Capitec-kliënte boos wat twee keer moet opdok

Capitec Bank (Argieffoto)

Capitec sê ʼn tegniese fout het daartoe gelei dat sekere kliënte meer as een keer moes betaal vir ʼn enkele transaksie.

Capitec-kliënte het Vrydagoggend op verskeie winkels se sosialemediablaaie gekla dat bankkaarttransaksies wat hulle vroeër die week by dié winkels aangegaan het en wat reeds op hulle state wys, nou vir ʼn tweede keer op hul state aangedui word.

Die fout lê egter by Capitec. Volgens die bank het daar ʼn tegniese kwessie tussen hom en nog ʼn bank ontstaan wat veroorsaak het dat kliënte wat laasgenoemde bank se kaartmasjiene gebruik het nou twee keer vir sekere transaksies betaal.

Volgens Capitec is hy besig om hieraan aandag te gee en sal die transaksies binne 24 uur omgekeer word. “Ons sal in SMS-verbinding wees met die kliënte wat geraak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stofdonkie ·

Is die fout net by capitec se kliënte of sal dit die kliënte van capitec kliente ook raak. M.a.w as jy met jou fnb kaart by ‘n winkel koop met ‘n capitec masjien, sou die transaksie ook dupliseer?

Stefan ·

Ok, dis ‘n fout en sal reggestel word.
Moet tog asseblief nie gaan Capitec takke afbrand nie.

Anoniem ·

Nou maar goed Stefan. Maar dan eis ons sowat 10000 dames se “doekies.” Dit is net reg en billik. lol !!

Johan ·

Ja ons soek ook beurse en gratis bankdienste sal besluit oor termyn. Die het amper vir ou Bob die ceo n lekker prestasie bonus beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.