Caster se goud verseker 10 medaljes vir SA

Caster Semenya Foto: Google Olympics

Caster Semenya Foto: Google Olympics

Caster Semenya het Sondagoggend ʼn gouemedalje verower in die 800 m vir vroue by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië.

Caster het in ʼn tyd van 1:55.28 die afstand afgelê voor Francine Niyonsaba van Burundi wat in ʼn tyd van 1:56.49 klaargemaak het. Margaret Wambui van Kenia was in die derde plek met ʼn tyd van 1:56.89. Kanada, Pole, Engeland, Belarus en die VSA kon nie podiumplekke verseker nie.

Dit is Suid-Afrika se tweede gouemedalje, nadat Wayde van Niekerk in die 400 m vir mans ʼn nuwe wêreldrekord opgestel het.

Dit is die derde keer in die geskiedenis van Suid-Afrika se deelname aan die Olimpiese Spele dat die land 10 medaljes kon verower. Suid-Afrika het dit onderskeidelik ook in 1952 in Helsinki en 1920 in Antwerp reggekry.

Lees alle vorige berigte oor die Olimpiese Spele op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Welldone ·

Welldone Caster, jy het koelkop gebly, ons is ongelooflik trots op jou en uit die vel uit bly vir jou!

ekke ·

Dit is absolute fantasties.
So trots op jou. Dankie dat jy ons land die eer aan doen. WOW

Cherokee ·

Al daardie vroumense het byna ‘n kilometer in minder as 2 minute gehardloop. Ongelooflik.

Anie ·

Baie geluk Caster, ons is baie trots op jou, jong! Voorspoed vir jou!

E.K. ·

SOO trots op Caster en AL ons atlete. Elke liewe een! Mag die verdampte regering nou besef hul moet baie meer bele in atlete. Net in die marathon het die kommentators bespiegel oor hoeveel die VSA atleet wat derde gekom het as aanbiedinge gaan kry om hom toe te le op die marathon en nie meer die 10 000 meter te hardloop nie. Ons sakereuse kan gerus ook bietjie hand in die sak steek. As mens lees van Chad Ho, die vrywater marathon swemmer en hoe hy sukkel om borgskap te kry (die tipe swem word nie deur die regering ondersteun nie) en hy het verlede jaar goud by die FINA wereldbyeenkoms behaal en was 10e in die Spele. Sekerlik as ouens soos hy meer borgskappe kry en hul meer kan toele op hul sport en buitelandse deelname kan ons nog meer medaljes kry. Maar as jy nie genoeg kan oefen en nie hoef te bekommer waar jou geld vir toerusting, petrol om by plekke waar jy moet oefen kan kom, en al die res, wel, wat kan mens verwag? Daar is meer sulke atlete wat baie beter kan presteer as hulle nie hul heeldag moet bekommer oor fianansies nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.