Capitec-verslag: ‘Begin onmiddellik met ondersoek’

Argieffoto

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê Suid-Afrika kan nie “nog ʼn inploffende bank in die heersende swak ekonomiese toestande bekostig nie en ʼn ondersoek na Capitec se situasie moet dadelik gedoen word om nog ʼn African Bank-debakel te voorkom”.

Alberts het gesê die VF Plus is baie bekommerd oor die verslag van Viceroy Research wat Capitec van roofleen-praktyke beskuldig. Alberts het gesê Viceroy het met sy verslag oor Steinhoff gewys sy navorsing moet ernstig geneem word.

“Die VF Plus gaan vra dat die nasionale kredietreguleerder Capitec en Viceroy na die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid ontbied rakende die bestuur van lenings aan die publiek wat volgens Viceroy roekeloos is. Die komitee is juis nou besig met wetswysigings rakende die nasionale Kredietwet, en lesse wat geleer word uit hierdie situasie kan lei tot verdere wysigings soos nodig. Hierdie veranderings is juis daarop gemik om die skudbelaaide publiek teen roekelose skuldtoekenning te beskerm.”

Alberts het verder gesê Viceroy het glo ook melding gemaak omtrent ander Suid-Afrikaanse maatskappye wie se finansies nie in orde is nie. “In die belang van Suid-Afrika kan daar net gehoop word dit nie waar sal wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hans van Schaik ·

Die maatskappy is ‘n foefie wat geen kredietwaardigheid het nie. Van wanneer af is ‘n sosiale werker ‘n ekonomiese genie. Hulle verslag oor Steinhof was uitgegee nadat die bom klaar gebars het, hulle het ander instansies se inligting gebruik. Kan nie glo dat die VF+ ligimiteit gee aan so ‘n instansie nie.

Adam ·

In die kol Hans!!. Viceroy is so betroubaar soos ‘n derde-handse motor en hul “verslae” bied ideale geleenthede vir “short sellers” en “insider traders”.

F Pietersen ·

Hierdie ondersoek waarvan Capitec nie eers geken is in die saak nie kan die persone wat die ondersoek loots baie geld in die sak bring deur die aandeel prys af te dwing en dan in te koop. Die Reserwebank dink anders. Hoekom.

Veritas ·

Netso. Dít nadat Capitec onlangs met ‘n internasionale toekenning bekroon is. Is dit dalkies die opposisie-banke, wat markaandeel verloor het, wat probeer om Capitec in ‘n slegte lig te stel?

Joe Hall ·

Met Viceroy se ondersoek na Steinhoff se trieks, was Steinhoff ook “nie geken in die saak nie”.
Tot tyd en wyl ons gewone ouens meer tewete kom kan daar gerus vergeet word van al die sopstories oor wat die bekendmaking van Capitec se dinge met winsneming en laer gedwonge aandeelpryse te make het.
Is Jannie Mouton ook deel van die sogenaamde Stellenbosch Mafia?

PJC ·

Soos wat dit tans gaan in die land kan die gerugte maar gerus ondersoek word.

Francois ·

Ha ha.
Julle almal dans nou rond soos n kat op n warm sink dak !!!
Ons sal sien.

Veritas ·

François, ek voel soos ‘n kat op ‘n warm sinkdak. Ek het ‘n aardige bedraggie in Capitec aandele belê en in die laaste vyf jaar het dit bogemiddeld presteer. Dit is nie lekker om te sien hoe jou aandeelwaarde krimp nie. Ek hoop van harte dat daar êrens ‘n fout ingesluip het en dat my aftrede nie negatief beïnvloed gaan word nie.

snoefie ·

in hierdie tye, is dit n geval van “waar n rikie trek isnofnerdie smeulende as oor.” ongelukkig het ek nie geld of n rek by capitec nie.sou my soveel plesier verskaf het om nou my geld uit die bbbe bank te gaan trek het.

Stefaans ·

Ek hoop Viceroy het sy feite agtermekaar, anders kan Capitec die daglig uit hulle dagvaar. Eienaardig om te sien wie het aandele voor die bekendmaking verhandel en ook daarna. Wat is die Afrikaans vir “bottomfeeders”?

Anoniem ·

Waar daar n rokie is is daar n vuurtjie. Die Perm, Saambou, NBS, Trustbank en banke voor hulle het almal so begin. Almal het gese moenie bekommerd wees tot hulle deure sluit. Nee man dink mooi voor jy sommer by n bank instap en geld bele. Gaan maar na die twee groot banke ons almal weet wie dit is.

marous ·

Dit gaan ‘n heuglike dag wees waneer die gekke wat die land in die grond ingedryf het BMW’s aflek vir ontbyt , goue ringe vir aandete en sand vir water!

Marius ·

Voor dat dit met hulle gebeur, sal dit eers met ons gebeur. Ek sukkel om die jeuglikheid daar in te sien. Hulle kry ringe vir aandete, sand vir water en jy kry die reg om I told you so te spree en in elk geval langs hulle te voel van die hunger. Klink vir my na n dommerige ideaal.

Pierre ·

Ek word almeer oortuig daarvan dat daar buitelandse instansies is wat daaroop uit is om die reeds swak kredietwaardigheid van SA verder wil uitbuit en dalk wil poog om die land se ekonomie tot ‘n totale ineenstorting wil bring vir hulle eie gewin. Die afgelope week was die rand een van die min geldeenhede wat sterker vertoon het in die markte. In ‘n tyd waar korrupsie en geldwassery onder ‘n President hoogty gevier het was dit nie nodig om so na SA te kyk nie, dit wil voorkom dan dat daar iewers iemand is wat nie gelukkig is dat SA dalk weer ekonomies kan herstel nie. Beide die Reserwe Bank en Tessourie het nog enige rede gehad om Capitec te ondersoek nie.

Eish ·

Ek glo onverbiddellik steeds in Capitec se geloofwaardigheid. PSG het homself oor en oor bewys.

Alida ·

Dit is die kleinste bank maar het Internasionale toekennings gekry. Viceroy moet sy neus uit ons sake hou. Hulle is daarop uit om geld te maak maak maar gaan hierdie keer bloedneus kry. Altans ek hoop so.

Mariaan ·

Volg die joodse geldspoor, as jode nie voordeel trek nie sorg hulle dat dit ondergaan wat nie hulle suksesverhaal is nie , wonder maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.