Capitec reageer: Viceroy doen dit vir winsmotief

Gerrie Fourie, Capitec se uitvoerende hoof, het Dinsdag gesê aantygings wat deur Viceroy gemaak word dat die bank lenings teen hoë rentekoerse aanbied, is onwaar. Viceroy, die Amerikaanse batebestuurder en navorsingsgroep wat vroeër bekendheid verwerf het nadat hy ongerymdhede by Steinhoff gerapporteer het, het Dinsdag ʼn verslag oor die bank bekendgemaak.

“Hulle het ʼn eensydige verslag uitgebring met baie goed wat feitelik totaal onkorrek is,” het Fourie tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê.

Volgens Fourie was Viceroy nie in kontak met die bank voordat hy die verdoemende verslag bekendgestel het nie. Capitec het verder gesê hy het sy prokureurs opdrag gegee om die verslag op te volg met die raad op finansiële dienste (RFD) omdat hy nie gelukkig is met die manier waarop Viceroy die verslag aangepak en uitgevoer het nie.

“Viceroy het met ʼn eensydige verslag vorendag gekom met ʼn winsmotief in gedagte. Ek dink hulle kon meer gedoen het om inligting aan albei kante in te win,” het Fourie gesê.

Hy het bygevoeg dat die bank se bestuur Dinsdagoggend met sy finansiële span vergader het om tot ʼn verdere analise van die verslag te kom “omdat daar talle dinge in die verslag is waarmee ons nie saamstem nie”.

Capitec-aandele het in ʼn stadium met sowat 20% gedaal ná Viceroy se aankondiging.

Prof. Jannie Rossouw, hoof van Wits se skool van ekonomie en sakewetenskap, het aan TimesLive gesê Viceroy is tans besig om homself in ʼn posisie te plaas waar hy ʼn verslag oor enige maatskappy kan uitreik en geld uit die verslag kan maak en ook geld verdien uit die maatskappy se dalende aandeleprys.

Rossouw het gesê die Viceroy-navorsingsgroep is bekend as ʼn groep kortverkopers en doen dikwels verslag oor maatskappye waarby hulle self belange het. Hy het verduidelik die groep het sy aandele verkoop voordat hy die verslag uitgereik het uit verwagting dat die aandeelprys sou daal sodat hy die aandele teen ʼn laer prys kan terugkoop en só ʼn wins kan maak.

Volgens Viceroy se verslag het Capitec “massiewe onderaangegewe wanbetalings”. Die bank word in die verslag as ʼn “loan shark” bestempel en van roofleen-praktyke beskuldig.

Viceroy sê hy glo Capitec het lenings goedgekeur om bestaande lenings terug te betaal en as gevolg daarvan sal die bank miljarde rande se lenings moet afskryf.

In die verslag wat omstreeks 10:00 op Viceroy se webwerf geplaas het, het die groep gesê hy glo die Reserwebank en die minister van finansies moet die bank onmiddellik onder kuratorskap plaas omdat die bank geld teen hoë rentekoerse uitleen, terwyl die bank homself as ʼn mikrofinansierder voordoen.

“Ons glo dit is slegs ʼn kwessie van tyd voordat Capitec se onreëlmatige syfers en sake ontrafel word, met makro-ekonomiese teenwinde wat ʼn eksponensiële risiko van wanbetaling en bankrotskap skep,” lui Viceroy se verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Huibrie ·

Hoekom dink ek hier is n heksejag aan die gang teen wit kapitalisme?

Pieter ·

African Bank se nuwe CEO het die stelling gemaak dat sy bestaande banke wil ontwrig….

Diklizzy ·

Word Capitec geteiken oor hulle goeie aandele prys of omdat hulle wesenlike kompetisie vir die groot naam banke is? Verder maak Viceroy baie geld deur die manipulasie van die aandele prys. Wettig maar oneties!

Boy van die Suburbs ·

Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie! 2de Steinhoff oppad! Sulke gevolgtrekkings word nie uit die duim gesuig nie!

nic ·

Ek wens net die buitelanders wil ons land uitlos en eerder hulle land in orde kry

Daan Erasmus ·

Nee. NEE. jy gaan niks verloor nie. Absoluut niks. Jou geld is veilig.

