Catzavelos skik met MRK oor k-woord, sê jammer

Adam Catzavelos. Foto: Mia Spies/eNuus

Die Menseregtekommissie en Adam Catzavelos het ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan.

Dié sakeman het in die moeilikheid beland toe hy verlede jaar ʼn video van homself gemaak het waar hy in Griekeland die k-woord gebruik.

Catzavelos het Donderdag in die gelykheidshof verskyn nadat die MRK hom van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla het.

Dit is toe aangekondig dat daar op ʼn skikking ooreengekom is. Die skikkingsooreenkoms behels dat Catzavelos oor ʼn tydperk van 30 maande R150 000 aan ʼn liefdadigheidsorganisasie moet betaal. Hy moet ook om verskoning vra vir sy uitlatings.

Catzavelos word ook strafregtelik vervolg nadat hy van crimen injuria aangekla is. Hy het Donderdag vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn op dié aanklag.

eNuus berig Catzavelos het aansoek gedoen om die vervolging teen hom te staak. Dit is op provinsiale vlak afgekeur en word nou na die Nasionale Vervolgingsgesag op nasionale vlak verwys. Die saak is tot 2 Oktober uitgestel.

Catzavelos het intussen reeds om verskoning gevra en sy verskoning is op die MRK se webwerf geplaas.

“As ek na die video kyk, nie uit vrye keuse nie maar omdat ek in sekere omstandighede moes, byvoorbeeld saam met my prokureurs, is ek gewalg, geskok en skaam oor my gedrag.”

Volgens Catzavelos is hy in die proses om verantwoordelikheid vir sy optrede te neem, gedwing om diep te dink oor kwessies soos waardigheid en menslikheid. “Ek besef nou, meer as ooit tevore, hoe diep ontmenslikend en kwetsend dit vir swart Suid-Afrikaners moet wees as daar met die k-woord na hulle verwys word.”

Catzavelos voer verder aan dat hy erken wat hy gedoen het en die skade wat dit eerstens aan swart Suid-Afrikaners aangerig het, asook aan sy familie, die land en alle ander Suid-Afrikaners. “Ek neem volle verantwoordelikheid en hou myself verantwoordbaar. Ek het diep berou oor wat ek gedoen en gesê het, asook die uitwerking op mense se waardigheid en menslikheid, en hiervoor vra ek opreg om verskoning.”

Hy voer aan dat hy as mens gegroei het en dat hy nooit weer so onsensitief sal wees deur nie ander mense se gevoelens in ag te neem nie. “Ek is hoopvol dat ek weens my verklaring en verskoning vergewe sal kan word en in staat sal wees om my identiteit as mens en my trots te kan herstel, en kan deelneem aan alle lewensaspekte in Suid-Afrika, waaronder die bou van maatskaplike samehorigheid.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

JK ·

Vra ek ook, selfs Bolhuis vra onverskoning, waarvoor? Die waarheid maak seer ne, dis al hoekom dié so moan oor die woord.

ANC ·

As jy nou nog nie weet dat dit n woord is wat mense seermaak, sal jy seker nooit weet. SA is lank al oor dit, behalwe n paar individue

Sterkte ·

Voorspoed vir jou Adam, en vergeet is die gouste. Ek hoop jy gaan daai ou geldjies aan die DBV skenk.

Melanie ·

ANC daar is nog baie mense wat die woord gebruik. Hulle sorg net dat hulle nie afgeluister word nie. Dit wat in hul hart woon is dit waarin hulle nog altyd sal glo. Die geheim is nie om mense se sakke te ruk nie, maar eerder om hulle harte te ruk. Jy gaan niks met BLF of Julius regkry nie. Dink ‘n bietjie nugter daaroor.

Hans ·

Een persoon word gestraf vir uitlatings en ten opsigte van ‘n ander word is daar geen optrede. Me Zinzi Mandela se uitlatings gaan dit ongestraf gelaat word?

Kiewiet ·

Nou wanneer gaan Malema en die BLF deur die MKR aangekla word sodat hulle ook omverskoning kan vra vir hulle HAATSPRAAK teen die Blankes . Wat baie erger is as wat Adam gese het. En dan ook in bedrag moet betaal oor 30 maande aan ons wit plakkers kampe.

Niklaas ·

Hy moet net sorg dat daar nie ‘n volgende keer is nie. Dis duur foute hierdie. Bly soomer eerder tjoepstil ook . Tye het baie verander . Videos kan mens deesdae in lelike penaries laat beland.

