Catzavelos nou ook voor gelykheidshof gedaag

Adam Kazavelos buite die landdroshof in Randburg. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die saak van crimen injuria teen die sakeman Adam Catzavelos is Woensdag uitgestel omdat die staat nog besig is om die dokument van 68 bladsye wat hy ingedien het te bestudeer.

Catzavelos het in die moeilikheid beland toe hy verlede jaar ʼn video van homself gemaak het waar hy in Griekeland die k-woord gebruik.

Die video het op sosiale media beland en blitsvinnig versprei.

Dit het ook die aandag van die EFF getrek, wat gevolglik ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak het. Die saak het uiteindelik in die hof beland.

Die staat het die Randburg-landdroshof gevra om die saak uit te stel sodat die dokumente bestudeer kan word.

Lawley Shain, Catzavelos se regsverteenwoordiger, het gesê ʼn dagvaarding, in Grieks, is intussen ook op Catzavelos beteken. Die datum waarop Catzavelos in die hof in Athene oor die video moet verskyn moet nog vasgestel word.

Shain het gesê die brief uit Griekeland lui dat Catzavelos beskuldig word van aanklagte wat verband hou met die aanhitsing en uitlokking van geweld en diskriminasie teen ʼn groep mense.

Catzavelos staan nou ook in die gelykheidshof tereg nadat die Menseregtekommissie (MRK) ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het. Dié verhoor begin op 5 Augustus.

Buite die hof het die Gautengse bestuurder van die MRK, Buang Jones, gesê Catzavelos wou die saak buite die hof skik sonder om skadevergoeding te betaal. Weens die erns van die oortreding het die MRK geweier om te skik vir ʼn bedrag van minder as R200 000.

Jones het gesê hulle wil hê ʼn hof moet ʼn bevinding oor die kwessie maak.

“Hulle voer aan dat Catzavelos bereid is om sensitiwiteitsopleding te ondergaan, asook om een of ander vorm van gemeenskapsdiens te doen vir die optrede waarvan hy beskuldig word. In sy beantwoordende verklaring erken hy dat sy optrede op haatspraak neerkom,” het Jones gesê.

Volgens hom voer Catzavelos aan dat hy in ʼn finansiële verknorsing is, maar dat dit nie deur enige bewyse gestaaf word nie.

Die EFF het ná die hofverrigtinge gekla omdat die saak so lank neem om afgehandel te word.

“Ons het tydens die vorige hofverskyning met die aanklaer vergader en dit duidelik gemaak dat ons ʼn spoedige verhoor wil sien,” het die EFF se Gautengse voorsitter, Mandisa Mashego, gesê.

“Rassisme moet ernstig geneem word en ons is bly dat die internasionale gemeenskap, veral die Griekse owerhede, ook besluit het om Catzavelos strafregtelik te vervolg. Dit beteken hy kan nêrens wegkruip nie.”

Die saak teen Catzavelos is tot 29 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kallie ·

Maar die ander enetjie kruip nog lekker weg in Denemarke. Dit is om van naar te word. Die buiteland moet konsekwent wees en aanhitsers visums weier.

Se maar net ·

Probleem is hy het waarheid gepraat en dit maak seer. Res se leuns word geduld want in die land leef ons in ontkenning van die werklikheid en die waarheid.

Gert van Wierdapark ·

Ons ambaas-sadeurtjie se tirade teenoor ons in SA, verdien seker ook n boetetjie van so R250 000. Na haar “berisping” deur ons mini-ster van Buite-landse Sake, het die poppie mos weer negatief getwiet! Dis tyd dat haar tjank afgetrap word, twiets en al!!

