Caster en die ‘rassistiese’ skoene

Die paar Nike-tekkies wat die omstredenheid veroorsaak het

ʼn Herrie het vandeesweek op Twitter uitgebars oor ʼn paar blou-wit-en-oranje Nike-tekkies wat Caster Semenya, ʼn Suid-Afrikaanse atleet, op haar profiel gedeel het.

In die inskrywing, wat deur talle ander foto’s van Nike se skoene gevolg is, sê die steratleet dat sy baie van die skoene hou. “Love your kicks,” lui die inskrywing. Die twiet was egter volgens baie Suid-Afrikaners onsmaaklik, omdat die kleure van die skoen hulle aan die ou Suid-Afrikaanse vlag herinner.

Maroela Media het in Augustus berig die gelykheidshof, wat in die hooggeregshof in Johannesburg sit, beslis het dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag in ʼn sekere konteks op haatspraak neerkom.

Talle van Semenya se volgelinge op die sosialemediaplatform het haar uitgejou en gesê dat sy onkundig is en die ou vlag bemark aan verbruikers wat haar as ʼn rolmodel beskou.

Selfs Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het gal gebraak oor dié skoene. In sy inskrywing het die minister gevra, “Wat is dié kleure? Lyk soos die apartheidsvlag.” Semenya het teruggekap en foto’s van die Johannesburgse metropolisie se motors gedeel, wat ook in oranje, wit en blou geverf is. Ander verbruikers het aan Mbalula verduidelik dit is dieselfde kleure van die vlag van New York en ander het daarop gewys dat e-tolborde in Gauteng ook met dié kleure geverf is.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, wat onlangs ook in die hof moes draai ná hy volgens die Nelson Mandela-stigting (NMS) die uitspraak geminag het deur ʼn foto van die vlag te twiet, het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi. “Het sy nou net haatspraak gepleeg?” wou Roets weet. Die Konstitusionele Hof het besluit om die NMS se aansoek om verlof tot appèl oor die vlagtwiet-saak uit te gooi. Die hof het AfriForum en die NMS in kennis gestel dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die appèlsaak aangehoor word nie. Die hof het nie ʼn kostebevel gemaak nie.

In Oktober vanjaar moes Woolworths ʼn wit, blou en oranje Country Road-sak van sy rakke verwyder na ongelukkigheid oor dié sak ook op sosiale media gedeel is. Die handelaar het om verskoning gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Vra net ·

Hoe lank voor die oranje, wit en blou kleurkryte verban word? Dan volg daar seker ‘n verbod op verwe van daai kleur. Wat is volgende, verbanning van blou lug, wit seeskuim en oranje sonsondergange? Totaal onsinnig.

Biebie ·

Ek het nie woorde hiervoor nie HAHAHAHAHA HAHAHA HAHAHAHA
*P. A. T. E. T. I. E. S* Gaan hul ons nou verbied om daai kleure te dra? Wens hul wil ophou om dit die ‘apartheidsvlag’ te noem. Dis die ou Suid-Afrika vlag.

Astrain ·

Waar kan ek asb 10 pare bestel? Ek en my mense wil elke dag iemand affronteer ~ dis so maklik…????

Se maar net ·

Ek het presies dieselfde gedink, die volgende wat ons hoor is dat oranje, blou en wit verbied word om gedra te word…

Vra maar net ·

Hahahaha ja ja en daar slaan drm iemand toe op di ou end di spyker op di kop!!!!!! ek wonder wat gaan nou weer gesê word oor di metro se karre se kleur en di e- tol borde gaan dit ook nou re – paint word want dit stel mos di ou apartheid vlag kleure voor, hierdie hele Suid Afrika is behep met apartheid en di arme ou vlag ek sal so bly wees as di sekere “mense” net wil bykom as hulle net di 3 kleure sien en dit dan wil voorgee as apartheid

Hannetjie ·

Vir my ook regtig pragtig.Hoekom nou weer politiek hierby insleep.Sommer pure kinderagtigheid.Hoop Caster breek rekords met hierdie tekkies

Kiskar ·

Kan nie wag om al die grappies te lees wat op híérdie storie gaan volg nie :-)

André Lategan ·

Hoe kleinlik kan hulle tog nie wees nie hak vas aan een ding . Bou ñ brug en kom oor dit. Hulle wil alles so graag verander kry eerder julle staats departemente in orde. Mnr Prasa wat ook nou onder administrasie is.

