‘Castro moet nié ons rolmodel wees’

fidel-castro-brealtv

Argieffoto: Fidel Castro

Die vakbond Solidariteit het Donderdag na adjunk-president Cyril Ramaphosa gekap nadat hy Fidel Castro as “een van die grootste revolusionêre van ons tyd” beskryf het.

Dr. Eugene Brink, senior politieke navorser by die Solidariteit Navorsinginstituut, het gesê Ramaphosa moet “sy ideologiese bril afhaal” en Castro na behore beoordeel as “ʼn moorddadige, onverdraagsame diktator wat vryheid ingeperk het”.

Dit volg nadat Ramaphosa Woensdag, tydens ʼn roudiens vir Castro in Khayelitsha, Kaapstad, gesê het Suid-Afrika het ʼn leier soos Fidel Castro nodig wat die belange van sy land voor sy eie stel.

Volgens Brink het Suid-Afrika reeds genoeg Castro’s wat as’t ware net hul eie belange dien onder die dekmantel van sosialisme. “Castro het ʼn ideologie – en daarmee saam sy eie belange – bo sy land geplaas en duisende mense het met hul lewens daarvoor geboet,” het Brink gesê.

“Castro was inderdaad beginselvas en het juis die verkeerde beginsels rotsvas en met ʼn ystervuis toegepas. Hy het armoede eweredig onder die bevolking versprei en sodoende al die talentvolle mense uit die land gedryf.”

Brink het verder aangevoer demokratiese waardes en beginsels, soos die reg van assosiasie, organisering, protes, spraakvryheid en arbeidsvryheid, is sedert die aanvang van Castro se bewind erg geskend en growwe skendings daarvan kom vandag nog voor. Volgens Brink strook hierdie waardes gladnie met Suid-Afrika se politieke kultuur nie.

“Ramaphosa kyk eenogig na Castro se relatiewe suksesse in die gesondheidsektor en onderwys en nie na die ontheemding, onderdrukking en moorde wat onder Castro se heerskappy plaasgevind het nie. Tussen 1959 en die laat 1990’s is sowat 100 000 Kubane om politieke redes gevange geneem. Geweld is teen almal gebruik wat durf waag het om krities te wees. Is dit nie die soort goed waarteen die ANC baklei het nie?” het hy gesê.

“Wat help dit jy kry gratis gesondheidsorg as jy dae lank in toue daarvoor moet wag en jou werktyd – wat vir die mediese sorg moet betaal – daarvoor moet mors? Dit help ook nie jy lei ingenieurs en medici op net sodat hulle moet immigreer om iets van hul lewens en loopbane te kan maak nie.”

Castro, die voormalige president van Kuba, is verlede Saterdag in die ouderdom van 90 in Havana dood. Castro was amper 50 jaar aan bewind, van die gewelddadige magsoorname in 1959, tot sy aftrede in 2008. Pres. Jacob Zuma het vandeesweek na Kuba gereis om Castro se begrafnis by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan ·

Waarom het Rama dit werklik gesê? Kom agter die kap van die byl.

Josua Keys ·

Dit is waarom daar aardverwarming tans is dit is mense soos die wat die hel se vure net sterker laat brand dit het niks met klimatisering te doen nie, dit is al die ongelowiges. moordenaar, verkragters en inbrekers wat dit helse hitte golwe regoor die wereld veroorssaak en dit gaan nog erger raak!!!

TTh ·

Soort soek soort, of dan ‘brothers in crime’ = semels. Dit kon nie anders nie.

Chris ·

Die ou gesegde lui mos, soort soek soort. As jy saam met die honde lê gaan die vlooie jou vreet. Ek kan dit nie glo dat enige regdenkende persoon ‘n ophef van Castro kon maak nie. Hy was ‘n onstabiele skisofreniese diktator. Maar so is dit mos. in Spreuke sê dit “wee die land waar die slaaf koning word”

Jan ·

As hy so op Ikeys se kampus gestaan het en na die noorde gewys het, wat dan?

Lance ·

En Kuba is natuurlik n reuse sukses ne …hehe ja sure dis n gemors

Rupert Ashford ·

Sy “suksesse” was juis te danke daaraan dat hy ‘n despoot was en enige protes kon onderdruk en verder sekere dinge afdwing. Dinge soos dissipline is op mense afgeforseer. Sal die ANC en ander regerings hom dit kan/wil nadoen? Persoonlik was hy maar ‘n uitvaagsel…

Max ·

Hy is in Afrika n held omdat hy baie mense vermoor en laat vermoor het !

FM ·

Nee wat, as die anc Castro aanhang, is ons voorland die muishond van die wereld. Kom nou anc, maak oop jul oê en ore. Asseblief tog.

Lance ·

Presies hy het almal wat hom wou teegaan onderdruk en hulle stil gemaak ….SA is n demokrasie maar dit lyk my presies asof die anc sy beginsels goedkeur en wil najaag ….die weste en die EU se mense gaan nie na sy begrafnis maar die hele Afrika is daar selfs Mugabe is daar …dit se baie van sy beginsels en nalatenskap vir sy mense …dis eintlik maar n gemors presies nes die res so soort soek maar soort.

Jan ·

Gaan daar nou van hom ‘n standbeeld langs Nelson s’n opgerig word? Dan kort daar nog een om die prentjie volledig te maak, nl, Lenin.