John ·

Uit ‘n geregtelike hoek moet mens vra of die opmerking wat in die buiteland gemaak is plaaslik verhoor kan word. Is dit nie ‘n saak vir die land waarin dit plaasgevind het nie. Hoekom neem die SA-regering dit so persoonlik op. Die man is wel ‘n S-Afrikaner, of is hy dalk nie? Indien ‘n swart man dieselfde woorde geuiter het, sou dit oorgesien gewees het. Ons sit met ‘n oorwig human righters hier wat self geen wrong pleeg nie… Die aankoms by die hemelpoort gaan sekerlik eendag nogal interessant verloop…

m.d.r ·

Daar is nog ‘n K—-woord wat vrylik deur die “haat witmense brigade” gebruik word–veral deur Swart meelopers….
Dit is die woord KILL…the farmer, the Boer ..all the whites…….
Hoeveel gevolge is daar vir die gebruik van die K…woord deur Blankes..? ‘n gekweste Ego miskien. Of ‘n belediging…?
En die moontlike gevolge van die K…ill woord…? Hoeveel moorde is nie al gepleeg as gevolg van die aanhitsing deur hierdie woord nie ..?
Dit is openlike aanhitsing tot misdaad–die ergste van alle misdade..die neem van ‘n lewe..!
Hoe weeg ‘n gekweste ego op teen ‘n dooie witmens ?
Mens kan eintlik beweer dat instansies soos die “gelykheidshof” as gevolg van hulle gebrek aan optrede teen sulkes medepligtig is aan die aanhitsing van moorde.
“Gelykheidshof “…? gelyk aan wat…..? ! Dis ‘n belediging vir SA se hele regstelsel…!

Johan ·

Hulle sal net die mense met ligte velle maksimaal en amper ewigdurend vervolg in al wat ‘n hof is. Maar die donker rassiste het ‘n vry sê en kom weg met allerhande gruwelike haatspraak.

jaco ·

griekse naam en griekse van. het seker ook dubbele burgerskap of kan maklik griekse burgerskap kry. en die dag wanneer ALLE wit mense in SA radikaal gestraf word vir apartheid en rassisme waaraan eintlik net n deel van hulle skuldig is, dan kan hy sy griekse paspoort uithaal en net verdwyn. MAAR onskuldige wittes wat sonder daardie lekker “agterdeur” van n ander paspoort van n land beter as SA, sal maar moet swaarkry hier. Moenie dink sulke goed kan nie gebeur nie: Rwanda 1994: arm meerderheidsgroep vermoor binne net 1 maand 1 miljoen van die meer welvarende minderheidsgroep. En dit was nogal swart op swart geweld/uitwissing.
daar behoort n wet te wees wat wit mense met sulke lekker agterdeur DWING om te besluit watter paspoort wil hulle nou eintlik hê en in watter land will hulle nou eintlik woon.
Hellen Zille kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. Sy doen met haar simpel uitsprake oor kolonialisme presies dieselfde as Catzavelos. Maak net die swart owerhede kwaad todat hulle eendag sê “alle wit mense is mos so” en dan begin hulle ons straf. Dan is tannie Helen vinnig weg, terwyl onskuldige wit mense onderdruk sal word.

François Joubert ·

Ek verkies,sonder om te twyfel, met trots my Kanadese paspoort

leser ·

die eff wil die saak so spoedig moontlik opgelos he, wat van malema wat nou al hoe lank wegkom met sy aantygings en snert

Koos de Meyer. ·

Wat het k woord met iemand in die buiteland te doen? Waar is vryheid van spraak nou. Dubbel standaarde is aan die orde van die dag. Malema en lie kan sê wat hulle wil en niks kom hulle oor nie. Die hele storie is siek en belaglik.

