‘Carte Blanche’-span tydens verfilming beroof

‘n Skermgreep uit die insetsel.

Wynand Grobler, uitvoerende vervaardiger van Carte Blanche, het Woensdag gesê dit was ʼn traumatiese ervaring toe ʼn verslagspan van dié nuusinstansie beroof is juis terwyl hulle besig was met die verfilming van ʼn insetsel oor misdaad in Johannesburg.

Dié insetsel wat die oprig van sekuriteitskameras bekend as Vumacams in Johannesburg onder die soeklig plaas, is Sondagaand op Carte Blanche uitgesaai.

Masa Kekana, ʼn nuwe gasaanbieder van die program, en ʼn kameraspan het op 14 Maart ʼn onderhoud oor dié veiligheidskameras in ʼn straat in Blairgowrie in Randburg verfilm waarna hulle met hul kameratoerusting na die vervaardiger se huis in dieselfde straat gestap het. Gewapende rowers het egter die span vanaf ʼn afstand dopgehou en toe die span die huis in gevolg, verduidelik Grobler.

Die verslagspan is in die huis gedwing om op die vloer te lê waarna hulle van hul kameratoerusting, selfone en skootrekenaars beroof is. Die rowers het daarna op die vlug geslaan.

“Dit was ʼn groot skok gewees. Ek dink nie ʼn mens dink dit gaan met jou gebeur terwyl jy ʼn onderhoud doen nie. Jy weet wat die tema is waaroor jy nou praat, maar jy dink nie dít gaan met jou gebeur nie,” het Grobler gesê.

Kekana, wat behoorlik ʼn vuurdoop gehad het gedurende haar eerste insetsel vir Carte Blanche, het gesê sy kan nie in dié stadium kommentaar lewer oor die voorval nie aangesien die ondersoek daarna nog nie afgehandel is nie.

Grobler het bevestig die span is genadiglik nie in die voorval beseer nie, maar was wel getraumatiseer. Volgens hom is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Dit is nie duidelik hoeveel rowers by die voorval betrokke was nie.

Ondanks talle pogings kon die polisie nie die voorval aan Maroela Media bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CJ ·

Wel, as rowers polisiestasies kan beroof, kan ons seker enige iets anders ook verwag. Net jammer die CB-span kon nie die rowers verfilm het nie. Welkom o stille dag vol rowers!

Anni ·

Dis omdat die misdaadigers sulke lekker straf Kry. Sit heerlik in tronk en niks doen, staak so af en toe oor di kos ni smaaklik is ni, en ontsnap ook so nou en dan.

Lynette schultz ·

Kan hierdie erg getraumatiseerde mense hulle indink hoe dit vir plaasaanval-slagoffers moet wees wat ONMENSLIKE marteling verduur en op die wreedste maniere doodgemaak word?

Leonard ·

Welkom in SA dankie ANC die rower het mos meer reg as jy wat n eerlike landsburger is

Foxi ·

Ek kan dit nie glo nie……goeie hemel mense. Sal en kan mense nooit verstaan hoe gevaarlik SA nou is om in te woon nie! Ons as gesin was ook al deur sulke aanvalle. Jy voel niks as dit NIE met jou al gebeur het nie. Dis n helse trauma wat jy deurgaan. Jy weet nie of jy moet haat of lag nie. Dae en nagte byt jy op jou tande, jou binneste voel kwaad en jou gedagtenis hardloop met jou weg as jy net daaraan dink! Maar hierdie soort dinge sal eers ernstig opgeneem word sodra daar iets regtig verskrikliks gebeur in ons land en sy mense. Hou vas Carte Blanche en hou so aan met jul goeie werk!

HPV ·

Helhool, wie moet ons eintlik bedank? Die NP en hul onderhandelaars.

Stripes ·

Nee mense, kom nou asseblief. In SA is daar nie iets soos misdaad, moord, korrupsie of diefstal nie, altans nie volgens die anc president nie.

willem Botha ·

Ek gaan weer sê die kriminele doen wat die sogenaamde “polisie” hulle toelaat om te doen ,kry n goeie polisie mag en misdaad raak minder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.