Cecil John Rhodes se standbeeld ‘te koop’ op Gumtree

'n Skermskoot van die advertensie.

‘n Skermskoot van die advertensie.

ʼn Internetgebruiker het Donderdag ʼn vals advertensie op Gumtree geskep waarin die standbeeld van Cecil John Rhodes by die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) vir R1 500 “te koop” is.

“Die standbeeld kom met ʼn gratis internasionale beurs wat jou toekoms kan verander. Dit is ʼn goeie geselsie-aanknoper by jou volgende braai,” lui die advertensie wat deur die gebruiker “Safferland” geskep is.

Voornemende kopers word onder meer ingelig dat die voormalige eienaars probeer om die geskiedenis uit te wis.

Die ware standbeeld gaan Donderdag omstreeks 17:00 van die bokampus verwyder word.

Die standbeeld sal tydelik van die kampus verwyder word om dit veilig te bewaar tot Erfenis Wes-Kaap (EWK) besluit het waarheen dit geskuif moet word.

Die raad van die universiteit het laat Woensdagaand aangekondig dat die standbeeld verwyder gaan word nadat ʼn groep studente die afgelope maand vir die verwydering daarvan betoog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wanda van der Merwe ·

Is hulle daar om te swat of betoog? Wat het standbeeld met hul studies te doen? Is dit hul nuutste verskoning as hul nie hul vakke deurkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.