Capitec-aandele tuimel ná verdoemende verslag

Argieffoto

Aandele in Capitec Bank het Dinsdag met 20% getuimel nadat die navorsingsgroep Viceroy ʼn uitgebreide ondersoek gedoen en bewyse saamgestel het wat volgens die groep daarop dui dat die bank na bewering geknoei het om verliese weg te steek en inkomste te vergroot.

Volgens Viceroy se verslag het Capitec “massiewe onderaangegewe wanbetalings”. Die bank word in die verslag as ʼn “loan shark” bestempel.

Viceroy sê hy glo Capitec het lenings goedgekeur om bestaande lenings terug te betaal en as gevolg daarvan sal die bank miljarde rande se lenings moet afskryf. Viceroy het ook ʼn verdoemende verslag oor Steinhoff uitgereik net voordat rekeningkundige onreëlmatighede in Desember by dié kleinhandelmaatskappy aan die lig gekom het.

“Ons glo dit is slegs ʼn kwessie van tyd voordat Capitec se onreëlmatige syfers en sake ontrafel word, met makro-ekonomiese teenwinde wat ʼn eksponensiële risiko van wanbetaling en bankrotskap skep,” lui Viceroy se verslag.

Capitec-beamptes kon nie onmiddellik Dinsdag vir kommentaar bereik word nie, maar Andre du Plessis, die bank se hoof- finansiële beampte, het aan Bloomberg gesê die bewerings is heeltemal onwaar. “Dit is verrassend dat iemand wat niks van ons af weet nie so ʼn verslag skryf,” het Du Plessis glo aan die nuusagentskap gesê.

Die bank het Dinsdagoggend op sy amptelike Twitter-profiel gesê hy neem kennis van die Viceroy-verslag. Volgens die bank bestudeer beamptes tans die verslag noukeurig en sal binnekort daarop reageer.

Volgens mediaberigte het Viceroy aanbeveel dat die Reserwebank en die minister van finansies Capitec onmiddellik onder kuratorskap plaas.

Teen 11:10 kon Capitec-aandele gedeeltelik herstel tot 15% laer as voorheen op die Johannesburgse Effektebeurs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Denise ·

Wat die bank gedoen het is niks snaaks nie dit is hoe dit nou werk hier in die land van melk en heuning ?????

Riaan ·

Wie is Viceroy Research en waar kom hulle vandaan? Kan mens hulle verslag vertrou. Dit voel vir my regtig asof iets nie pas nie.

Trudy ·

Ek love Capitec bank en sal hulle altyd ondersteun!! Viceroy?? Die brandewyn?? :-))))

Boerseun ·

Altyd is n lang tyd, die ouens skiet redelik raak. Onafhanklike ontleders wat Steinhof se geraamtes uitgewys het.

Daan ·

Capitec is huidiglik die bank met die beste diens by verre in Suid Afrika.

jack daniel ·

Wel Boerseun as die Viceroy so Goed is om geraamtes uit te wys is dit tyd dat hulle hulle werk deegliker moet doen en ou Zuma en sy lot se geraamtes uit te delf! ?

Coenie ·

Hoekom nou juis Capitec na jare se vrot diens hoë bankfooie by nedbank en absa is daar nou n goeie bank met puik diens nou is daar weer n heksejag deur Viceroy ek dink julle moes vol viceroy gewees het met julle bevindings.

Boerseun ·

Passop, die ouens is nogal in die lol. Capitec word met African bank vergelyk so dit spel niks goed nie

Alida ·

Veiligste intetnet diens in die wereld. Plaas ondersoek hulle die ander banke. Jaloers omdat iets in SA werk.

Mariana ·

Dit is defnitief nie fobnuus nie, en ja ek is mal oor Capitec, maar ek het ook n les geleer. Wanneer daar sulke aantygings is, word kliente paniekerig, onttrek al hulle gelde, en dan gaan die bank sukkel. So ek onttrek tot teendeel bewys kan word. Ek hoop ook dat dit net pure jaloesie is, maar dit is dieselfde ondersoek span wat di Steinhoff debakel ontmasker het

Martie ·

By African Bank kan n mens nie geld bank in n spaar of trust rekening nie maar wat wel deur Capitec gedoen word.Capitec is basies dieselfde as n gewone Bank waar Arfrcan Bank net lenings gee wat moet terug betaal word.Kort termyn en lang termyn.By Capitec het jy n krediet limiet maandliks ook soos n bank se krediet kaart wat met maandlikse paaiemente terug betaal word.Capitec se krediet moet elke maand die hele bedrag betaal word.Dit is die verskul in die twee.

Eish ·

Ek is jammer maar ek glo dit nie. Die bank is in die PSG stal van Jannie Mouton, wie ek doodseker is, as Geoktroieerde Rekenmeester homself, nie so iets sal toelaat nie.
PSG is n bastion van onkreukbaarheid vir my.

Bosbok ·

En het jy geweet dat Marcus Jooste ook n verbintenis met PSG het??

Eish ·

Die enigste verbintenis wat Markus Jooste met PSG gehad het, is aandeel in die maatskappy wat intussen verkoop is ten einde Steinhoff se likiditeit te verbeter.

