Catzavelos nou ook voor gelykheidshof gedaag

Adam Kazavelos buite die landdroshof in Randburg. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die saak van crimen injuria teen die sakeman Adam Catzavelos is Woensdag uitgestel omdat die staat nog besig is om die dokument van 68 bladsye wat hy ingedien het te bestudeer.

Catzavelos het in die moeilikheid beland toe hy verlede jaar ʼn video van homself gemaak het waar hy in Griekeland die k-woord gebruik.

Die video het op sosiale media beland en blitsvinnig versprei.

Dit het ook die aandag van die EFF getrek, wat gevolglik ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak het. Die saak het uiteindelik in die hof beland.

Die staat het die Randburg-landdroshof gevra om die saak uit te stel sodat die dokumente bestudeer kan word.

Lawley Shain, Catzavelos se regsverteenwoordiger, het gesê ʼn dagvaarding, in Grieks, is intussen ook op Catzavelos beteken. Die datum waarop Catzavelos in die hof in Athene oor die video moet verskyn moet nog vasgestel word.

Shain het gesê die brief uit Griekeland lui dat Catzavelos beskuldig word van aanklagte wat verband hou met die aanhitsing en uitlokking van geweld en diskriminasie teen ʼn groep mense.

Catzavelos staan nou ook in die gelykheidshof tereg nadat die Menseregtekommissie (MRK) ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het. Dié verhoor begin op 5 Augustus.

Buite die hof het die Gautengse bestuurder van die MRK, Buang Jones, gesê Catzavelos wou die saak buite die hof skik sonder om skadevergoeding te betaal. Weens die erns van die oortreding het die MRK geweier om te skik vir ʼn bedrag van minder as R200 000.

Jones het gesê hulle wil hê ʼn hof moet ʼn bevinding oor die kwessie maak.

“Hulle voer aan dat Catzavelos bereid is om sensitiwiteitsopleding te ondergaan, asook om een of ander vorm van gemeenskapsdiens te doen vir die optrede waarvan hy beskuldig word. In sy beantwoordende verklaring erken hy dat sy optrede op haatspraak neerkom,” het Jones gesê.

Volgens hom voer Catzavelos aan dat hy in ʼn finansiële verknorsing is, maar dat dit nie deur enige bewyse gestaaf word nie.

Die EFF het ná die hofverrigtinge gekla omdat die saak so lank neem om afgehandel te word.

“Ons het tydens die vorige hofverskyning met die aanklaer vergader en dit duidelik gemaak dat ons ʼn spoedige verhoor wil sien,” het die EFF se Gautengse voorsitter, Mandisa Mashego, gesê.

“Rassisme moet ernstig geneem word en ons is bly dat die internasionale gemeenskap, veral die Griekse owerhede, ook besluit het om Catzavelos strafregtelik te vervolg. Dit beteken hy kan nêrens wegkruip nie.”

Die saak teen Catzavelos is tot 29 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kallie

Maar die ander enetjie kruip nog lekker weg in Denemarke. Dit is om van naar te word. Die buiteland moet konsekwent wees en aanhitsers visums weier.

Gert van Wierdapark

Ons ambaas-sadeurtjie se tirade teenoor ons in SA, verdien seker ook n boetetjie van so R250 000. Na haar “berisping” deur ons mini-ster van Buite-landse Sake, het die poppie mos weer negatief getwiet! Dis tyd dat haar tjank afgetrap word, twiets en al!!

John

Uit ‘n geregtelike hoek moet mens vra of die opmerking wat in die buiteland gemaak is plaaslik verhoor kan word. Is dit nie ‘n saak vir die land waarin dit plaasgevind het nie. Hoekom neem die SA-regering dit so persoonlik op. Die man is wel ‘n S-Afrikaner, of is hy dalk nie? Indien ‘n swart man dieselfde woorde geuiter het, sou dit oorgesien gewees het. Ons sit met ‘n oorwig human righters hier wat self geen wrong pleeg nie… Die aankoms by die hemelpoort gaan sekerlik eendag nogal interessant verloop…

Anoniem

En wat van Mandela en onse Julius.

m.d.r

Daar is nog ‘n K—-woord wat vrylik deur die “haat witmense brigade” gebruik word–veral deur Swart meelopers…. Dit is die woord KILL…the farmer, the Boer ..all the whites……. Hoeveel gevolge is daar vir die gebruik van die K…woord deur Blankes..? ‘n gekweste Ego miskien. Of ‘n belediging…? En die moontlike gevolge van die K…ill woord…? Hoeveel moorde is nie al gepleeg as gevolg van die aanhitsing deur hierdie woord nie ..? Dit is openlike aanhitsing tot misdaad–die ergste van alle misdade..die neem van ‘n lewe..! Hoe weeg ‘n gekweste ego op teen ‘n dooie witmens ? Mens kan eintlik beweer… Lees meer »