Capitec-kliënte vies oor stelselprobleme

Capitec-bank (Argieffoto / Maroela Media)

Kliënte van Capitec-bank spoeg vuur omdat hulle nou al langer as 24 uur probleme met die bank se aanlyn stelsel ondervind en het hulle tot sosiale media gewend om uiting aan hul frustrasies te gee.

Capitec het op Facebook om verskoning gevra vir die probleem en aangedui dat kliënte steeds met hul kaarte kan betaal en van kitsbankdienste gebruik maak.

“Ons ondervind steeds ʼn infrastruktuurprobleem met ons sentrale stelsels wat ons bankkanale ondersteun. Ons besef dis ʼn aaklige ervaring vir ons kliënte en vra om verskoning vir enige ongerief onder kliënte wat oor die afgelope 24 uur probeer het om van ons bank-app, USSD-betaaldiens en internetdienste gebruik te maak.

“Ons is daartoe verbind om die probleem so gou moontlik uit te klaar en het ʼn span met tegnologiese kundiges wat daaraan werk,” lui die inskrywing op Facebook.

Verskeie kliënte het op Facebook gekla dat hul werknemers nie die lone ontvang het wat aanlyn aan hulle betaal is nie.

Sane Stofile KaBambisa, ʼn Facebook-gebruiker, sê hoewel hulle aan werkers probeer verduidelik dat die “app af is”, maak dit weinig verskil aangesien hierdie werkers ook rekeninge het om te betaal.

Mpume Bhecha het Vrydagoggend gesê sy wag steeds vir haar lone en dat sy daarop staatmaak om vir vervoer te betaal en kos vir haar gesin te koop.

Capitec-kliënte wat Donderdag en Vrydag aanlyn inkopies wou doen – insluitend op Takealot – is ook gevra om op ʼn ander manier te betaal.

Daar was verder verskeie klagtes op Facebook dat kliënte vir koopkrag en lugtyd betaal het, maar dit nooit ontvang het nie. Kliënte wou ook weet waarom dit die bank twee dae neem om ʼn probleem op te los.

Talle kliënte het Vrydag gedreig om na ander banke te skuif, terwyl sommige mense begrip met Capitec se situasie getoon het.

“Ek verstaan die frustrasie, maar mense moenie vergeet dat dit tegnologie is nie. Daar gaan altyd tegnologiese probleme by elke bank of netwerkdiensverskaffer wees. Kom ons wees verdraagsaam en hoop dit word gou uitgeklaar,” het Surprise Mathebula gesê.

Sommiges het egter gevra waarom hulle as kliënte begrip moet toon, terwyl banke nie begrip het vir kliënte se probleme nie.

Capitec het nie aangedui wanneer die probleem uitgeklaar sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Catherina ·

Ai ai. Ons kla so maklik. Ek het ook baie probleme met die app gehad en baie ongemak verduur , maar mense, leer geduld. Een of ander manier kan ons almal n plan maak. Daar is baie baie meer goed in ons land om oor so kwaad te word!

TASHA ·

Wag tot dit met jou gebeur. Probeer plan maak om petrol in jou kar te kry, of om jou werknemers te betaal. Of om kos te koop. Dan praat ons weer.

Andries ·

Hoe de ….’/.. moet ek geduld he as my werkers nie kan eet nie…

Jacques ·

so maklik om dit te se… wag tot dit met jou gebeur. kan nie eens geld trek of met kaart betaal om n brood te koop, wat nog van enigsins besigheid doen. so voor jy preek n mens moet geduldig wees, plaas jouself so bietjie in ander mense se skoene voor jy sulke snert kwyt raak. klink of jy die tiepe is wat vir almal sou preek om geduldig te wees met beurtkrag, terwyl jy lekker in jou huis met sonpanele sit.

en ja, danksy Capitec vandag kan ek geensins besigheid doen met kliente, wat toevallig MY BROOD EN BOTTER is, tensy jy bereid is om enige van my verliese te dek, bly dan maar eerder stil.

JohanR ·

Heel verbaas ‘n paar Capitec’s is nie af gebrand nie. Een aand op Kaapstad stasie was die treine na die noorde of laat op nie loop nie. Ek het darem ‘n trein na die suide gevang, en toe ek die volgende more by die stasie uitkom op pad werk toe was hy verwoes. Het soos ‘n oorlog sone gelyk.

My Mening ·

Ek glo dis vir Capitec net so frustrerend, want hulle wil ook nie kliënte verloor nie. Ek is redelik seker hulle IT dept doen hul heel beste om die probleem so gou moontlik uit te sorteer. Tegnologie is wonderlik en het ons as mense baie gemaklik gemaak, maar ongelukkig loop dinge maar soms verkeerd.

KatjieDeKat ·

Beste is seker om jou geldsake tussen 2 banke te verdeel, dis wat ek doen. Die kanse is bitter skraal dat 2 groot banke tegelykertyd probleme gaan ondervind.

JohanEtz ·

Geen simpatie met Capitec nie!
Uiters pateties!
2 Besigheidsdae wat verlore is en miljoene kliënte sonder geld.
Vanoggend het hul internetbanking nog gewerk, tans is dié saam met die selfoon toepassing en ATM’s AF!
Geen Capitec transaksies is moontlik nie!!
Ek het gelukkig ander bank rekeninge….miljoene ander ongelukkig nie!! Ek is bevrees dat Capitec Banke en ATMs aan die gaan brand gesteek gaan word!

KatjieDeKat ·

Ag nee toe! Capitec het van die vriendelikste personeel wat ek al teegekom het, altyd uiters behulpsaam en vrolik. Enige bank kan probleme ondervind. It’s every person’s OWN RESPONSIBILITY to not put all their eggs in one basket. Dis nie asof daar net een of twee banke in SA is nie. Hygend hert. En moet ook nou nie idees in mense se koppe gaan sit nie, ok??

JohanEtz ·

Glo jy werklik dit wat jy hier kwytraak?
Hoeveel Capitec transaksies doen jy?

Ek het sedert 2008 ook oa ‘n Capitec rekening en doen daagliks internet en selfoon tansaksies.
Dit is die soveelste keer dat “techniese” probleme banksake by Capitec in die wile ry.

Dis nie die vriendelike gesiggies waarmee jy te doen kry wat die IT moet uitsorteer nie.
Ek is self baie tevrede met hul hoflikheid.

Ek herhaal, daar is miljoene wat net ‘n Capitec bankrekening het en dié miljoene lees beslis nie Maroela Media nie…
Seënwense Katjie…

Antie Sarie ·

Die realiste skuld die conspiracy theorists al baie verskonings

henndrik ·

Al wat my pla is dat ek nie my balanse kan nagaan nie so ek kan nie beplan nie

domheks ·

Is die glas half vol of half leeg? Probleme kan oral uitslaan!

Sonja ·

Ai tog more vlieg van my huurders uit na Amerika toe en wil daarso gaan werk en darem met hul huurdeposito paar noodsaaklike goedere koop, nou wat maak mens nou ek is al gedaan gesukkel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.