Caster raak net al hoe beter

Caster Semenya vroeër vanjaar in aksie. Foto: Reg Caldecott / ANA

Die sewende Diamantliga-byeenkoms het Saterdag (30 Junie) in Parys plaasgevind en dit was Suid-Afrika se Caster Semenya wat weer die kollig gesteel het.

Semenya het haar persoonlike beste tyd in die 800 m aangeteken toe sy geseëvier het in 1 minuut 54.25 sekondes. Haar vorige beste tyd was 1:55.1. Semenya het daarmee haar derde goue medalje in vanjaar se Diamantliga-reeks gewen.

Ander Suid-Afrikaners wat in Parys in aksie was, sluit in Akani Simbine wat sy beste tyd dié seisoen in die 100 m vir mans aangeteken het. Simbine se tyd was 9.94 sekondes. Ronnie Baker van Amerika het die wedloop in 9.88 sekondes gewen.

Antonio Alkana het in die 110 m-hekkies ʼn vierde plek behaal in ʼn tyd van 13.32 sekondes. Daar was ook ʼn vierde plek vir Luxolo Adams in die 200 m in 20.21 sekondes.

Die volgende byeenkoms in die reeks word op 5 Julie in Lausanne, Switserland, aangebied.

Die reeks van 12 byeenkomste en twee finale eindig op 30 Augustus.

Meer inligting is beskikbaar by: https://www.diamondleague.com/iaaf-diamond-league/

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.