Callie trek dief plat

Ao. Kenneth Glover en konst. Kishen Giani by Callie. Foto: SAPS.

Ao. Kenneth Glover en konst. Kishen Giani by Callie. Foto: SAPD.

ʼn KwaZulu-Natalse patrolliehond het Saterdagoggend sy hap uit misdaad in Suid-Afrika gevat.

Ao. Kenneth Glover en konst. Kishen Giani van die Umzinto-honde-eenheid is Saterdagoggend uitgeroep na ʼn rooftog in Freeland Park in Scottburgh aan die Suidkus.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê dat hulle toe die spoor begin volg het van twee verdagtes wat op die vlug geslaan het.

“Een verdagte kon daarin slaag om weg te kom, maar Callie, die hond, het die ander een agternagesit en goed bygekom,” lui die verklaring.

Die verdagte het beserings aan albei sy bene opgedoen en sal Maandag in die Scottburgh-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en diefstal.

Van die gesteelde goedere kon opgespoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Netekke ·

Wonderlik Callie, jy verdien een van daardie groot bene wat Food lovers market verkoop, met sommer baie vleis aan.

Gretha ·

Welgedaan Callie en hanteerders. Stories soos die baie welkom tussen al die moord en dood wat ons elke dag lees.

Johann ·

Callie jys ‘n ster, net jammer jyt hom nie op gevreet nie

Pigmentasie ·

Mooi so honne. Ek glo darem nie die aanval was rassisties.

Hansie ·

Callie is ‘n goeie hond!en hy doen wat vir hom geleer is,wonder nou net as ons ‘n inbreker in ons huis het en die hond byt hom dood wat sal dan gebeur? Hoekom mag die polisie ‘n hond op ‘n inbreker sit maar as ons ons self beskerm met messe of dit wat ons het(in ons eie huis) word ons in die selle gesit.daardie inbrekers was mos nie ‘n direkte bedryging vir die polisie man nie.Hoe op die aarde kan hulle wette maak wat vir ons nie sin maak?

Johann Barnard ·

Die polisie mag nie n hond op n krimineel loslaat nie,hier kom nog eise,wag en kyk!

w ·

Ai was ek ma da naby om vi Callie heerlike stuk steak te gee. Welgedaan jou dierbare ding

Jannie ·

Die arme hond gaan hulle ook seker aankla vir ymoord sterkte ou hone

Santie ·

Mooiskoot Callie en jy verdien lekker vleisbeen. Hoop nie hulle wil jou ook nou toesluit nie arme honne. Bravo.

WitBlits ·

Gee vir Callie ‘n Bloubul steak, stuur hom tandarts toe om sy tanne te slyp en gee hom ‘n klem-in-die-kaak inspuiting sodat hy slaggereed kan wees om die skurminkels aan te vat!

VANNA ·

Welgedaan Callie, dis n riem onder die hart. Baie trots op die spesiale honne ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.