Cele, DA kap mekaar na Kampsbaai-voorval

Minister Bheki Cele het Woensdag verskeie Kaapse strande besoek. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Polisieminister Bheki Cele sal dit wat hy gister waargeneem het tydens ’n besoek aan Kaapse strande aan die nasionale Covid-19-bevelsraad voorlê.

Die minister het sy kommer uitgespreek oor die beweerde roekelose gedrag wat hy onder sommige strandgangers waargeneem het. Hy en ’n afvaardiging, onder wie adjunkminister Cassel Mathale en verskeie polisiehoës, het onder meer Kampsbaai, Strand, Clifton, Monwabisi, Big Bay, Strandfontein, Macassar en Mnandi besoek.

Dit is Cele se optrede op Kampsbaai se strand wat die stad Kaapstad nou genoop het om ’n dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof te bring om ’n interdik te kry teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Cele het ’n filmspan se bedrywighede onmiddellik stopgesit aangesien dit volgens hom nie aan Covid-19-regulasies voldoen het nie.

“Volgens die permit van die produksiemaatskappy wat aan die SAPD oorhandig is, sou die produksie strydig wees met die reëls wat deur die president uiteengesit is en wat duidelik is oor wat op strande toegelaat word en dus kon dit nie toegelaat word om voort te gaan nie,” het Cele gesê.

JP Smith en minister Bheki Cele het Woensdag in ‘n bekgeveg betrokke geraak op Kampsbaai se strand. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, is egter van mening dat Cele onwettig opgetree het. “Minister Cele het opdrag gegee aan meer as 30 polisiebeamptes om ’n filmproduksie te stop wat wetlik toegelaat word.”

Volgens Smith is hy bekommerd oor die outokratiese wyse waarop die minister optree. “Dit is kommerwekkend dat dit lyk asof ’n politieke ampsdraer onwettige opdragte aan operasionele personeel uitreik en waar SAPD-beamptes voortgegaan het om hierdie onwettige opdrag uit te voer.

“Ek verwag dat Cele, as lid van die nasionale bevelsraad, daarvan bewus sal wees dat film- en TV-produksiestelle sedert vlak 4 as werkplekke beskou word en toegelaat word om volgens die risiko-aangepaste strategie te werk mag gaan.”

Die jongste regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, verbied nie verfilming op Kaapse strande nie, sê Smith. Die regulasies verbied feeste en optredes.

“Verfilming is ’n werksaktiwiteit en moet nie verkeerdelik beskou word as ’n ontspanningsaktiwiteit soos minister Cele gedoen het nie.

“Ons vra dus die hooggeregshof om die minister van polisie te verbied om die omvang van sy gesag te oorskry.”

Sakeliga het ook vroeër gedreig om ’n interdik teen Cele te kry. Die organisasie het gesê die minister moet sy onregmatige instruksies aan lede van die SAPD, dat hulle besighede mag penaliseer en sluit, terugtrek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Stefaan ·

Hy dink nie hy is verhewe bo die wet nie. Hy dink hy IS die wet. Hy gaan al hoe meer teenstand van die publiek kry.

Sarel ·

Alweer die ou storie….oorskry msgte net die keer die Ministet self….eers was dit Kopdoek nou ?????

JM ·

Tipiese cowboy-gedrag! Cele kan nie mag hanteer nie en maak ‘n bespotting van die polisiediens. Dit is tyd dat hy sy pos ontruim!

Paul ·

Lyk dit nie te pragtig met die wit broek op die strand nie ?

Pietertjie ·

En sy span lyfwagte staan op ‘n bondel, terwyl die strandgangers mooi gespasieer is. Hy verstaan nie wat social distancing beteken nie

Piet ·

Die broek haal net-net die paal maar geen salf is te smeer aan daai hoed nie. Dis uit soos drankverkope na 18h00 op ‘n weeksdag.

Snowball ·

Dié skeefgetrekte interpretasie van regulasies gebeur wanneer min verstand in gesagsposisies beland. Dit trap soos ‘n skouperd rond om gesien te kan word. Wanneer dit kom by ware misdaadbekamping kry hy ‘n A vir AFWESIG. Daai hoed herinner my altyd aan Nightmare on Elm Street..

Lian ·

Is Durban se strande gesluit ? Is die taxi’s aangespreek ? Hoe kan honger mense ‘n siekte bestry ?

Strandloper ·

Regtig? Ek sien gister n konvooi van naby 20 duur amps voertuie en n halwe weermag om die lawe wanabe famous cowboy te begelei??? Wat gaan aan in die land met die klomp geld gierige dom kaders???

