Carl Pistorius uit hoësorgeenheid ontslaan

Carl Pistorius. Foto; Werner Beukes/Sapa

Carl Pistorius. Foto; Werner Beukes/Sapa

Carl Pistorius, Oscar Pistorius se broer, is uit die hoësorgeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal ontslaan nadat hy vroeër vandeesmaand in ʼn ernstige botsing buite Modimolle, Limpopo, betrokke was.

“Carl het veelvoudige beserings tydens die ongeluk opgedoen,” het Anneliese Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, Dinsdag in ‘n verklaring gesê. “Hy het skeurwonde aan sy hart en lewer opgedoen en ophou asemhaal,” het sy gesê.

Hy is verlede week uit die intensiewesorgeenheid van die hospitaal ontslaan, maar bly nog vir die volgende twee weke in die hospitaal vir verdere operasies. Hy sal ook vir rehabilitasie moet gaan om van sy beweegbaarheid te herwin.

“Carl is dankbaar vir die ondersteuning wat hy van sy famile, vriende en die publiek ontvang het,” het Burgess bygevoeg.

Die ongeluk het op 1 Augustus op die N1-snelweg buite Modimolle plaasgevind toe ‘n ander motor Carl se motor reg van voor getref het. Carl moes met meganiese toerusting uit die wrak gesny word. Hy en die bestuurder van die ander motor is albei met ernstige beserings na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die twee passasiers in Carl se motor is nie in die ongeluk beseer nie.

Lees ook:
Carl Pistorius steeds in hoësorgeenheid
Polisie ondersoek Carl Pistorius-ongeluk
Carl Pistorius “buite gevaar” ná ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.