Cecil-jagter word nie vervolg nie

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Die internasionale dierebeskermingsorganisasie, Four Paws, het sy teleurstelling uitgespreek dat die Zimbabwiese regering nie die tandarts, wat die bekende Cecil die leeu gejag het, gaan vervolg nie.

Die Zimbabwiese regering het Maandag aangekondig dat die Amerikaner, dr. Walter Palmer, nie vervolg sal word nie.

Oppah Muchinguri-Kashiri, minister van omgewingsake, het gesê Palmer se jagpermitte was in orde en daarom hoef hy nie enige vervolging te vrees nie.

ʼn Professionele jagter van Zimbabwe sal na verwagting Donderdag in die hof hoor of aanklagte teen hom ook teruggetrek sal word. Hy ontken ook skuld, het Four Paws bygevoeg.

“Zimbabwe het kort nadat Cecil doodgemaak is, ʼn verbod op leeujag aangekondig,” het Thomas Pietsch van Four Paws gesê. “Nou is dit nie duidelik of enigiemand aanspreeklik gehou gaan word vir die wrede jag nie. Leeu-trofeejag word altyd verbind met dieremishandelign, of dit nou wettig of onwettig plaasvind.”

Pietsch het gesê Cecil het die fokus op trofeejag geplaas. Die leeu is met ʼn pyl en boog gesket en het 40 ure lank gely voor hy uiteindelik gedood is. Sy noodlot het wêreldwyd opslae gemaak, maar hy is nie die enigste slagoffer van dié sport nie. Volgens Pietsch word minstens drie leeus daagliks in Suid-Afrika gejag deur hoofsaaklik onprofessionele jagters van oorsee. “Leeus het geen kans om te ontsnap wanneer hulle só gejag word nie.”

Fiona Miles van Four Paws het bygevoeg Cecil is die ambassadeur van al die leeus wat wettig in Afrika doodgemaak word. “Suid-Afrika is die ergste vir dié groot katte. Ongeveer 6 000 leeus wat in aanhouding is, wag as’t ware om deur trofeejagters tereggestel te word.” Sy het gesê haar organisasie poog al jare lank om ʼn verbod te plaas op soortgelyke jagplase. Die dierebeskermingsorganisasie spits hom daarop toe om die situasie vir dié groot katte wêreldwyd te verbeter.

Lees alle vorige berigte oor Cecil die leeu op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ben

Wat van al die plaasmoorde , hoekom word daar nie wereldwyd daarteen opgestaan nie
Wat n korrupte wereld

Justa

Liewe Cecil, al is jou lyding en dood nie gewreek nie, het jy die wereld bewus gemaak van wat regtig aangaan in die donker wereld van trofee jag en geblikte jag. Daarvoor is ons jou ewig dankbaar en kan ons nou iets daaraan probeer doen om dit te stop.

Jan

Al die mense wat die ding koel en kalm ontleed het is natuurlik glad nie verbaas hieroor nie, die ou het niks verkeerd gedoen nie. Dis wel jammer hy het die leeu gekwes, maar dis nie ‘n misdaad nie.

lizl

Al die leeuplase waar mense met klein leeutjies kan speel en gaan stap met die jonges… Sodra daai leeutjies te groot word om mee te stap word hul verkoop vir can hunting. Gaan besoek dieselle leeu plaas vir n tweede keer, jy sal vind laat getal groot lees, die teelpare bly dieselfde, waar gaan hul met jong lees heen? En hoekom bly kleintjies nie by die ma leeu nie? Almal het dieselfde antwoord… Hulle is bang die mannetjie maak die kleintjies dood. Sodra jy te veel vrae vra oor die lot van die jonges slaan hul toe en kry jy… Lees meer »

Jan maak n Plan

As Cecil dan wettig gejag is dan wys dit nou weer na n ander ding. In wat se toestand is die sogenaamde reservaat se wildsheinning. Seker was daar n heinning – baie baie lanklaas.