Carl Pistorius aangekla ná ongeluk

Carl Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Carl Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius se broer, Carl, gaan van roekelose en nalatige bestuur aangekla word ná ʼn ongeluk buite Modimolle (Nylstroom), het die polisie in Limpopo gesê.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die besluit om Pistorius aan te kla is vroeër die maand geneem nadat hy nie ʼn verklaring oor die ongeluk afgelê het nie. “Die ondersoekbeampte het verklarings van die ander partye en ooggetuies gekry. Mnr Pistorius het ondanks talle pogings [deur die ondersoekbeampte] nie sy verklaring ingedien nie.”

Volgens Otto is die dossier na die hof gestuur waarna die staatsaanklaer instruksie gegee het dat daar aanklagte teen Pistorius aanhangig gemaak moet word. Die saak sal in Februarie in die Modimolle-landdroshof aangehoor word.

Pistorius se motor het in Augustus verlede jaar reg van voor teen ʼn ander motor gebots. Hy moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Hy en die bestuurder van die ander motor is ernstig beseer in die botsing.

Pistorius is in Mei verlede jaar vrygespreek op aanklagte van strafbare manslag na ʼn ongeluk in 2008 waarin ʼn motorfietsryer dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

schalk ·

Bly maar in die nuus vir die verkeerde redes. Wag in spanning vir die volgende oortreding.

CAV ·

Ek het nou al albei hierdie broers ontmoet ( Voor die moord ). Carl is n baie arrogante persoon en “ry” op die beroemdheid van sy broer.

pop ·

Waar het ek gehoor van die klippe wat moet opgetel en gegooi word as jy so wit soos sneeu is van heiligheid. Oja, dit was die Groot boek. Kan mense nie maar iemand anders kry om op te pik nie, soos elke jan rap en sy maat wat ook elke dag ongelukke maak.

petra van vuuren ·

lees ek nou reg? het sy motor met ‘n ander een gebots? ek verstaan nie lekker nie, hoe bots ‘n motor met ‘n ander een? sekerlik moet die motor bestuur word of hoe?

Helena ·

Sover ek weet, het Charl se motor stil gestaan in verkeer op die highway toe ‘n motor uit aankomende verkeer uit swaai en met Charl se motor gebots het. Die aanklagte gaan meer oor die feit dat hy nie ‘n verklaring afgelê het nie, en nie dat die ongeluk sy fout was nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.