Adam ·

Carol, jy is veilig. Viceroy se baas en sy twee 23jarige Australiese medewerkers is bloot besig om ideale geleenthede te skep vir “short sellers” en “insider traders” om enorme winste te maak. Jt kan hulle grootliks ignoreer. Steinhoff is en was iets heel anders met die Duitse owerhede wat hulle reeds twee jaar lank ondersoek het. Viceroy het in die Steinhoff geval op ‘n opportunistiese wyse ‘n voos geryde perd opgesaal waarvan ingeligte beleggers al twee jaar lank bewus was.

Sue ·

Ek het desjare by Saambou bele toe hulle nog bestaan het en met die aankondiging dat hulle toe maak was alle beleggers deur die kurators in kennis gestel dat alle beleggers kapitaal en winste eerste uitbetalings voorkeer kry. Ek het al my geld terug ontvang en geen krisis nie.

Ek persoonlik voel ook dat ek nou die ander aand le en wonder het hoe lank die groot banke gaan bestaan as Capitec een na die ander klient werf. Mense besef nie wat 1 enkele rand uit miljoen rekeninge per maand (gestel vir bankkostes) na oploop nie. Ek was 27 jaar n klient by FNB en was verstom dat ek nie eers n huis kon koop na 27 jaar nie. Heelaas het ek ook so 4 jaar terug besluit dat ek maar gaan oorgaan Capitec toe want as my geld goed genoeg is maar ek kan nie huis koop nie, kan ek net sowel settle vir baaaie goedkoper bank koste. Ek is nog nie n dag spyt nie. Ek het nou wel net n Spaar rekening maar n Platinum Tjek rekening het my niks in die sak gebring nie. Ek het ook beleggings by Capitec en ek glo dat my geld veilig is. Wat ookal gebeur. En tot dan, bly ek by Capitec.

Deon ·

Carol jy sal nie jou geld verloor nie. Daar is n verslag van Reserwe bank uit gestuur. Daar is geen gevaar vir eenige beleggers nie. Viceroy het klaar geld gemaak met die onvoledige verslag. Glad nie Capitec genader nie maar werkers wat nie meer in diens is nie. Ek kan jou verseker Capitic het meer reg gekry in 17 jaar as wat ander banke in 100 jaar nie kon doen nie. En dit kan nie met Steinhof vergelyk word nie dit is toetaal en al verskillend. Dink n mens moet eers feite kry voor n mens soos Viceroy aantygings maak wat nie korrek is nie.

Zet ·

Met eending gaan ek saam stem. Capitec Bank se rente koers op lenings is sky high. Ek het ‘n lening by hulle teen 22% rente wat ek op geleende bedrag moet terug betaal.

Wim ·

Zet het jy enige waarborge gegee soos byvoorbeeld jou huis as bate of enige bate. As jy het, sou ek dan eerder na n ander bank toe gegaan het. Onthou Capitac doen hoe risiko lennings. Is jy bereid om jou maand se inkomste vir n wild vreemde persoon te gee op n belofte hy gaan dit einde van die maand vir jou teruggee ek kan jou belowe 95 persent jy sien daai ou nooit weer nei.

Sê net ·

Hierdie bank is baie vinnig om jou te oorhandig as jy nie betaal nie. Was baie deur mekaar vir my destyds. Jy betaal, maar die geldjie gaan nie af op die lening nie. Gedink jy betaal dit direk aan jou lening dan lê dit in jou gewone rekening. Baie hoër rentekoers ook betaal op die geleende geldjie as by my gewone bank. So daar, stem ek saam met die verslag. Ek het ook destyds die indruk gekry, hulle operate soos n loan shark, maar smaak verskil. Ek sal nie my geldjie daar spaar nie. Jy moet lang rye staan om by die ATM geld te trek en selfs binne in die bank was dit nag. Ook gevoel asof jy soos ñ skelm behandel word. Jy kom om geld te deponeer, maar hulle vertrou jou nie. Dis maar net my gewaarwording. Dalk was dit oor alles so oop was. Geen glas tussen jou en die teller nie. Weet nie van nou nie, was baie lanklaas binne in die spesifieke bank. Partykeer sien werknemers goed wat nie reg klink of lyk nie. Dit maak hulle nie slegte of
“disgruntled employees”nie. Dit maak hulle mense wat tussen reg en verkeerd kan onderskei. Het baie lank vir ñ sekere maatskapy gewerk en daar goed gesien wat my hare laat rys het. Daar is altyd twee kante van ñ storie. Was die Viceroy toe nou verkeerd van Steinhof? Vra net.