Jaco ·

Mense bedaar, Viceroy het Capitec se aandele ge “short stock” en lekker geld gemaak.
Die aandeel prys is reeds besig om te herstel, hierdie was net `n geld maak storie vir Viceroy.

joan ·

Dit gaan nie oor jy daar kan bank of nie. As daar waarheid steek in “Reckless lending” dan sal die bank groot probleme in die gesig staar. Dit veroorsaak dat kliente nie kan bekostig terug te betaal nie wat dan weer die slegte skuld laat bom en dit moet afgeskryf word. Suiwer verliese.

Johny ·

Ander Banke trek Swaar nou word daar n Spookstorie uitgedink teen Capitec en Capitec is die Grootste Bankgroep in die Wereld .Ek Staan agter Capitec .Was by Absa en Nou Netbank. Maar ek Oorweeg om terug te gaan na Capitec hulle Diensfooie die LAAGSTE EN DIENSTE DIE BESTE

Ilse ·

Van die groot banke verloor duisende mense wat na Capitec oorgaan. Iemand probeer Capitec swart smeer. Ek het ook oorgegaan van ABSA na Capitec en is nie een dag spyt nie. En ek bly net waar ek is.

wilma ·

Indien Viceroy Research ‘n SnertNuus Blad is, is dit ‘n ander Viceroy wat die Steinhoff-debakel blootgelê het?

ek sê maar ·

Pasop vir Viceroy se dinge. Prof van Wits besigheidskool het gesê dis hoe hul geldmaak. Vind dinge uit en dan val aandele en dan word dit goedkoop opgeraap. IEMAND moe tmos altyd geldmaak. Pasop vir nonsens. Dit beinvloed nie jou as rekeninghouer nie so wag voor julle nou sommer dinge links en regs glo

Akademi Buktu ·

Die reserwebank het gereageer met ‘n baie positiewe antwoord oor die Capitec se likiditeit en stand.

Joe Hall ·

Waarom sou Viceroy beskuldigings maak, wetende dat hulle groot probleme in die gesig staar indien dit vals sou wees?
Hulle was in die kol oor Steinhoff se trieks…
Gee kans voor jy die arme kjeend saam met die badwater wil uitsmyt.
:-)

Ella ·

Ek as Capitec-kliënt gaan maar eers ‘n bietjie kyk en luister voor ek die bank se deure plathardloop vir my geld. Hierdie ruik na ‘n stukkie kommersiële sabotasie.

Oumie ·

Hi julle. My man werk vir Capitec se hoofkantoor. Hierdie is fopnuus. Almal se geld is veilig. My man het sommer ‘n paar duisend rand se aandele ekstra vandag gekoop terwyl die aandeleprys so geval het :-), want dis verseker net tydelik.

Jason ·

Vicegrow is groot in die VSA en ondersoek vreemde verhandelings op JSE en hulle is die selle mense wat die Steinhoff debakel ontbloot het. Hulle het laas jaar al gesê hulle ondersoek ‘n company in SA en hier is dit nou, die verslag. Ek is nie by Capitec nie maar het vriende wat almal baie happy is met hulle. Mens kan net hoop dit is nie waar nie.

Pieter ·

Vra jouself af: watse besigheid is Viceroy en hoe maak hulle geld? En die verduideliking van “short stock”: verkoop aandele in Bank X wat jy nie besit nie teen R1000/aandeel. Gooi dan so rapport in die mark wat die bank se aandeel prys laat tuimel na R800/aandeel. Dan koop jy die aandele wat jy vroeer verkoop het vir goedkoper en voila: R200/aandeel wins. En Viceroy se segsman het erken dat hulle dit gedoen het.
Onthou dat hulle eers hulle Steinhoff rapport openbaar het nadat die bom gebars het.
Daar is net iets in die manier waarop hulle besigheid doen wat my dwars in die krop steek.

Pieter ·

Het die nuwe CEO van African Bank nie kwytgeraak dat die ander banke gaan ruineer nie? Check haar uit.

Willie ·

AFRICAN BANK CEO, Basani Makuleke stated that she will disrupt banking services. CHECK HER OUT..

AP ·

Dit wat daardie tyd gese is oor Saambou ook toe vou hulle vinnig. Gelukkig het ons danksy tegnologie die nuus vinniger. Waar rokie is is verseker vuurtjie, te veel “vrottes” deel van hulle… Verbaas dat hulle solank bestaan….

snoekie ·

Capitec is die beste van die res. Hulle is effektief en bankkostes laag.