Christa ·

Die anc is so behep met SA ners se trots. Plaas hulle na die regeringsake omsien wat in hulle tyd so vervalle geraak het. In die out regering was daar nog nooit so n gemors met staatsdienste nie.

Alex ·

Ag ou Gert! Laat ek dit vir jou anders stel: Small stories amuses small minds.

HV ·

Daar word deesdae sulke snaakse en onosele uitsprake gemaak dat n mens maar net jou kop kan skud en dit nogal deur regerings amptenare en ministers.
Gn wonder ESKOM en vir alle praktiese doeleindes die hêle staatsdiens is bangkrot nie, dié mense het dit eenvoudig nie in hulle om n staat of enigiets anders te bedryf nie, hulle hoort nie amper in n regering nie. Die massa met n baie lae begrip stem vir hulle.

Nettie ·

@HV, ek dink ek het niemand nog ooit ‘n waarder woord hoor spreek as jy nie. Inderdaad, die laer intelligensie (begrip) massas wat stem vir die onvermoënde bewindsparty. G’n wonder die land is so in sy m**i in nie. As mens darem kyk wat om jou aangaan, watter misdaad maar net die kop oor geskud kan word en dies meer ….

VanAfrika ·

Ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha!!!!!!!!!!!!!Dubbele standaarde.

Verstom ·

Belaglik.
Gaan hulle NIKE nou hof toe sleep? Mal genoeg om dit te probeer doen.
Gaan SANRAL en Johanndesburg metropolisie seker nou verplig om miljoene rande te spandeer om alles oor te verf.
Gekkigheid. Dit is net kleure.
Lekker draf met daardie skoen Caster

Oom Willem ·

Vrees vir die mense wat die land onder daardie vlag tot ‘n eerstewêreldland opgebou het veroorsaak die paranoïese gedrag by die steeds agtergeblewenes wat besig is om die land terug te neem na waar dit 400 jaar gelede was en waar hulle omstandighede kon verstaan.

Katryn ·

Agge nee man. Volgende gaan aangevra word dat oranje, wit en blou amptelik van die kleurspektrum verwyder word..!! Regtig. Kom oor julleself

Antoini ·

Regtig? 3 Kleure?
Hoe kinderlik naief en spontaan idioties!

Martie ·

Een van die dae gaan ons nie meer enige orange wit of blou klere mag dra nie. En dan ook nie die o-woord of w-woord of b-woord mag se nie

wraggies ·

Pleks dat Mr Fixit die treine reg maak (asof hy kon) steur hy hom aan sulke snert, geen wonder dat niks waarmee hierdie regering te doen het werk nie, Mr fixniks het net weer sy onkunde bewys.

Rabes ·

Dit is die kleure van die Nederlandse vlag. “ Die Prinse vlag”

James ·

Die land se krag is besig om plat te val en die mense worry oor verf kleure. Aai siestog moet seker erg wees om met so brein heeldag te loop.

Penellope Jones ·

Dis nou as mens so fyngevoelig is om alles met ‘n rassistiese uitkyk te sien, beleef en te verkondig met die doel om kwaad te stook!
Dis net kleure wat in die kleurspektrum voorkom.

Genoeg ·

Wie ken nog die gediggie, Oranje, Blanje, Blou, die Boere jaag die Kakies flou? ……Het ons dit nogal altyd uit volle bors en soos een man opgesê. Ai, waar is die goeie ou dae heen?

Asmain ·

Nike gaan nou seker omverskoning vra en die tekkies van die reeks onttrek! Asof SA n wêreld meningsvormer is. Belaglik

humor ·

Waar kan ek van die tekkies te koop kry. Dit het absoluut niks met die landsvlag te make nie. Op Genius Records is ons politisie die belaglikste ter wereld.

George in Bloem. ·

Lyk vir my kleur bly maar die grootste “issue” vir die ANC. Mens sal amper sweer daar’s nie groter probleme in die land wat hulle aandag verg nie? Wat ‘n sotlike belaglike spul.

lewies ·

Daar is teveel oor oranje oorpakke die afgelope tyd gepraat.

Nie_Meer_Da_Nie ·

Die ANC kan nie kleur sien nie want die krag is af…

JohanR ·

Dit is darem soe lekker om die oranje, wit en blou ooral te sien. Soeveel helderer as daai lelike ANC klere! Oranje, wit en blou gee jou vlerke ANC….vra vir Caster. Kan ek ‘n paar Caster Nike’s iewers koop?

