Cele betreur misdaadsyfers, maar dankbaar dit ‘stabiliseer’

Bheki Cele. Foto: @GovernmentZA/Twitter

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het Vrydagoggend die jaarlikse misdaadstatistiek in die parlement bekend gemaak, en dit dui op die stabilisering van misdaad in die algemeen.

Landswyd het misdaad oor die algemeen met 2,1% gedaal, hoewel in sommige gebiede minder as in ander.

Wat strategiese bestuur betref, het Cele gesê die stabilisering van die misdaadsituasie in die Wes-Kaap en Gauteng, sowel as die Oos-Kaap, beteken dat daar nou in daardie drie taai provinsies oorbeweeg word na normalisering, terwyl die land se ander misdaad-uitskieter, KwaZulu-Natal, nou gestabiliseer moet word.

Die polisie het ’n nuwe misdaadafdeling geskep, naamlik geweldsmisdaad teen vroue en kinders, maar is nog besig om die data daarvoor te finaliseer sodat tendense in die toekoms gemeet en ’n teenstrategie beplan kan word.

Misdade wat toegeneem het, sluit in moord, seksuele misdaad, gewone aanranding, roof, roof met verswarende omstandighede, verkragting, seksuele aanranding, motorkapings, algemene roof, vragmotorkapings, handelsmisdaad en besit van onwettige vuurwapens.

Misdade wat afgeneem het, sluit in poging tot moord, ernstige aanranding, poging tot seksuele aanranding, huisroof, transitorowe, bankroof, brandstigting, vandalisme, inbrake by besighede, inbrake by huise, diefstal uit motors, diefstal van motors, veediefstal, winkeldiefstal en dwelmverwante misdaad.

Misdaad het in alle provinsies afgeneem, met die grootste afnames in die Wes-Kaap, Gauteng en Noordwes.

Wat geweldsmisdaad betref, het Noordwes die grootste afname getoon, gevolg deur die Vrystaat, Limpopo en die Wes-Kaap. Die grootste toenames is in Mpumalanga en die Oos-Kaap aangeteken.

Die misdaad wat die meeste toegeneem het, is motorkapings. Die misdaad wat die meeste gedaal het, is dwelmverwante misdaad. Nie ’n enkele bankroof is in die boekjaar 2019‑’20 in die hele Suid-Afrika aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Ek glo nie jy sal in enige ander land n minister wees nie. Kan nie eens die toespraak wat vir jou geskryf word lees nie. Julle almal is een groot grap

Persheks Adri ·

Misdaad is minder? Nee ek dink iemand is mal of hy verstaan nie statistieke nie… Beslis nie minder nie en hulle lieg so hul glo hulself regtig waar!

Etienne ·

Kan iemand asb vir Cele verduidelik wat stabiliseer beteken… ek dink hy het geen idee wat dit beteken nie en is uit voeling met die werklikheid.

Marius ·

Mnr . Cele al wat stabiliseer is my Golf Handicap ,want dit word gedoen deer iemand wat stats ken .
Ek glo nie n woord oor jou syfers nie , want as ek die nuus lees en kyk lyk dit na alles behalwe laer misdaadsyfers , veral plaasmoorde .

Adeline ·

Sy telraam het gebreek toe hy klein was en die skool standaard was doer die tyd te hoog.. gebruik nou sy vingers en tone maar erêns is ‘n gat waardeur die syfers val… groot lieg.

Werner ·

Altyd gedog jy moet eintlik n IK he om n minister te kan word

twaalfboor ·

“Dankbaar die misdaad stabiliseer”? REGTIG!!!!!!??? Is dit jou kommentaar “cowboy”?

JohanR ·

My gooiste! Is ons die enigste land in die wereld waar die minister van polisie luik asof hy nou net in sy karavaan daar in die sirkus gronde sy nar kostuum en gesig reg gemaak het, en in 5 minute speel die musiek hom in die arena in? Sorry my ou….glo nie enige syfer wat uit ‘n ANC se bek kom nie!

Nie Verbaas ·

Ag siestog Cele. Julle ANC is alreeds wereldwyd n grap. Hou maar aan met leuens julle klomp narre.

Hennie ·

Jip, misdaad is inderdaad minder. Dit is minder en minder belangrik vir hierdie inkapabele regering! Hulle sit in veilige huise, het lyfwagte en vlieg nogsteeds eersteklas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.