Herman ·

As Gerrie sou bedank moet julle weet daars fout, anders kyk eers of Viceroy nie dalk net probeer kans vat nie

Frans C ·

Die stigter van Viceroy is ‘n welsynswerker wie se lisensie geskors is en nou geld maak deur eers aandele in maatskappye te bekom ,dit te verkoop en dan die betrokke maatskappy se finansiêle bestuur verdag te maak.
Dit lei dan tot ‘n daling van die aandeelprys,wat hul dan teen die verlaagde prys opkoop in verwagting dat dit weer gaan styg en hul dit dan teen ‘n wins kan verkoop.
Dit was Duitse maatskappye wat Steinhof begin ondersoek het lank voor Viceroy .Viceroy het die gaping gesien en die inligting gebruik om Steinhof tot ‘n val te bring.

DewaldS ·

Nee – dis nie hoe kortverkopers-posisie werk waarvan die artikel praat nie. In kortverkopers-posisie verkoop jy aandele wat jy nog nie het nie teen die huidige aandele-prys met die hoop om dit (binne die spertyd wat jy het om die aandele-sertifikate te oorhandig) teen ‘n laer prys te koop.

Pieter ·

Lyk my Viceroy is skelms met verskuilde agendas. Kla hul aan vir skade wat hul met hul swak navorsing gedoen het.

Oosie ·

Ek dink ons moet wakker wees. Kyk hoe is SARS gekaap en gereduseer tot die teenoorgestelde van wat dit was om individue in die Regering se agenda te pas. Ek stem saam met vorige kommentare dat Viceroy nou gebruik gaan word om suksesvolle organisasies verdag te maak. Veral organisasies onder wit inisiatief. Hierdie vuilspel om aandelepryse te manupileer met gerugte en persepsies is taktiek wat al jare toegepas word. Die doel is om te destabiliseer, te vernietig of geld te maak.

bgj van der westhuizen ·

wel vat hulle hof toe moet bewys gee van wat hulle se en le n klag by die usa regering dat hulle viceroly onder soek gee hulle trug wat hulle uit deel hier sit meer agter as wat ons kan sien

ham ·

Die enigste Viceroy wat ek ken, is Viceroy Brandy – so al wat ek wil sê is “Lank sal jy lewe Capitec. Cheers”.

Osie ·

Capitec is by verreweg weg tans die beste Bank in SA. Uitstekende diens met bank koste wat baie laer is as enige ander Bank is SA.
Capitec is hier om te bly

Nettie ·

Ja, dalk is Capitec ‘n goeie bank vir die gewone salaristrekker, met geen bankkoste nie. Maar wat van besighede en mense wat by die bank wil geld leen? Hul advertensies sê hul rentekoerse BEGIN by 12,9% – ek weet nie wat die huidige uitleenrentekoers is nie – en 12,9% klink maar vir my kwaai!

CAROL ·

Daan, Willie en Deon baie dankie vir jul positiewe antwoord. Nou kan ek weer asem skep. (lol)

Meyer ·

Ek wil net weet hoe pas Markus Jooste in by Capitec Bank Board of Directors en ‘n paar ander van Steinhoff se mense?

O aarde ·

Meyer, Jooste pas NERENS hier in nie. Hy was by Steinhoff. Jy glo ook seker die maan is van kaas gemaak?

