Hulle het kort ná hul vrylating aangekondig hulle verwag hul eersteling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Martin ·

Nou hoekom wil hulle dit nuuswaardig maak as hulle dit in die eerste plek hulle privaatheid gerespekteer wil hê?

Ruby ·

Martin en Irene, skaam julle.

Monique het bloot in reaksie op medianavrae geantwoord.

Los maar die sambok en toon ‘n bietjie meer respek aan jou medemens.

MCS ·

Sjoe, dis sad! 30 jaar, mens het beslis meer as een sak sout opgeeet! Kan my self nie indink na soveel jaar saam dat n mens wil skei! Sterkte , hoop hulle kan dinge uitwerk!

celeste ·

Dis so belaglik. As julle nie wil he die media moet julle pla nie en julle soek privaatheid hoekom nou reeds koerant toe gaan met dit. Is dit dalk nie aandag soek nie. Wat het die egskeiding met die res van die wereld te doen. Regtig dis belaglik

Se maar net ·

Hoekom die berig dan lees in die eerste plek ? Mense is baie vinnig om ‘n eier te le oor “hoekom na die media toe hardloop” maar JY is die een wat die berig lees. As jy nie belangstel nie, hou verby. Die enigste rede waarom julle so reageer is omdat daar nie sappige skinderstories geplaas is nie !

lynette ·

Ai, mense, hulle het nie na die media gehardloop nie. Dis in reaksie op media navrae gese. Lees eers mooi voor julle begin oordeel!!!!

Poplap ·

Lynette, miskien weet jy waarom die media – sommer so uit die bloute – navrae aan die twee oor ‘n egskeiding gerig het?

Chris van Heerden ·

Poplap ek weet hoekom. Iemand wat hulle ken, ken n joernalis en het dit om n braaivleisvuur vir die joernalis vertel en dit is die rede hoekom hulle navrae doen. Dit gebeur elke dag en is gladnie n rare verskeinsel nie.

Jourdan ·

n Goeie joernalis, snuffle enige iets uit, hierdie inligting is “public domain “, die egskeiding moet in die koerante geadverteer word en is beskikbaar by die grafier van die hof

Dawn Neethling ·

Egskeidings word nie in koerante gepubliseer nie .

Lise ·

Solank sy nie daaroor aanhou en aanhou blab soos Nianell nie.

boscia ·

Lisa, jy kan maar my klavier speel ;-). Ek stem hartelik saam met jou. Die langdurige gekerm en raad aan ander dryf my teen die mure uit. Die media is altyd gou om saam te speel met die ‘lydendes’. Oor die jare kan mens hulle opnoem – Sonja Haroldt, Nianell, Liefling – om maar ‘n paar te noem. Dis die lewe – move on …

Anoniem ·

Lise, jy is baie ongevoelig. Nianell het defnitief meer styl en grasie as jy!

Sampie ·

Anoniem, Lise is in die kol. Nianell kon destyds ook nie ophou blabber toe sy ‘n drieling verwag het nie. Nou weer die egskeiding. Gee styl en grasie ‘n mens vrypas om jou privaatlewe in ander se kele af te druk? Sy’t nie einde nie man!

Sarel Strydom ·

Kan julle klomp heiliges asb. julle negatiewe komentare vir julle self hou of het julle niks anders om te doen om ander mense te kritiseer nie.

Piet Snot ·

Sarel, dis beslis nie ‘n klomp heiliges nie.
Maar ek moet jou toegee: dié negatiewe kommentaar is sleg om te lees. Kom ons laat die mense met rus.

Isabel ·

Hoekom moet mense altyd so naar wees…ek sou dink hul vertel dit liewer self aan die media..voordat iemand anders n lelike storie daarvan maak…..Aai!

SNEL ·

Nou weet ons almal daarvan en nou kan ons eerder voor ons iets sê dankbaar wees ons hoor dit en kan vir hulle bid, nog niks is afgehandel, so daar kan nog n omdraai in die ding kom, en as daar nie omdraai kom nie, dan dat hulle op n goeie voet uitmekaar sal gaan, daar is n kind, en hulle twee pas mooi bymekaar. Laat ons saamstaan in gebed vir hulle, ons God is groot, hulle kan nog lekker saam oud word.

STEM ·

Ek stem heelhartig saam, SNEL. Sal dit nie wonderlik wees as dit gestop word en hul toelaat dat God hul verhouding genees nie. Aai, dis tog so onnodig in meeste gevalle. Ons moet vir hulle bid.

R ·

Dis d eerste keer dat ek Maroela lees. Baie gehoor en gesien vriende het dit.
Ek is teleurgesteld om d vlak v bespreking te sien. Het meer verwag v mense wat trots is op hul taal.

neelsie ·

Waarom is publisiteit vir party tog so belangrik ?
Die paartjie het nogal n baie mooi getuienis t.o.v hulle geloof gehad. Was dit waar?
Nog n huwelik deur Satan verwoes!!