André-Chris ·

Dis maklik om te sê “oranje, wit en blou, of oranje, blanje, blou ‘ en dit val lekker op die tong. hoeveel kleure het die nuwe landsvlag nou weer?

Noem dit gou.

Hb ·

Die grootste probleem tans in hierdie land is dat brein krag saam eskom krag load shed!!!!

Genoeg ·

Dit laat dink my aan die destydse advertensie van Cremora: “It’s not inside, it’s on Top”. Die ouergarde sal dit beslis onthou en dit is hier pragtig van toepassing. Hehehe!!!!!

André-Chris ·

Die wiel het gedraai, ons is terug by die dae oor hul reaksie oor Bok van Blerk se ‘De La Rey, De La Rey’.

My mening ·

Well done, Caster! High time that our dear government stop being racist & stop using history to divide the people of South Africa.

Snak na seem ·

Rêrig? Wil voorkom of sommige mense niks het om te doen as om ALLES te verdraai as rassisties. Dis omdat hulle die grootste rasiste blyk te wees. Waarvan die hart van vol is…….. Dis skokkend, belaglik en hartseer.

Ai Tog ·

Wat is volgende? Gaan oranje, wit en blou ook nou as rasisties beskou word? Word groot mense.

Koos de Meyer ·

Ek weet nie of ek kleur blind is nie maar ek sien nie ‘n landsvlag op die skoene nie.

Johanna Botha ·

Ignoreer die mense hulle so behep met die verlede ….hoe ry mens vorentoe as jy heeltyd in jou truspieel kyk ….HOE !

Gemaskerde Sopbeen ·

AL Nike se nuwe skoene is oranje, wit en blou……….gaan google dit!!! Ek het nou net 10 pare bestel…..kan nie wag om hulle te dra nie!!

Rassi ·

New York gaan nou gedwing word om sy vlag te verander en sal om verkoning, aan die “Eskomplegers”, vir hul onsensitiwiteit moet vra

EO ·

Word alles nou aan die ou landsvlag gekoppel?? Genade, maar hulle is kleinlik. So, mens mag niks dra wat oranje, wit en blou inhet nie. Steur julle eerder aan die ander gagga wat in ons land aangaan. Skoenmaker hou jou by jou lees.

nannie ·

Well done Caster. Ek sal ook hou van so paar tekkies.
Nou gaan die land seker vir Nike se dat hulle asb die kleure moet verander.

Nonnie JvR ·

Lékkerrrr kap Casper hulle terug met die kar se kleure!

Louis ·

Het die foto gesien.het glad nie eers aan die ou vlag gedink nie,tot iemand die ou sakie aan geroer het.pleks hulle bly net stil.

Christo ·

Dis ‘n wonder CR het nie sy besoek aan Egipte kortgeknip om eerder die Oranje, Wit en Blou “tekkie” probleem uit te sorteer nie……

Lee ·

Dis nie ‘n vlag nie dis ‘n sneaker. Is hulle almal blind. Kan nie glo hulle is tog so bang vir die ou vlag nie. Sal sweer dit spook by hulle……

Kobus ·

Hulle is net kwaad want dit is n kleur, n valg wat hulle herhinder dat in daai tyd als gewerk het en dat hulle in meer as 25jaar die land na sh-thole status gebring het en dat sommige kleure net plane weg beter is as hulle.

André André ·

Ons moet onthou Fikile was voor Julius die ANC jeugliga sa leier.

Dorita ·

Pragtige tekkie. Laat die wat in die modder wil bly en stoei dan maar daar bly. Hulle het vasgehaak in hulle probleme in 1995. Ons bly trots afrikaans en boere, maak nie saak watter kleuer gebruik of gedra word nie

Ansie ·

Dit geen my ‘n idee. ek wonder nou al lank watter kleur om my huis te verf. Nou weet ek. Jippie!!!!!!!

Mariette Hammann ·

Haha!! Lekker teruggekry!! Die minister van “Transport” moet sy neus liewer uit die “Sport” deel uithou, anders lyk dit of hy in ‘n “trans” is. Bestee eerder jou aandag aan die boelies in die Metropolisie wat onskuldige mense aanrand!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.