Free Speech? ·

Because free speech is not allowed – except for a chosen few

HPV ·

Dit is so belaglik dat mens dink dit is ‘n siek grap, oortreding nogal in ‘n ander land en dan die astronomiese boete! Maw, sou ‘n Amerikaner die woord in Amerika gebruik moet hy ‘n boete in Suid Afrika betaal. Grootste snertstorie ooit.

Willie ·

Ag asseblief, maar hulle mag die woord rondslinger? Dis verregaande…

humor ·

Hoe diep moet hierdie man se sensitiewe hart net nie in berou en seer wees nie wanneer hy kennis neem van al die haatspraak en rassistie opmerkings teenoor die witmense nie. Ek glo nie hy sal hierdie pragtige gepleit baie lank onthou as weer terug is in sy land nie.

Pottie ·

Ja mnr anc plek worrie jy oor die miljarde wat die anc mors en die plaas moorde en eskom en denel en sauk en s.a.l wat bankrot is en n land wat op sy knie is nou wil jy kom nonsens praat van seermaak kom ek se jou wat maak seer om te sien hoe die anc die land op gemors het dit maak seer

Christa ·

Hy was nie eers in SA nie en was maar net eerlik oor Sy gevoelens. Kleinlikheid word Nou n epidemie. Plaas hulle aandag gee aan die verwoesting van ons land.

Ronel ·

Hoeveel keer moet die man nou nog omverskoning vra? My magtig, bou ‘n brug en kom tog net oor julleself, siestog, is die hartjies seer? Net ‘n geldmors storie!

Bernard Hellberg ·

Dis die Hof van Seergemaakte Gevoelens – ook bekend as die Volksgericht ( Nazi Duitsland)

Theresa ·

Sê ek ook. Maar hulle kan doen en sê net waar en wanneer hulle wil. Geen haan kraai daarna nie……………………………………….!!??

Pottie ·

Die land is klaar los die anc hulle is so slim soos hulle broers in zimbabwe

Hanlie ·

Ons weet mos al lankal die MRK help nie die witmense nie!!!! Hulle gaan nie die ou Malematjies en trawante uithaal nie, want hulle mag volgens die MRK se net wat hulle wil. Sjoe, dit is so onregverdig.

Koos de Meyer. ·

Dit lyk my hulle ly aan ‘n minder waardigheids kompleks. Belaglik verby en in ‘n anderland. Maar die ander kan sê net wat hulle wil. Dubbel standaarde is aan die orde van die dag.

HENDRIK ·

wonder of hy die reg het om die geld te laat oudit om te sien wat hul daarmee doen, of in wie se sak dit op eindig

Lynette ·

Hy is baie swaarder gesteaf as net die boete…..sy familie het hul besigheid verloor…ALLES waarvoor hulle gewerk het vir dekades.

Francois ·

Dit is beter om deesdae niks te sê nie. Sosiale media kan mens in erge verknorsings laat beland. Nie almal het duisende rande om aan boetes te betaal vir wat jy gesê het nie. Sê net jy weet niks en ken niemand en ontken die res. As jy misken ‘n onskuldige fotojie van jouself wil plaas met ‘n bordjie stroopsoet koeksusters in die hand maak net seker dat jy behoorlik en ten volle geklee is en dat niks uithang nie anders het jy groot moleste.

Koos ·

En moet ook nie ‘n rooikop wees met ‘n wit hemp en blou jean aan nie

AndrewL ·

Dat sowat 8% van die bevolking darrem so kan vrees inboesem by so baie!

Jordaan ·

Ek sal glo dat ons ‘n nie-rassige land en regstelsel het as ek sien dat ‘n swart persoon ook ‘n boete van R150000 of so iets moet betaal oor iets wat hy/sy gese het. Daar is genoeg voorbeelde van haatspraak en oproepe om wit mense en spesifiek Afrikaners dood te maak, maar in die afwesigheid van so ‘n opdrag van die MRK glo ek dit is belaglike dubbele standaarde wat toegepas word!

Tinacat ·

Ag ons almal weet by die tyd hoe werk dinge in Suid Afrika, en as ons nie in die moeilikheid wil kom nie, is stil bek ‘n heel bek. As mens nie tevrede is met hoe dit in Suid Afrika gaan nie, emmigreer dan. Dis wat ek gaan doen soos vele ander. SA nie meer my land nie, so ek gee nie eers my menings nie. Ek hou dit vir myself, veiliger.

