Cecil-jagter word nie vervolg nie

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Die internasionale dierebeskermingsorganisasie, Four Paws, het sy teleurstelling uitgespreek dat die Zimbabwiese regering nie die tandarts, wat die bekende Cecil die leeu gejag het, gaan vervolg nie.

Die Zimbabwiese regering het Maandag aangekondig dat die Amerikaner, dr. Walter Palmer, nie vervolg sal word nie.

Oppah Muchinguri-Kashiri, minister van omgewingsake, het gesê Palmer se jagpermitte was in orde en daarom hoef hy nie enige vervolging te vrees nie.

ʼn Professionele jagter van Zimbabwe sal na verwagting Donderdag in die hof hoor of aanklagte teen hom ook teruggetrek sal word. Hy ontken ook skuld, het Four Paws bygevoeg.

“Zimbabwe het kort nadat Cecil doodgemaak is, ʼn verbod op leeujag aangekondig,” het Thomas Pietsch van Four Paws gesê. “Nou is dit nie duidelik of enigiemand aanspreeklik gehou gaan word vir die wrede jag nie. Leeu-trofeejag word altyd verbind met dieremishandelign, of dit nou wettig of onwettig plaasvind.”

Pietsch het gesê Cecil het die fokus op trofeejag geplaas. Die leeu is met ʼn pyl en boog gesket en het 40 ure lank gely voor hy uiteindelik gedood is. Sy noodlot het wêreldwyd opslae gemaak, maar hy is nie die enigste slagoffer van dié sport nie. Volgens Pietsch word minstens drie leeus daagliks in Suid-Afrika gejag deur hoofsaaklik onprofessionele jagters van oorsee. “Leeus het geen kans om te ontsnap wanneer hulle só gejag word nie.”

Fiona Miles van Four Paws het bygevoeg Cecil is die ambassadeur van al die leeus wat wettig in Afrika doodgemaak word. “Suid-Afrika is die ergste vir dié groot katte. Ongeveer 6 000 leeus wat in aanhouding is, wag as’t ware om deur trofeejagters tereggestel te word.” Sy het gesê haar organisasie poog al jare lank om ʼn verbod te plaas op soortgelyke jagplase. Die dierebeskermingsorganisasie spits hom daarop toe om die situasie vir dié groot katte wêreldwyd te verbeter.

Lees alle vorige berigte oor Cecil die leeu op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ben ·

Wat van al die plaasmoorde , hoekom word daar nie wereldwyd daarteen opgestaan nie
Wat n korrupte wereld

Justa ·

Liewe Cecil, al is jou lyding en dood nie gewreek nie, het jy die wereld bewus gemaak van wat regtig aangaan in die donker wereld van trofee jag en geblikte jag. Daarvoor is ons jou ewig dankbaar en kan ons nou iets daaraan probeer doen om dit te stop.

Jan ·

Al die mense wat die ding koel en kalm ontleed het is natuurlik glad nie verbaas hieroor nie, die ou het niks verkeerd gedoen nie. Dis wel jammer hy het die leeu gekwes, maar dis nie ‘n misdaad nie.

lizl ·

Al die leeuplase waar mense met klein leeutjies kan speel en gaan stap met die jonges… Sodra daai leeutjies te groot word om mee te stap word hul verkoop vir can hunting. Gaan besoek dieselle leeu plaas vir n tweede keer, jy sal vind laat getal groot lees, die teelpare bly dieselfde, waar gaan hul met jong lees heen? En hoekom bly kleintjies nie by die ma leeu nie? Almal het dieselfde antwoord… Hulle is bang die mannetjie maak die kleintjies dood. Sodra jy te veel vrae vra oor die lot van die jonges slaan hul toe en kry jy nie n duidelike antwoord. Dis n geld maak storie.

susan ·

Ek stem een honderd persent saam Lisl. Ons moet dis ophou om hulle te “sponsor”. Gelukkig het ek en sal ek nooit so n plek ondersteun nie. Nie eers n diere tuin sien my nie.

EMK ·

Susan – 100% en nog iets wat ek absoluut HAAT is sirkusse! Hierdie is ‘n absolute skande. ‘n Geval van geld wat stom is maak reguit wat krom is??Daai ou is so berug vir al sy vorige nonsens wat hy aangejaag het op ander plekke maar toemaar, die wiel draai, al is dit stadig.

Jan maak n Plan ·

As Cecil dan wettig gejag is dan wys dit nou weer na n ander ding. In wat se toestand is die sogenaamde reservaat se wildsheinning. Seker was daar n heinning – baie baie lanklaas.

Mahema ·

Jan duidelik ken jy nie die gebied en suig jy iets uit jou duim, die hele resrvaat het geen heining nie; die diere kan vrylik in en uit beweeg

Winston ·

Cecil se jagter is mislei deur die gids. Vervolg hom want hy het goed geweet hoe alles werk.
Die wêreld behoort so tekere te gaan oor elke naamlose renoster en elke naamlose inheemse bedreigde plant wat uit hierdie mooi land geruk word.

EMK ·

NET SO WINSTON! Mense dink mos daar is HOPE plante en ontelbare diere, ons hele erfenis word bedreig deur mense wat nie ‘n duit omgee

susan ·

Geld het weer hard gepraat en dis baie jammer. Ben diere het nie n stem om vir hulle regte op te staan nie daarom is daar mense wat dit doen. Alles gaan altyd oor menseregte maar wat van die diere?. Maroela nou gaan my kommentaar seker weer nie geplaas word nie

Theresa ·

Die mens is die kroon van die skepping. Ons is verantwoordelik om die diere en plante te bestuur en te beskerm, juis vir voortbestaan. Die wreedheid wat deur georganiseerde of onwettige jagte gepaardgaan is ‘n skande. Korrek om te verdedig. Maar, wanneer word ons in kennis gestel van duisende (as kan miljoene) wat opmars en daarop aandring dat die boere (huidiges, nie net eendag wanneer al die nuwe grondgrypers “boere” word nie) beskerm word???!!!! Die kroon van die skepping bly die mens.

chrisp ·

Is almal van julle hierbo vegetarieers?
Indien nie is julle huigelaars of totaal oningelig oor die wildsbedryf.

Verbaas ·

…Ek kan regtig nie verstaan hoe mense so gefokus is op hierdie een leeu net omdat hy n naam het nie… Dalk moet daar meer gefokus word en n verdere ondersoek gedoen word op die plase met “canned hunting” ?? As daar dan nou iets gese wil word van trofee jag? …….en ek stem kan daar nie hierdie aandag aan plaasmoorde gegee word nie???????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.