Filosoof ·

Ja, ek onthou nog hoe die hele land vir dié tweetjies gebid het en almal saam asem opgehou het sodat hulle tog net veilig sou kon huistoe kom…… en nou dit! Poefff….als oor…. en nou moet ons glo weer vir hulle huwelik bid….

nig ·

Obviously is dit nuus vir party as ek kyk na die aantal kommentare….

SNEL ·

Filosoof, duidelik het die gebed gehelp toe hulle gyselaars was, hulle was nie net vrygelaat nie, maar was selfs geseën met n kind, so dit moet vir jou n duidelike bewys wees dat daar krag in gebed is. So het nie een van ons hulle elke dag opgedra in gebed nie, en daaroor was dit huistoe….nou dit… en poeff….als oor. Die Woord sê bid gedurig, so daar is niks fout om nou weer te bid nie. Hulle het NOU weer gebed nodig, maar jy moet nie “glo” weer vir hulle huwelik bid nie, sit die een uit, as ons bid moet ons glo en vertrou. Die vyand se volgelinge bid gereeld dat huwelike moet opbreek, wat is fout met ons dat ons nie kan bid vir herstel en die eenheid daarvan nie. Dis twak dat ons Christene met hande gevou sit en nie eers in gebed wil intree vir iemand se huwelik nie, terwyl die vyand se volgelinge vaste tye het waar hulle vir die vernietiging daarvan bid.

T ·

Hoekom dit dan vir die nuus laat weet?, hoekom nie net doen en klaar kry nie? so ons soek sensasie maar ook nie? eerlik skei daar duisende mense daagliks, hulle kon dit gedoen het en klaar gekry het niemand sou eers geweet het nie so hoekom enige iemand laat weet? dis nie asof die prokureur sekerlik na die nuus toe gehol het nie? dis so belaglik sensasie is ‘n lelike ding

charmaine ·

Wat altyd interresant is van sulke mense is na dat hulle jare terug aangehou is en terug is het hulle boeke geskryf en mekaar opgehemel en praatjies gedoen, en seker bietjie geldjies gemaak en nou skei hulle maar asb ons wil nou net vir n laaste keer in die nuus wees maar niemand mag vrae vra en weet wat aangaan nie. Maar Huisgenoot sal seker betaal vir die storie. Kom oor julle self julle is nie die eerste en ook nie die laastes wat skei nie.

Sarie ·

Charmaine – Jy vat die woorde so uit my mond. Hulle was bekend gewees toe, as hulle niks met pers te doen wil hê nie – hoekom dit bekend maak? Dit is logies dat diè wat omgee vrae gaan vra en wil weet hoekom – skuld julle hulle dit nie ten minste nie. Die mense wat vir julle gebid het, julle skuld hulle ‘n verduideliking – hulle is immers die mense wat hulle tot hier gebring het waar julle nou is. As julle julle privaatheid self respekteer – moes julle dit eerste nie bekend gemaak het nie. Shame – klppe en stories gaan tog gegooi word want iemand in julle binnekring gaan een of ander tyd praat. Die rede kom altyd uit. Wil net sê sterkte – ek hoop die hele affere is net ‘n groot misverstand.

Marlene Mostert ·

Dit breek my hart om jul hartelose kommentaar te lees. ALMAL hartloop nie reguit na die media toe nie – ASB soms lek goed uit en omrede hulle bekend is storm die joernaliste op HULLE af en dit is wat gebeur het – sy is NIE koerant toe vir aandag nie – asb mense ek ken haar persoonlik en dit is NIE haar styl nie – hou jul smerterige aanmerkings vir julself!

Ben Prinsloo. ·

Al wat ek destyds vir n lang irriterende ruk op elke nuusberig gehoor het was Kallie en Monique Strydom. Spaar ons die keer die aangeleendheid asseblief.

Gideon ·

Dalk wil Monique nie iets sê nie, want haar idee is seker om ‘n boek in detail daaroor uit te gee!! As almal nou wert waaroor dit gaan sal niemand die boek koop nie!

bok-bok ·

Definitief, Gideon, en sy gaan ook ‘motiverende’ praatjies lewer by verveelde vroue-aangeleenthede. *gaap*

Engela de Klerk ·

Egskeiding is nooit goeie nuus nie, hetsy bekend of onbekend. Dit is ‘n verhouding wat deur moeilike omstandighede getoets was en 30 jaar gehou het. But for the Grace of God… Hartseer.

Chris ·

Huwelike is maar een groot dobbelspel vir my. God of satan het nie veel daarmee uit te waai nie, dit is uitsluitlik die paartjie se verantwoordelikheid om ‘n huwelik te laat slaag. Jy kan alles insit, totdat daar absoluut niks oor is van jouself nie, en steeds kan jou huwelik op die rotse beland.