Sandra ·

Die ou oortree self die wet, sy masker bedek nie sy neus behoorlik nie!

Werner ·

Sien ek is heeltemal oorgekwalifiseer om n werk te kry in die parlement.Ek het n IK sien jy hoef nie een te he as jy daar werk nie

Fritz ·

Die polisie (ja, selfs gewone lede) kort n goeie fisieke pakslae.

Karel Kobus Kruger ·

Ja nee kyk, as daar nou op n strand n bakleiery tussen die EFF en polisie uitbreek, raai wie se kant kies ek…..

Hennie J ·

Dis nou as niets iets word. Was te useless as polisieman en daar gefire. Nou dink hy, hy is die wet.

Johan D ·

Hy was nog nooit ʼn polisieman nie! Hy was slegs ʼn blygemaakte kader wat die kommissaris was!

Deon ·

Tsek man, los die mense uit!!! Kan jy en jou troepe nie ook die virus kry as julle daar rond flankeer nie?

Samuel ·

Die regering by monde van Bheki Cele, soek redes om die Wes-Kaap te straf. As hulle alle ekonomiese aktiwiteite in Kaapstad kan skaad, sal ANC tevrede wees.

Tanniepetoors ·

Dis nou ‘n lekker manier om jou geld wat die belastingbetaler betaal, te verdien. Gaan op ‘n “scenic tour” van die Skiereiland se strande met ‘n hele trop koperbeslaande ridders en agterryers om jou en soek skoor met hardwerkende, wetsgehoorsame mense. Tsek man. Gaan werk ‘n slag vir jou geld en doen iets aan werklike misdaad.

Ansie ·

Cele moet liewer plase besoek waar mense vermoor en vermink word. Sy prioriteite is totaal belaglik. Ek weet nie hoe Ramaphosa hom kon aanstel as polisieminister as hy destyds ontslaan was agv bedrog nie. Nou dink hy hy is onaantasbaar en kan maak wat hy wil. Hy is nie eens intelligent genoeg en werk en ontspanning van mekaar te onderskei nie, so waarom sal dit enigeen verbaas dat hy sy magte oorskry?

gatgogga ·

“Ek weet nie hoe Ramaphosa hom kon aanstel as polisieminister as hy destyds ontslaan was agv bedrog nie”
Ansie, die antwoord is in jou vraag.

Johan ·

Ek hoop almal wat so voorstaanders is van regulasies skrik nou wakker. Dit word deur politici uitgebuit en die hele storie word gemanipileer. Daar is n “tweede golf” van toetsing niks meer nie.

Daleen ·

Johan kan ek net se ek is ‘n “voorstaander” van sekere regulasies (of kom ek stel dit anders EK STEM SAAM) soos maskers dra en sosiale distansiering maar het as individu geen beheer oor wat die regering besluit en hoe hulle optree nie. So ek weet nie waar jou woede vir “voorstaanders van regulasies” vandaan kom nie maar miskien moet jy eerder jou woede na die regte plekke/mense kanaliseer. Dis nou soos om kwaad te wees vir iemand wat by rooi robot stop omdat jy laat is vir werk.

Marianna ·

As gevolg van covid het die filminmdustrie in Kaapstad die afgelope jaar heeltemal tot stilstand gekom. Baie kamaramanne en ander filmmense het geen inkomste gehad nie omdat die meeste produksies wat hier verfilm word oorsese produksies is. Internasionale grense was gesluit. Nou begin die industrie weer ‘n bietjie asem haal. Cele se optrede gaan ons oorsese mense wat inkomste aan ons mense bring weereens verjaag.

Paul ·

Darem snaaks sien Oos Kaap se nuwe gevalle verminder maar Wes Kaap styg . Seker die Oos Kapers wat nou weg beweeg Wes Kaap toe

Johann ·

Dom astrante vermetelde arrogansie! En hy vryf dit af aan sy mede polisie lede. Hulle doen net soos hy en pas toe wat hulle inteepretasie is van wetgewing. Onaantasbaar…onverandwoordbaar…onverandwoordelik…MAGSBEHEP!

Elmarie ·

Leë blikke maak die grootste geraas. Leë magsvertoon. Wou seker ook net die mooi bikini nooiens aanstaar. Pleks hy townships toe gaan en sien hoe word reëls regtig oortree met gedrink, gefuif sonder maskers. Ek ken ‘n swart leraar baie goed wat gereeld kla oor wat aangaan en dan hoe kinders en vroue verniel word deur die dronkies . Dis eerder waar Covid versprei word, nie in ope lug nie!

Johann ·

Mmmmm? Se my Bheki….wat van die hordes wat so saam met jou stap en stop? Of sit jou hoed so styf jy kan nie om jou sien nie? Of kan jy net wit sien en nie ander kleure nie? Belaglik.

