CannaTech-beraad vir Kaapstad bevestig

Die CannaTech-beraad sal vir die eerste keer op die Afrika-kontinent aangebied word terwyl daar ʼn groot toename is in die aanvraag na mediese cannabis.

Organiseerders het gesê die beraad sal tussen 24 en 26 November by die Lookout in die V&A Waterfront in Kaapstad aangebied word.

Na raming sal die mark in cannabis en verwante produkte teen 2023 ongeveer R27 miljard beloop.

“Die wêreldwye belang in Afrika se cannabismark en Suid-Afrika se onlangse wettiging van cannabis, maak van Kaapstad die ideale bestemming vir CannaTech,” het Saul Kanye, stigter en uitvoerende hoof van iCAN:Israel-Cannabis, gesê.

Leiers in die bedryf van oor Afrika en die wêreld heen sal hul bydraes by CannaTech verteenwoordig. Hierdie bydraes is tot die wêreldwye mediese en ontspanningsmark in alle velde insluitend landboutegnologie en innovasie, sake en finansies, beleid en regulering, wetenskap en medisyne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Die mediese gebruike van cannabis is net ‘n verskoning om dit op groot skaal te produseer. Want die mark vir die misbruik daarvan is groter….

lewies ·

Johan ek stem met jou saam. Die liberale mensbeskouing van die ANC en die ware natuur van die mens het geen verband met mekaar nie. Die naiwiteit, kortsigtigheid en onkunde van die regering, gaan die belastingbetalers baie duur te staan kom. Hulle moet maar rehabilasie sentrums begin bou en nie superstede nie.

Andreas ·

Johan/lewies, as dit bepaalbaar was hoe groot misdaad in die land geword het, want dit is dat baie mense word agv werkloosheid daarheen gedryf, “but for all their followers the ANC goverment now have, not one, but quite a few ‘Good’ stories to tell”.

Leon Pit ·

Mense Cannabis of Dagga is n natuurlike kruie wat in die natuur groei nie mens gemaak nie maar deur die Skepper gemaak. Gebruik oordeelkundig en nie soos mens gemaakte wyn misbruik word nie

skurweberg ·

Verslawing is een van die oorlewingsmeganismes wat mense ontwikkel om emosioneel te oorleef. Dis die gevaar.

Chris ·

Dagga is nie hier gewettig oor enige mediese voordele nie, want die nadele weeg BAIE swaarder as die voordele.
Dis gewettig om geld te generereer vir ‘n bankrot regering.
Wat dink julle gaan die regering aan belastings genereer uit ‘n R27 miljard per jaar?
Die dagga gebruikers is as propaganda masjiene deur die groot geld magnate uitgebuit om geld te maak tot nadeel van die normale publiek.
Medies gesproke is daar niks wat dagga doen wat ander middele nie reeds doen nie.
Dis net nog ‘n kultus ‘muti’ wat mense op die ou einde verslaaf maak.
Lewies is reg — Bou nog baie rehabilitasie sentrums. Daar is reeds veels te min.
Dwelms het nog niks goeds tot ons land bygedra nie. Net stukkende lewens oral…..

Sorry om te sê ·

Bid jou aan, R725 vir 2ml (ja, net twee milliliter) dagga olie vir atritis.

ExPat ·

Dagga is die skadelooste dwelm-middel uit alle dwelms. Gaan kyk maar na die navorsing. Ja misbruik dit en dit kan skade aandoen, soos alles, selfs sjokolade en koffie. Alkohol is verskriklik gevaarlik en tog is dit wettig en orals volop. En die skade wat dit aandoen is ongelooflik. Die mediese teopassings van die bestandele in dagga is heelwat en meer en meer word ontdek. Om nie eers van die komeersiele toepassings (soos tekstiele) te praat nie. Nee wat dis tyd om weg te beweeg van die argaise siening dat dit nadelig is. Dit is net nie waar nie.

bambi ·

Die eintlike probleem is nie dagga nie; maar groot mediese pil en medisyne vervaardigers wat almal sal vou; want cannabis kan vir enige siekte gebruik word. Gee die besighede vir privaat eienaars; olie etc te produseer en hou die skelm regering se hande daaruit!

Ergo ·

Nee wat geen kompetisie vir medisyne vervaardigers nie. Die Kanna is produkte is onkoopbaar duur. Geen mediese fonds gaan dit dek nie. Dit werk buitendien vir niks nie. My R300 bottel oordruppels het my in die hospitaal laat beland. Goed vir niks.

Basjan ·

bambi, ek stem 100% saam met jou. Die groot medisyne vervaardigers gaan miljoene verloor wanneer die medisinale waarde van cannabis produkte deeglik begin posvat. En ja, hou dit uit die skelm regering se hande uit!

Basjan ·

Cr, cannabis is nie verslawend nie as jy dit as medisinale produk gebruik. Jy kry cannabis produkte waar die deel, wat jou “high” maak, uitgehaal is en gevolglik heeltemal veilig is om te gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.