Michael P ·

O mense dit is nie net belaglik nie Wat is die anc politiekuste of akteurs wat probeer movies maak?

Daisy ·

So ‘n groot verneerdering vir die Man, en wat gebeur as hulle rasistiese uitlatings het oor ons? NIKS NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!
Die Land maak my siek,

Hoe sê ·

Adam dis nie so maklik nie jy gaan nog baie jammer moet sê en jammer moet sê en jammer moet sê en jammer moet sê en jammer moet sê en jammer moet sê en jammer moet sê………………………………….en jammer moet sê

SjN ·

So die geld maak reguit wat krom is, n spade bly n spade, dit sal nooit verander nie.

JohanL ·

Die MRK is gou om hom te vervolg, maar daai ander man (kan nie sy naam onthou nie) wat oorsee ook sekere uitsprake gemaak het. Toe het die MRK gereken dit is buite die landsgrense.

Die MRK het geen geloofwaardigheid nie en bestaan uit ‘n spul hansworse wat dubbele standaarde bedryf.

Ek hoop ‘n skare-finansieringsprogram kan die geld vir die vriendelike Griek insamel, net soos daar geld ingesamel word vir die OB en haar skuld.

anoniem ·

Wil net graag weet wat met Bolhuis gaan gebeur, want hy het dit ook so openlik gebruik maar nog niks verder gehoor daaroor nie, wat geld vir een geld vir ‘n ander een ook, maak nie saak wie jy is nie.

Patriot ·

Betaal die boete, maar moet in vadersnaam nie omverskoning vra nie. Maak nie saak wat. Moordenaars wat mense wreed vermoor het staan en lag in die hof. Hoekom omverskoning vra oor jy jou vakansie geniet het ?

Petrus ·

Sien die term “walg” word genoem mbt die gewraakte stem boodskaap.
VRAAG: wat is die emosie by aanskoue van bv die “gratuitous” vernietiging, en vewoesting in Pretoria.
Sien daar word ‘n vraag gevra deur ‘n sekere kanaal oor ‘n toepaslike woord wat nie in Afrikaans bestaan nie – “virtue signaling”.

Gert van Wierdapark ·

Hy verlang seker na Griekeland se “helder” strande waar hy voortaan net gebaretaal sal mag praat! He – he-he!

hercu ·

wat is die MRK se werk?

“The South African Human Rights Commission is the national institution established to entrench constitutional democracy. It is committed to promote respect for, observance of and the protection of human rights for everyone without fear or favour”

ek hou van die laaste paar woorde:

“without fear or favour” – dink net hulle verstaan dit nie!

Gemaskerde_Sopbeen ·

Kan mens jou nou indink watse kaskenades en hartstilstande n mens sou veroorsaak as jy die gevreesde vlag wapper, terwyl mens gevreesde woorde uiter..
Die Wêreld mag tot stilstand kom!!

Carel ·

Die woord word geassosieer met sekere eienskappe. Geen wonder . . .

Foxi ·

Ek sal nooit voor hulle buig nie, nooit nie! Ons word beleding onder haat en minag. Daar kan aan ons gesê word net wat hulle wil. Jy staan nie n kans om te wen nie. Dis hulle woord teen joune. Die BLF verneder die witmense tot in die grond in, niks kom hom oor nie. Ons kan dink wat ons wil, maar mag nie sê wat ons wil nie. Die vernedering krop op en op……hoe lank kan n mens dit nog verdra? Hoe wreed het die mens in die wêreld nie net geword teenoor die mens en dier nie. Die mens het dit self geskep en of daar n terugdraai is, is n ander vraag. So baie vrae en min antwoorde. Maar dis beter om maar net stil te bly en weg te loop om verdriet te voorkom.

jakes ·

Ek sal nooit omverskoning vra as ek hy was nie. Hy moes nooit die waarheid gepraat het en dit gevideo het nie. Ek hou my uitsprake vir myself en as ek dit wel sou uit basein sal die MRK my seker R5 triljoen beboet. Ons leef in n siek land waar kranksinnigheid uurliks toeneem. Geen wonder dat SA nou as n vierde weledland beskou word nie.

HPV ·

Die woord word vrylik in ons land deur toeriste onder mekaar en in ander lande gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.