Catzavelos pleit skuldig

Adam Catzavelos. (Argieffoto: Mia Spies/eNuus)

Adam Catzavelos, die man wat ʼn video van homself gemaak het waar hy in Griekeland die k-woord gebruik en wat toe in die openbare domein beland het, het Donderdag skuldig gepleit op ʼn aanklag van crimen injuria.

Catzavelos en die Menseregtekommissie (MRK) het in Augustus ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan nadat die kommissie hom van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla het.

Die ooreenkoms behels dat Catzavelos oor ʼn tydperk van 30 maande R150 000 aan ʼn liefdadigheidsorganisasie moet betaal. Hy moet ook om verskoning vra vir sy uitlatings.

Sy strafregtelike vervolging het egter voortgegaan en hy het vanoggend in die Randburgse landdroshof skuldig gepleit op die aanklag teen hom.

Sy regsverteenwoordiger, Lawley Shain, het aan die hof gesê Catzavelos erken sy gebruik van die woord het die waardigheid aangetas van diegene wat dit gehoor het, het News24 berig.

Hy het voorts gesê Catzavelos het die uitlating gemaak terwyl hy onder die invloed was én nadat hy kort tevore twee keer die slagoffer van misdaad was. In albei gevalle was die oortreders swart mense. Catzavelos se regsverteenwoordiger het ook gesê hy aanvaar verantwoordelikheid vir sy optrede.

Die EFF het die klag teen Catzavelos ingedien nadat die betrokke video op sosiale media beland en blitsvinnig versprei het.

Vonnisoplegging vind in Februarie plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Michael P ·

Plus die man liewers 228 bedrog sake teen hom gehad het dan het hy net 5jaar opgeskort vir 5 jaar gekry en dan hoef hy ook nie eers omverskoning te vra nie

Arak ·

Maar is die man nie dan nou “skuldig” aan ‘n wet wat ongrondwetlik is nie? Is hy dan werklik skuldig of mis ek iets?

Pieter Pieterse ·

Die wet waaraan jy dink verwys nie na Crimen injuria nie. Crimen injuria is ‘n straf regtelike oortreding, ek dink dit word wan aangewend in die geval, ek sou nie skuldig gepleit het nie.

Sakkie ·

Die “oortreding ” was nie eers in die land gepleeg nie.

Pieter Pieterse ·

Ek stem saam, maar dit is vir my belangriker/kommerwekkender dat die aanklaers Crimen injuria nou gebruik om die massas tevrede te hou met ‘n sogenaamde geskikte aanklag of straf.

Pieter Pieterse ·

Ek sou nie skuldig gepleit het nie. Kan iemand met regs ondervinding dalk laat weet of daar werklik regsgronde is om hom skuldig te bevind aan Crimen injuria? Dit wil voorkom of ‘n gedeelte van die samelewing se straf nie tred hou met die oortreding nie. Ek wens die mensie wil saamstaan teen hierdie “oor-bestraffing”, ek weet van Vicky, maar meer nugter denkend. Verkeerd moet gestraf word maar woorde wat nie aanhitsing as gevolg het nie is maar eintlik skadeloos behalwe vir die wat aan ‘n “slagoffer sindroom” ly. Antwoord asb. Gee jou mening.

Ekke ·

Die span wat die grootste geraas maak se leier kan dan nie eers skuldig bevind word aan soortgelyke klagtes nie – en hy doen sy ding sommer in ons land sonder om onder die invloed te wees !!! Seriously dubbel standaarde mense. Die wet is nie net blind nie maar skeel ook.

Gaitsigubib ·

Waar sien jy dit, Marous? Dit is zulu vir n oppergesag(god). Ek dink die spelling is mulungu.

Lava Lamp ·

Ek hoop hy hee AL daai geld net so vir ‘n diere organisasie… Hulle sal ook nie happy wees daarmee nie…

Bottelbek ·

Dit maak nie sin om mense genadeloos te vervolg vir hierdie goed nie. Dit versoorsaak net meer veerdeeldheid en haat . Die groep wie die klag gele het, ruik net meer bloed , die haat en die honger om dit voed gaan net meer raak.

Rassisme word oor tyd in jou vasgele . By my het begin met vandat ek my verstand gekry het . Die haat in my huis , tussen my pelle wat dit hoor in hulle huise, bevestig deur die polities gedrewe insitutionele kerk . ( m.a.w nie van God )

Wat hierdie ou kwyt geraak het , is amper braai taal. Mense maak foute en ons moet mense geleentheid gee om te besin en te verander. Tronke en boetes gaan nie werk nie. Die kerk wie direk aandadig is aan hierdie gemors , staan hande gevou en rol hulle oe ander pad.

Rassisme hang swaar aan beide kante van die draad. Dit is soos gif wat oor en weer aangegee word .

Daar is nie meer ruimte vir foute en vergifnis nie . Ons ( alle groepe)het n God lose pad gekies en ons gaan die self opgelegde ballingskap nog hard voel.

Christa ·

Is dit nie vryheid van spraak nie. Hy het net gesê hoe Hy voel. En sekerlik was daar ook nie moord en doodslag nie. Hy Kon sekerlik very voel Om Sy goed op die strand te los terwyl Hy in die water was en was nie oordonder nie. EK sien Niks rassisties in wat Hy gesê het nie

Israel ·

Hy kan nie aangekla word in sa nie.Hyt ook nie n misdaad in Griekeland gepleeg nie want daar is dit nie n misdaad om so te praat nie

Pieter ·

Die man het die waarheid gepraat nou se hy jammer jammer se gat man

Truia ·

Mulungu beteken “wit skuim” en dit is wat blankes genoem word deur sekere volksgenote.

Hitler ·

Truia, nee dis onwaar.
Mulungu beteken “die god”, my koning, my kroon en dan die ander nasies het dit met verkeerde bedoelings gebruik as daar van die witman gepraat word, soos jy nou se – asseblief dit is wat wittes & ander nasies begin aflei het omdat hulle nie die taal verstaan nie.
Elk geval ek lag oor die belaglikke gemors KAKAKA

Truia ·

Die woord is eintlik Umlungu en het volgens die woordeboek n negatiewe konnotasie

Ja nee ·

Die saak is geheel en al vrot gery, as dit n swartman was het daar niks van gekom nie. Rasisme het n nuwe gesig gekry!

Kommer ·

Dis reg dat ons LUMKAS.. BOER.. PINK PIGS ens genoem word en niemand roer ‘n ooglid nie. Ons word geforseer om SHOSOLOZA te sing wat Die grootste anti apartheidslied is. Wanneer gaan ons teen dit opstaan en dit ook nie meer duld nie?

Cherokee ·

Hy kan mos nie meer as een keer gestraf word vir dieselfde ‘oortreding’ nie.

PJC ·

Die meeste mense sou in hierdie situasie so gedink en nog gesê het ook. Almal sou net nie so dom wees om dit op sosiale media te plaas nie want ń mens mag nie meer sê wat jy dink nie.

Rheinhard ·

Mense asb Umlungu beteken “wit man” moet asb nou nie gaan woorde verdraai oor wat hulle sê en op hoorsê van ander mense gaan wat net onnodig wil woede saai oor haatspraak gedagtes wat hulle uitgee nie.
Ongelukkig is die Konstitusie nie vir ons Wetsgehoorsame Burgers nie en tel jou Kleur van jou vel teen jou. Wat hy voor omverskoning mort vra is mos deur ons eie Top Leiers promofeer deurdat hulle begin het met die “Voete was” ideologie. Wat ‘n skaamte en jammerte deur ons EIE wat hulle geskep het..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.