Adele ·

Verstom my ook…ek het nog by geen ander bank sulke uitstekende, flinke en vriendelike diens ontvang nie. Dit moet fopnuus wees want almeer mense gaan oor na Capitec. Daar is nie ewige lang lyne waar al wat ongeskikte persoon is wat voor jou indruk nie, personeel is goed opgelei, transaksies word vinnig afgehandel, vriendelikheid en behulpsaamheid van waar jy by die deur instap tot jy heel tevrede weer uitstap. Selfs as hulle aflyn is ontvang jy n sms wat jou in kennis stel. En nog nie eenkeer het n lastige konsultant my nog ooit gekontak om n lening aan my af te smeer of n kredietkaart nie – kan ongelukkig nie dieselfde se van ander banke nie…

Koos1 ·

Capitec het by die 5 miljoen + kliente. Ja, jy kan makliker daar geld leen as ander banke, en daarom is hulle suksesvol. Hulle is baie mense se laaste hoop en as jy daar nie terug betaal nie is jy neusie verby.
Ek is self ‘n klient met ‘n paar rand by hulle en verwag nou van Capitec om op te tree. Wys vir ons dat julle onskuldig is! Open ‘n kriminele klag teen die Viceroy en vervolg hulle so ver julle kan, en begin met die aksie VANDAG, anders gaan ek my vertroue begin verloor.

Piet Pompies ·

Ek glo amper nie wat ek lees, drie persone in ons gesin maak gebruik van Capitec en daar kan net met lof van die bank gepraat word. My seun het onlangs ‘n persoonlike lening aangegaan by die bank om hom krediet waardig te maak, keuring is gedoen soos deur die wet voorgeskryf.
Dit wil eerder voorkom of daar spioenasie deur ander banke gepleeg is en nou word daar bohaai gemaak oor uitlening van geld.
Van die groter banke wat ek nog by is, stuur omtrent elke dag vir my SPAM epos of SMS boodskappe om geld te leen. Dalk is daar van die groter banke wat nou swaar trek omdat Capitec hulle klop.

Koos1 ·

Skuus het vergeet om te meld dat soortgelyke dinge sowat 4 jaar teug ook teenoor Capitec gesê was. Dit het sosiale media op hol gehad en almal wat wou stook het gesê dat hulle die pat van Saambou gaan loop. Wel dit het nie gebeur nie en hulle het bly groei.

Pieter Erasmus ·

Wie het Viceroy betaal om die ondersoek te loods en die verslag vry te stel? Die mense werk nie verniet nie – het hulle lukraak op Capitec besluit?

Willie P ·

Ek bly by Capitec totdat hulle skuldig bevind word. Ek wonder net, hoekom nou juis Capitec? Is dit omdat hulle die ander banke bekommerd maak? Ek weet nie maar dit klink vir my na n komplot teen Capitec. Ek is baie gelukkig by hulle.

Wonder Ook ·

Wie het aandele verkoop kort voor die val, wie het gekoop gedurende die laagte punt… Die ouens (lees VICEROY), is besig met snaakse dinge… “SOCIAL WORKER”..my voet man… Hier is ‘n groot slang in die gras en VICEROY het die “gap” gesien om gou paar rand te maak. Ondersoek hulle maatskappye in ander lande ook en wat is die uitkoms ?

JC ·

Ek is n vorige werknemer van Capitec. Ek het daar geskuif so 3 maande terug want ek het n vrot vis begin ruik. Capitec buit hul werknemers ernstig uit. En daar is selfs sekere bestuur wat op die konsultante en bestuur skree en sleg se. Die konsultante en takbestuurders is die laags betaalde bank personeel in die land. En daar is geen unie om gehoor te gee aan die personeel se hulpkrete nie. Hul word onder druk geplaas om lenings uit te gee, en as hul nie by hul syfers kan uitkom nie. Word daar stappe teen die konsultante gedoen. Sommige word dan selfs afgedank na n proses. Die laaste paar maande is daar baie hoog geplaaste bank personeel by capitec weg. Van hulle sommer op kort kennisgewing. Aanvanklik was dit n wonderlike maatskappy om voor te werk. Maar dinge het baie snaaks verander die laaste paar maande. Ek is ook in besit van fotos waar capitec konsultante gebruik om baie waardevolle en sensitiewe kliente inligting, soos kontrakte ens. By n dumping site gaan strooi en probeer verbrand om geld te bespaar. Ek het nie suur druiwe nie. Maar ek lewer die komentaar oor ek die nodige feite ken. So ja. Die berig verras my glad nie want ek het gesien dinge het baie vinnig anders begin raak.

Ronel ·

Dieselfde maatskappy het n paar weke gelede aantygings teenoor n groot farmaseutiese maatskappy gedoen wat toe geheel en al ontbloot was van die waarheid….ek verstaan hulle het toe ook sommer n klomp aandele opgeraap toe die prys so skielik geval het….is die dalk dieselfde storie met Capitec? Ek wonder…..

Laurie ·

Persoonlik dink ek dis oor iemand jantjie is, dis oor capitec hulle uitstof, maar tyd sal leer.

KP ·

Ek hoop Capitec bewys hierdie klomp verkeerd en vat hulle hof toe.

Boeremeisie ·

Ja nee kyk! Tussen die korrupsie, loan sharks & Ponzi~style companies deur is die son besig om te sak oor Lala Land!

JoeV ·

Interessant dat al die hoëvlak posisies in hierdie en die ander blootgestelde Suid-Afrikaanse maatskappye Afrikaanse name het, laat ‘n mens wonder wat die motiewe hier is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.