Cele besoek vermoorde Brendin Horner se familie Dinsdag

(Argieffoto)

Die minister van polisie, Bheki Cele, en sy eweknie by staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, gaan die familie van die vermoorde Brendin Horner Dinsdag besoek.

Die grumoord op die jong Vrystaatse plaasbestuurder het skokgolwe deur die land gestuur. Twee mans is reeds in verband met sy moord in hegtenis geneem en pres. Cyril Ramaphosa het die voorval ten sterkste veroordeel.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering, het gesê die vergadering met Horner se familie sal agter geslote deure plaasvind.

(Foto: Facebook)

“Die twee ministers sal ook met verskeie landbouorganisasies vergader in ʼn poging om die toenemende spanning ná die hofverskyning van die twee verdagtes wat in verband met die moord aangekeer is, te ontlont.”

Die besoek kom ʼn week ná emosies buite die hof op Senekal, waar die twee verdagtes verskyn het, oorgekook het. Honderde mense het na die hof opgeruk in ʼn spontane betoging teen landelike misdaad. ʼn Polisievoertuig is egter onder meer omgekeer en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig. Die geweld is uit talle oorde veroordeel, hoewel daar ook groot begrip vir mense se frustrasie met die misdaadsituasie in Suid-Afrika is.

ʼn Boer wat ná die oproer in hegtenis geneem is, verskyn na verwagting ook weer môre in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Tokkel ·

Wil net eers weet hoekom Cele solank gevat het om by die familie uit te kom?
Bredin Horner RIP, ons gebede is met jou vriendin en familie.

Eiervrug ·

Ek stem 100%. Hierdie is bietjie mosterd na die maal sou ek sê… Seker gesien die blankes is bemoerd, nou wil hy witvoetjie soek…

Nic ·

cele bly weg van die horner familie jy bluf niemand nie jy is agterbaks

Leana ·

Ek stem saam met jou. Wil graag weet hoekom nou 2 weke later en na alles wat hy in die media gesê het, wat wil hy nou probeer bereik deur die familie te besoek.

Andre ·

Baie jammer, maar ek sou hom nie ontvang het nie. Nie welkom in my huis nie.

Louis ·

As dit my kind was het ek cele soos n sleg hond van my werf af gejaag.hy is die een wat ons vuurwapens wil wegvat sodat ons nie ons self kan verdedig teen die moordenaars nie

Persheks Adri ·

Presies my vraag ook Termiet en hoekom agter geslote deure? Laat my wonder

Wakkerslaper ·

Witvoetjie! Hy’t gesien ons Boere se lont is skielik BITTER kort!

Sniperwolf ·

Laat Cele aan sy eie woorde stik toe ‘n boer met hom wou praat en hy vir die boer gesê het: ‘Wie dink jy is jy?’ Wie dink hy is hy om homself deel te maak van iets wat hy misken het??

Dup ·

Die spreekwoord sê “beter laat as nooit”.
Die onlangse protesaksies het hopelik die minister twee keer laat dink oor sy aksies.Hopelik sal daar nou iets positief hier uitkom.Ons kan net hoop….

Marius ·

Wil hy nou gaan gat kruip by die familie omdat hy te sleg was om sy werk in die eerste plek te doen ????
Dit is nou te laat cele , jy het jou kan s gehad as jy my moet vra .

Baie sterkte aan die familie .

George ·

Wat wil hy daar he of gesels? Hy het niks te se of daar te doen.

Termiet ·

Ek dink dit is ‘n belediging en ‘n klap in die gesig van die familie.

Natasha ·

Ek is jammer, maar na sy aanmerking sal ek hom nie in my huis verwelkom nie. Nie eens Ramaphosa nie na sy half hartig veroordeling nie. As Mnr en Mev Horner is sit ek kameras en opneem bande in my huis. Ek het GEEN vertroue in hulle nie!!! ‘n Slang sal altyd ‘n slang bly.

Spook ·

Stem saam met jou. Hy lyk vir my alte vol na ‘n plaasaanvaller.

Roggeveld ·

Ek sou beslis nie die rassistiese en onbekwame cowboy te woord gestaan het nie. Daar trek ek nog ‘n duidelike streep in die grond. As daar nie druk op hom was nie, sou hy nooit die familie besoek het nie. Sy besoek is vals.

Persheks Adri ·

O ou Cele jy krap verder waar dit nie jeuk nie! Jy’s laat en jy’t vir Andre laat toe sluit… Agter baks die man. Daar is nie pille vir jou nie eish

Rentia ·

En WAT sê?? Sorry? Vir ‘n moord deur iemand wat uit jou eie mond reeds 16 keer in hegtenis geneem is? Gaan druk jou kop in ‘n gat man, jy saai verwoesting waar jy gaan!

Mariana ·

Nee hy moes daar weggebly het. As ek hulle was sou ek weier om te ontvang. Na sy uitsprake oor boere, is hy steeds arrogant en besoek die seun wat aan paal vasgemaak was en gemartel was, se ouers. Klap in die gesig, maar dit is hulle keuse om hom te wil ontvang al dan nie. Ongelukkig sal niks hul kind weer terugbring nie. Geen verskoning of medelye of enigiets nie. Nou moet blankes opstaan vir hulself.

Adriaan ·

Suid Afrika se Minister van Besoeke word gekenmerk aan sy nutteloosheid.

Pieter ·

Maak vir wolf skaap wagter die ANC is n klomp terroriste mense.

capie ·

Wat is sy werk, huisbesoek of om die moorde te keer. tweegat jakkais

Wakkerslaper ·

Ag asseblief! cele en sy terroriste buddies moet eerder net wegbly! Hulle is ‘n klomp wolwe in skaapsklere!

Anoniem ·

Louis, die meeste blankes wat ek ken het nie vir Cele gewag om hulle wapens in te handig nie. Hy wou nog vra toe is dit al gedoen. Daardie einste mense besef vandag hulle moes dit nie doen nie.

Wakkerslaper ·

Tsek cele, ramaphosa en julle terrie maatjies, TSEK! Ons Boere sal SELF!!!

Anoniem ·

Ek sou hom nie in my huis inlaat nie. Sy woorde is vals, hy maak leë beloftes en hy gee nie om oor die moorde nie. Ek sou dit wegwys.

Yvonne ·

Paai hy maar net….want hoe eg dit is is te betwyfel….n mens is al so sinies oor die regering en dit is so jammer

Nick ·

En die beste is ons stoere boere en mense luister nog na hom, julle is suckers vir punishment, kom Vrydag dan sien jy wie hy beskerm, ek kannie glo julle onderhandel en praat met hom nie!!!!!!!!! Afrikaners???? Regtig!!!!!

Spook ·

Vrydag gaan sy “polisiediens” by die hof wees om weereens die kriminele te beskerm. Die boere en die boereverenigings moet vir hóm vertel wat moet gedoen word, en nie na sy bogpraatjies luister nie.

Danny ·

Too little too late die Uwe Cele. Dit is TYD. Ons sal seker maak die WERELD se oë gaan OOP – finaal.

4ntj13 ·

Ek hoop daai terrorisme-klag was sommer net ʼn zenofoob se groot bek. En, berigte van ʼn voorafgaande dreigement na veediefstal-klagtes geïgnoreer is, laat al my hare regop staan. Mag die Here oë en ore môre orals oop maak en my mense help!

Althes ·

Dis hartseer dat iemand so wreedaardig vermoor word, voordat daar optrede is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.