Meyer ·

Aan ‘O Aarde’

Ek vra wat het Markus Jooste te doen met Capitec en of hy nog iets met Capitec te doen het. Is dit dalk die rede hoekom Capitec ondersoek word. Hierdie aanhaaling hieronder kom direk van die internet af op Moneyweb se webiste. Ek het dit beslis nie uit my duim gesuig nie?

Markus Jooste appointed to Capitec and Capitec Bank Board

Steinhoff’s CEO appointed to the boards as non-executive director.

Capitec Bank press release / 30 January 2011 07:20  No comments so far

min ·

as ek ook stuiwer in arm beurs kan gooi …..ererns in desember het ek gelees van mense wat hul aandele in die bank verkoop , news 24 financials , ek dink was laat desember , google maar… die bank is baie sterk en top kliente tevredenheid.. maar altyd moeite werd om te lees

ek vra jou ·

Hier is mense boontoe wat kla oor hul hoë rentekoers op lenings- wel hoekom leen jy dan geld by hierdie bank – jy weet mos vooraf wat die rentekoers is? En as hulle jou van wanbetaling aangee dan is dit totaal REG! As jy nie betaal moet jy die gevolge dra!

Alida ·

Presies “ek vra jou” jy is deeglik bewus van die rentekoers en maar alte bly oor die geld, maar die oomblik as jy nie betaal nie is jy kwaad vir die bank. Die mensdom is siek in hulle koppe. Om nou die enige bank sleg te maak oor jou eie nalatigheid of kortsigtigheid is swak smaak. Ten minste druk Capitec nie skuld in jou keel af en lewer die kredietkaarte by jou huis af nie. Dit het die 4 groot banke mos in 2007 gedoen en roekelose lenings toegestaan welwetend dat die mense dit nie sal kan terugbetaal nie. Watter haas gaan ‘n lekker geelwortel van die hand wys?

Casper Labuschagne ·

Ek beter voortaan Viceroy se webblad aandagtig bestudeer en die oomblik as hulle ‘n verslag uitreik begin ek self met kortverkope. Dink net aan al die geld sonder dat ek baie hoef te werk. As ‘n paar van julle ook dieselfde doen kan ons ‘n lopie op ‘n maatskappy se aandeleprys begin en regtig groot geld maak. Beter nog, ek het sulke sappige inligting oor groot maatskappye wat ek in my doen en late in die die IT bedryf raakloop. Miskien kan Viceroy dit in toekomstige verslae inwerk en kan ons net nog meer geld maak met kortverkope. Klink vir my na ‘n blink plan!

En dit verduidelik presies wat met maatskappye soos Viceroy verkeerd is. Daar is geen wet teen kortverkope nie, maar jy mag nie self die een wees wat wolf skreeu nie.

Alida ·

Ag Casper doen jou besigheid soos jy wil. Hoekom dit aan ons verkondig? Ons stel regtig nie belang nie.

DewaldS ·

Hahaha – nee, jy is klaar te laat teen die tyd wat hulle die verslag uitreik. Lees my kommentaar op Frans C se plasing.

Alida ·

Om sarkasties te wees is nie ‘n baie goeie eienskap nie. Lig eerder jou mening op ‘n sinvolle volwasse manier.

Casper Labuschagne ·

Alida, sogenaamde verkopers met bevoorregte inligting is die euwel van die aandelebeurs en hierdie slenter van Viceroy is nog maar net nog ‘n manipulasie op dieselfde tema. Hulle winsbejag het veroorsaak dat almal wat Capitec aandele besit vandag amper ‘n vyfde van hul waarde verloor het. Ek kon nouliks in dieselfde hoeveelheid woorde uitdruk hoe maklik dit is om die mark te manipuleer en hoe verkeerd dit ook is, anders as met die voorbeeld wat ek hierbo gestel het.

Nettie ·

@Alida, om humorloos te wees is óók nie ‘n goeie eienskap nie. Lag maak soms die lewe net ‘n bíétjie meer draaglik.

Joe Hall ·

Om te lig of te lug…bly maar moeilik om te waardeur, ‘skies waardeer.
:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.