Elmarie van Niekerk ·

Mens kan nie praat van egskeiding as daar kinders ter sprake is nie : ek noem dit gesinsopbreking. Dit gaan tog nie net oor 2 mense nie.

TW ·

Chris, dit is juis die probleem. “jy kan alles insit”, hou jou oog op God gerig in alles wat jy doen, alleen kan n mens maar probeer, maar dit gaan maar moeilik gaan. aan al die ander wat gal braak, niemand se lewe is volmaak nie en ek byvoorbeeld is baie jammer dat die twee gaan skei. dit is n groot besluit en NOOIT maklik nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie.

pop ·

MCS Ek is ook geskei diep in my 50 en weet net, dit was die beste ding ooit. Nou het ek n nuwe man en ek droom weer, lag weer, voel weer jonk en beste van alles, ek lewe. Mense moet liewer skei as om n lewende dood te leef.

Ansu ·

Afrikaners! Afrikaners is plesierig sê die liedjie en ons verhaal vertel van gelowiges wat in hul nood hul na God beroep en Hom eer en saam staan…mekaar se hande neem, mekaar beskerm…mekaar liefhet. Ragel de Beer wat haar lewe vir haar boetie gee…die verhale waarmee ek groot word en toe die volgende Groot trek die land uit…opsoek na beter lewe…ontwortel, beskaam en baie van ons gedwing op ons knieë..wit plakkerskampe…armoede…nood en swaarkry en bitterheid en ek beleef tussen ‘my mense’ hardheid, genadeloosheid, bitterheid, haat, liefeloosheid, verwyt, goddeloosheid, verval en gun mekaar niks. Naganend.

Ansu ·

“”As ek swaar gekry het, verloor het, skade gelei het, wie is jy om te wil oorwin, wen, vorentoe wil groei, geestelik groei en vreugde in enige iets beleef…ek sal jou eerder verwyt, emosioneel afpers, sleg sê, beoordeel en jou om elke draai in die rug steek…jy wat my broer, my eie bloed is, my “volk”. Kom ons vier eerder ons eie mense se hartseer en verlies as wat ons laer trek en mekaar versterk.”” Ek kan dit regtig nie glo nie. Waar is die gelowige en getroue Afrikaner wat Lig is???? Hoekom kan ons nie, wanneer ons soos hier die geleentheid gebied word om ‘n stem in die woestyn te wees, ons woorde bring soos ‘n helende salf vir mekaar nie.

Ansu ·

Ek is hartseer om te hoor twee mense wat deur verskriklike trauma was, voor gebid is deur baie, deur die Here genadiglik verlos is, terug kon keer na hul mense, getuienis gehad het, nou die stryd prysgee. Wanneer ons knieë lam word, het ons God nodig soos nooit tevore om ons nuwe krag te gee. Ons is almal mense…selfs gelowiges is en bly veilbare mense, maar steeds vrygekoop deur die Bloed vam die Lam. Wat as ons vir ‘n verandering ophou vuurpyle afskied en eerder liefde en genade uitleef en gebed offer…wat as hierdie stryd wat hierdie twee mense deurgaan die grootste is wat hul nog deur is en jy, die leser, die beoordelaar dalk net met jou reaksie ‘n verskil kan maak.Gebed, aanmoediging, bemoediging en woorde van wysheid kan hoop bring waar daar nie is nie.

Ansu ·

My hart is seer om oral hierdie gesindhede en reaksies te lees en dan te weet dis die volkie waarvan ek moet deel wees. Kallie en Monique of jul sake nou in die media uitbasuin word of nie, wil ek graag jul bemoedig deur jul moeë arms op te hef na Jesus en Hom te vra om jul te versterk in jul krisis, om jul Hoop te wees, wysheid en troos te wees. Moenie moed opgee op jul self, huwelik, gesin of op die Here nie. God is not finished yet. Gee dit nog ‘n kans en maak opnuut Jesus die fondasie…vra Hom om weer jul nuut te maak, nuwe denke en oop geestelike oë te gee. Niks sal jul skei van die liefde van Jesus nie. En aan almal wat hier met harde ongenaakbare woorde reageer het..weet dat Jesus vir jul baie genade het en dat wat jul begeer net in Hom gevind kan word..He gives beauty for your ashes…en as Hy jou klip hart vervang met een van vlees sal jul instaat wees om genade aan ander te bewys. Ek weet van swaarkry, tuwwe tye, trauma en verwerping, maar daar is net een troos en dit is die volmaakte en kragtige liefde van Jesus waar Hy sy lewe vir ons afgelê het..vir ons Sy vriende. What have you done lately for your friends…of jou eie mense selfs? Mag my woorde tot jul harte indring en mag die Here jul geestelike oë open.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.