Carletonville-hospitaalbrand doelbewus gestig

Die brand het in ‘n stoorkamer uitgebreek. (Foto: DA)

Die brand wat in Februarie vanjaar persoonlike beskermingstoerusting (PPE) en mediese toerusting van nagenoeg R20 miljoen by die Carletonville-hospitaal verwoes het, is doelbewus gestig.

Dit word nou boonop vermoed dat die brand gestig is om korrupsie rakende PPE te verdoesel.

Luidens die forensiese brandverslag is tekens van ’n versnelmiddel tussen die toerusting in die stoorkamer van die Carletonville-hospitaal opgespoor, wat daarop dui dat brandstigting die oorsaak van die brand was.

Dit is ook vasgestel dat geen lid van die publiek in daardie stadium weens die afsonderingsregulasies toegang tot die hospitaal gehad het nie, wat daarop dui dat die brand deur ’n personeellid gestig moes gewees het.

Die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi, het dié skokbevindings in ’n skriftelike antwoord op die DA se vrae in die Gautengse wetgewer bekend gemaak.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê nou hy vermoed dat die brand gestig is om korrupsie by die AngloGold Ashanti-hospitaal aan die Wes-Rand onder die mat te vee.

Altesame R16,5 miljoen van die toerusting in die stoorkamer was bestem vir dié hospitaal en R3,8 miljoen daarvan vir die Carletonville-hospitaal self.

Maroela Media het onlangs berig die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het bevind dat R500 miljoen vermors is aan opknappings by die Anglo Ashanti-hospitaal.

Volgens Bloom is daar ook aanduidings dat die brand by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg moontlik ook gestig is om van bewyse van korrupsie ontslae te raak.

“Dit is uiters belangrik dat brandvoorkomingsmaatreëls by alle hospitale opgegradeer word, en die brandstigters aangekeer en voor stok gebring word,” sê Bloom.

’n Saak van brandstigting is by die polisie aanhangig gemaak hoewel niemand nog in hegtenis geneem is vir die brand by die Carletonville-hospitaal nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

As die skuldig ‘n personeellid is kan dit SEKERLIK nie moelik wees met ‘n bietjie speurder werk om hy/sy vas te trek nie?

Anel ·

Wat is nuut! So asof ons as leke dit nie al lankal vermoed het nie!

Misky ·

Die kaders is darem lief vir ‘n vlam…… glo dit maak alles reg

ROELOF ·

Hoeveel van hietdie gemors moet die belastingbetaler nog sluk en betaal. Hoogtyf dat belasting teruggehou word totdat die korruptes agter trallies is.

Hardekwas ·

Sluit die hospitaal permanent en dank almal af sonder enige pensioen of ander voordele, totdat die skuldiges uitgewys word en tronk toe gestuur word.

Nie Verbaas ·

Dit is nou mense wat vereis dat hulle respekteer moet word. N oordentlike ondersoek deur bekwame persone sal vinnig die kort van minimum intellek persoon of persone identifiseer. Hulle arrogansie verstom mens.

Karen ·

Ek is glad nie verbaas nie, hoe dan nou anders in hierdie verrotte land

Casper ·

Niemand is al gearresteer nie en niemand sal gearresteer word nie want dit is Ramoie se pélle wat agter die korrupsie sit.Hoekom is Mkhize nog nie strafregtelik vervolg nie.

Swerwer ·

Het dit die heeltyd vermoed maar mag niks sê nie. Die ANC rol mos in die miljoene, hul gaan mos nuwes bou na die verkiesing. Pateties!

Jr ·

Maar hier in Carletonville staan die stem posters derhonderde op die straat lampe waarvan nie een werk nie met Squirrel se gesig op en aankondig ” Working together to make Merapong ( nie verkeerd gespel, net n beskrywing van hierdie rioolstad) a better place. JA NEE. SURE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.