Rupert Ashford ·

Jan en dan kan hulle maar een vir Lucifer langs die hele ou spul staanmaak om die prentjie te voltooi.

miv ·

Chris, stem saam met jou. Hoekom die regering ou Castro like, is omdat die ANC nie die opstande in ons land kan beheer nie (kyk nou maar net die onbeheerde studente verwoesters) en dit liewer sou wou onderdruk deur uitwissing van die oproerigers.

Johannes Meintjes ·

Die derde wereld is skynbaar geneig om figure soos Castro, Marx, Lenin of Che Guevara as super-idiliese helde te verhoog in die versugting vir beter dinge wat uit eie onbeholpenheid voortspruit. Dit terwyl die werklike feite of skadelike meganismes van diesulke “helde” se optrede en werkwyses nooit nagegaan word nie, en die aanbod van Westerse hulp dikwels gewantrou word.

callie ·

Hier is die groot bekommernis .Vir die ANC en hul swart volgelinge was wat Castro gedoen het heldedade en hul verafgod sy nalatenskap. Dit is die tipe mentaliteit waarmee ons in SA opgeskeep sit. Dit is hoekom alles verval en agteruitgaan. Word wakker, dit is die tipe leiers in SA.

Verwonderd ·

Ek het eenkeer iemand hoor sê – Ryk vir die sterre en jy tref miskien die boomtoppe. Stel jou versiere op die ou.., en jy duik kop eerste in naaste klip vas…

Manie ·

Kyk gisteraand n program op TV oor die man. Die gemiddelde inkomste van n persoon in Kuba is 200$per jaar. Let op nie n maand maar n jaar. Wil die anc en eff wat hom so aanhang asb sy loon beleid implementeer dan kan my besigheid dalk weer n wins wys

John ·

Castro was ‘n blanke en Portugees van afkoms. Sy van is Ruz. En ek dog blankes is die skuim van die aarde… Wat die ANC nastreef, sosialisme en kommunisme, word dus eintlik hier beklemtoon en sodoende probeer die ‘fat cat’- leiers in SA hul medemens weereens tot onderdanigheid bekeer. Ons moet besef hierdie groot vertoon het niks met Castro te make nie, maar is eerder ‘n openbaring van die siel en psige van ons landsleiers en van Afrika. Die Mogabe-regering is ‘n volmaakte voorbeeld van die suksesvolle navolging van die Castro-leerstellings en uiteindelik… ‘n groot begrafnis en blyke van eer.

PJ ·

Wys jou maar net wat wag vir ons as Cyril president word….HY erger as Zuma

gertjie ·

Jip ek het nie n lekker gevoel oor ou Cyril nie. Het hy nie ook iets met MK te doen gehad nie? Aan die anderkant – ek vertrou nie een van hulle nie
Die Filistyne is op ons se ek julle.

FM ·

Hier kom groot moeilikheid!!!! Is die eff en anc van plan om castro se beleid te implementeer. Hulle soek die blankes se hardverdiende geld. Hulle is jaloers op ons. Hulle wil ons ekonomies gelykmaak sodat almal n karige loon moet kry. Hierdie is alles teen die kapitalisme gemik. Hulle wil dat die werkers moet regeer. Dis Marxistiese kommunisme. Zuma vry na die kommunistiese oosterse lande, net soos mugabe na die chinese vry. Intussen verryk die chinese hulle al te lekker in Zim!!!!Onder Zuma en anc is SA besig om die muishond van die wereld te word. Zuma wil SA weg kry van westerse kapitalisme en na oosterse kommunisme neem. En dit gaan oor verdeling van rykdom, blankes moet hul hardverdiende geld deel met die wat net wil hê en hê so nder om te werk daarvoor. Hulle sal nooit finansiëly gelykheid kry nie, want party mense werk eenvoudig harder as ander. Gaan groot of gaan huistoe, maw gaan huistoe!!!!Gelukkig het ons instellings wat ons sal help.

FM ·

En Cyril Ramaphosa stel my teleur. Is hy gedwing om so n politieke ophef van Castro te maak.eff moet onthou Castro was n witman, die witmense waarop hy so hatig( jaloers) is.

Willem Bornman ·

Natuurlik prys die ANC vir Castro, en hy was vir hul n rol model. Kyk hoe het Cuba dan ingemeng met die grensoorlog, Cuba is nog altyd n ondersteuner van die kommunistiese bewegings in Afrika.
Net so is Suid-Afrika ook kommunisties onder die mantel van demokrasie.
Demokrasie is die grootste gemors, want elke ene se stem tel ja, maar elke een van hul wat se stem tel is onopgevoede en gebreinspoelde massas. Soos wat Cuba kamma die Afrikaners verslaan het met Cuito Cuanavale.
Nasionale sosialisme is die antwoord vir ons probleme, waar jy n sisteem het waar die welstand van die volk eerste geplaas word, maar ook nie die volk op piep met “grants” en liefdadigheid nie. Die sisteem moet daar weea vir ons om te werk, ons arbeid gee ons welstand, ons arbeid gee ons dan n doel, in die proses word die land en volk opgebou. Nie soos ons kamma demokrasie ons laat werk vir geld, iets wat as te ware nie regtig bestaan nie, sodat ons dan weer helfte van die maand nog geld moet leen om te oorleef en so agter uit gaan nie.
Wel dis my opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.