Theo Bronkhorst, die professionele jagter wat glo die jag op Cecil die leeu gereël het, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om swartwitpense onwettig in Suid-Afrika in te smokkel.
ITV News Africa het berig Bronkhorst (52) is in Bulawayo in Zimbabwe in hegtenis geneem. Dit kom nadat drie Suid-Afrikaners Sondag vasgetrek is toe hulle glo probeer het om 29 swartwitpense onwettig uit Zimbabwe na Bela-Bela (Warmbad) te smokkel.
Die Zimbabwiese The Sunday Mail het berig Edwin Hewitt (49), Hendricks Johannes Blignaut (41) en John Herbert Pretorius (49) is deur die polisie en Zimbabwe se parke-en-natuurlewebestuur-owerheid in hegtenis geneem toe die twee vragmotors waarin die bokke vervoer is, in modder by Beitbrug vasgeval het.
Caroline Washaya-Moyo, woordvoerder van die owerheid, het gesê die mans het glo nie die nodige vang-, vervoer- of uitvoerpermitte gehad om die diere na Suid-Afrika te bring nie. Volgens The Sunday Mail is die diere meer as R4,6 miljoen werd.
Bronkhorst het na bewering die swartwitpense, waarvan die horings langer as normaal en gesog is onder internasionale jagters, van Zambië ingevoer en was van plan om dit aan Suid-Afrikaanse wildboere te verkoop.
Bronkhorst het vroeër internasionaal kritiek ontlok nadat hy saam met sy kliënt, dr. Walter Palmer, ʼn tandarts van Minnesota in die VSA, die bekende leeu, Cecil, geskiet het. Bronkhorst staan tereg op aanklagte van stropery omdat hy glo nie die nodige permit gehad het om Cecil te jag nie. Hy het skuld ontken op die klagte teen hom en is in Augustus op borgtog van R12 000 vrygelaat.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Die ou is lyk my nou maar eenmaal “scaley”.
Lyk my ou Theo is die “Godfather” van die wildbedryf…… Sommige mense tog…….
Nou moet Palmer en Ndlovu hom net volg.
Hierdie is n man om dop te hou. Dit wil voorkom of hy net maak soos hy wil en daarmee wegkom. Kan n uitstekende speurder nie bietjie naam maak deur die kerel vas te vat nie?
Mense in die Sosiale media is nou maar eenmaal vinnig om nie net menings te lig nie, maar sommer ook fonnisse uit te reik. Gelukkig darrem nou ook nie almal nie. Die punt wat ekk wil maak is eenfoudig dit: Al die feite is mie bekend nie en verseker nie in diemedia nie. Dus stel ek voor ons wag maar dat die gereg sy gang gaan en maak dan oordele. Nie dat die oordeel ons toekom nie. Die ding is so, Ken ek die ou, weet ek watter soort van mens hy is en kan ek hom sommwr so skuldig… Lees meer »