Onseker ·

Wat gee die SA hof enige jurisdiksie oor iets wat in Griekeland gese is? Moet dieselfde hof dan nie Hollywood en ander vervolg vir die N -woord in rolprente en selfs die k-woord ? Het die SA samelewing totaal en al die pad duister geraak dat dit belangriker is om te vervolg vir dinge wat gese raak, as om aan moord en misdaad aandag te gee?
Hierdie is tekens van n baie siek en kinderagtige samelewing. Ek kry skaam om n Suid Afrikaner genoem te raak. Maar, soos ek altyd verskoning aanteken as ek gevra raak of ek African is: Jy kannie kies waar jy gebore raak nie, maar jy kan kies waar jy bly en belasting betaal.
Ek dank my ouers en Hemelse Vader vir die voorreg om hierdie vryheid te mag beleef.
Besef dit, julle is die laaste geslag Afrikaaners. Die samelewing waarvan julle deel is, is besig om julle met wortel en tak uit te roei. Julle belasting geld finansier die veltog teen julle.

marous ·

malungu , masungu , legoa en magoa het veertig k woorde verskuil en niemand doen iets daaraan nie.

Gert ·

Wat sou gebeur het as Malema kommentaar gelewer het oor ‘n plek waar geen wittes is nie? My raaiskoot is: Absoluut niks.

jakes ·

Dis belaglik dat iemand vervolg word omdat hy sy opinie uitspreek. Die man moes nooit die video opname gemaak het nie. Meeste mense gebruik die K-woord in die geheim. As witmense moet kla oor wat swartes ons noem sal dadels daarvan kom. Die volgende ding waaroor swartmense gaan kla is die die groot wit doodshaai wat daardie spesifieke naam het. Hoe klink die groot swart doodshaai? LOL

Barry ·

Stem met DB saam en het net simpatie met die arme Griek
Hier waar ek woon het ek geen afrikaan in meer as 5 jaar nog eers gesien en agv daarvan is hier geen misdaad. My motor staan onder die afdak teen die straat met die sleutel in vir meer as 5 jaar en ek het geen sleutels gekry vir die huis toe ek die huis gekoop het nie
Kan in winkels en orals loop en van Sjinese tot Indiërs en almal leef in vrede saam.
Wat julle sal skok is dat die polisie hier aankondig hulle gaan vanaand net toeslaan op afrikane en dan die volgende dag met n groot glimlag wys hoeveel gevang is sonder visums en onwettig in die land
Google dit maar gerus. Hier is ook geen wet oor rassisme nie MAAR voor ek in die dorp kom bly het moes ek bewys ek is blank.
Dis die tragedie van sa.

Hanna Hoekom ·

Ek was bevoorreg om die VSA twee keer in 18 maande te kon besoek. Ons was heeltemal veilig. Die enigste woonbuurtes wat ons moes vermy het, was daardie buurte met die Martin Luther King straat as hoofstraat. Dit was die goue reel. Andersins was ons veilig. Thailand was ook wonderlik. Selfs Bangkok. Nooit bedreig gevoel nie!

Hanna Hoekom ·

Ek was bevoorreg om die VSA twee keer in 18 maande te kon besoek. Ons was heeltemal veilig. Die enigste woonbuurtes wat ons moes vermy het, was daardie buurte met die Martin Luther King straat as hoofstraat. Dit was die goue reel. Andersins was ons veilig. Thailand was ook wonderlik. Selfs Bangkok. Nooit bedreig gevoel nie!

Harry ·

Dit is glad nie reg om te diskrimineer nie, maar hulle is skuldig aan die ergste vorme van diskriminasie ooit, wat gruwelike moorde, verminking en ekonomiese doodwurging van derduisende blankes tot gevolg het – hulle moet eerder vervolg word!
Hulle wil egter nie herinner word wie en wat hulle is nie, want hulle ly aan ernstige minderwaardigheid en kan nie met trots hul ware identiteit uitleef nie – selfs die uiters suksesvolle Amerikaanse popsanger Michael Jackson het probeer om soos ‘n blanke te lyk en het in sy “Neverland” geleef.
Die k-woord kan egter nooit verdwyn nie , want die wetenskaplike name van die Kaapse buffel en een van ons inheemse broodbome bevat hierdie naam en verbind hierdie mees suidelike Afrika-nasie daarmee – mag mens hierdie name dan net saggies fluister? In watter diskriminerende droomwereld en onwerklike klug leef hulle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.