Annelize ·

Hel, maar die man was nogals “gedress for the occasion” sou ek reken, Plaas vaar hulle bietjie die strate van informele nedersettings in en kyk hoe “social distancing” daar toegepas word. Laat ek julle vertel, daar is nie ‘n masker van ‘n dag oud in sig nie, en “social distancing” is ‘n begrip totaal en al buite hulle verwysingsraamwerk.

koos10 ·

Hy is ‘n politikus met ‘n bly gemaakte rang. Verwag julle regtig meer van hom as breinlose uitsprake? Onthou net day hy en kopdoek saam in die regering is.

Kokerboom ·

Gister het Pres Ramaphosa klem gelê op rekonsiliasie en uitwissing van rassisme. Weereens verpas hy die bus en laat goue geleenthede verbygaan deur NIE beslissend op te tree en toe te laat dat onbevoegde kaders soos Cele en vele ander op die publiek losgelaat word en hul gemoedere diep in die rooi jaag deur ondeurdagte optredes!!!Omring jou met bevoegde persone ongeag ras of kleur of politieke affiliasie en u sal verbaas staan waste toegeneentheid, bereidwilligheid en lojaliteit u van die publiek gaan ontvang ten einde ‘n beter SA daar te stel!!Besef net u HELE kabinet het GEEN vermoeë om die land te regeer!!

Nie Verbaas ·

Nou wat gaan soek hy op n strand? Dink hy regtig dat mense hom respekteer? Mnr Cele, gaan besoek eerder polisiestasies en stel die onbevoegdheid, arrogansie, korrupsie en die dienslewering reg. Hy sal mos eerder die gemaklike goed aanpak wat nie veel breinkrag verg nie.

Etienne ·

Waarom gaan hierdie clown nie en bekyk die strande wat hulle nou toegemaak het nie? Maar net om te stir moet hy op die Kaapse strande gaan rondloop… idoot de luxe!

Meinung ·

Ai, die ou spreekwoord van “fools rush in …” is steeds waar. In SA het dit mode geword dat politici die de facto bestuurders van departemente geword het. Hier is ‘n voorbeeld van SAPS. Dit gebeur in talle ander staatsdepartemente. Dan befoeter hulle, baie keer in erge onkunde, ‘n klomp goeie goed. As die DA reg is, sou ‘n goeie remedie wees dat die minister UIT SY EIE SAK uit die filmspan vergoed vir hulle verliese van die dag. Om hoë amptenare al meer en meer persoonlik verantwoordelik te hou vir stommiteite sal miskien help. Dan sal hulle dink voor hulle doen want die belastingbetaler sal nie hulle hofsake betaal nie. Dit sluit sommer munisipaliteite in.

J ·

Teister alweer Wit mense soos in Durban!

BOERE BASHING!’

Wil iemand asb vir Cele wys wat aangaan by die TAXI RANKS en in Khayalitsha! Dáár kan hy derduisende lewens red!

Soos Malema gaan soek hy skoor (publisiteit) waar Witmense woon en ontspan, want hy is BANG vir sy eie ANC kiesers!

Skoert Cele ! … gaan ‘red’ jou eie kiesers by die TAXI RANKS …. julle gaan die verkiesings (verder) verloor.

Die Kaap word in elk geval BAIE BETER BESTUUR as enige ANC provinsie.

Die Kaap het nie vir jou ANC gestem nie, Cele!
Gaan teister jou eie ANC mense!

Of gaan arresteer ‘n paar MISDADIGERS soos Magashule, Zuma en Malema! Verdien vir ‘n verandering jou massiewe salaris!

Samuel ·

Cele is roekeloos. Die filmbedryf bring geld in vir die Wes-Kaap en dus vir SA, maar die dom minister verstaan dit hoegenaamd nie. Miskien moes iemand ‘n geldjie aangebied het.

J ·

Die gevaarlikste ‘virus’ wat SA bedreig is die ANC RAMPOKKER REGIME!

Het reeds die land verwoes!

Hoekom ·

Ek wonder of hy so rondloop in die townships ook. Daar is dit baie erger as op die strande…Oja daar is nie witmense in die townships nie…

Jr ·

Gaan na sekere strande om moeilik heid te soek, maar nie KZN strande waar duisende van ” our peeple” gekuier het.

Piet ·

Die ANC is net suur dat die DA botweg geweier het dat Kaapstad se strande gesluit word. Nou sal hulle alles probeer om die situasie in onguns te bring

Lukas ·

What about 250 max people at a gathering and letting EFF supporters protest in their thousands without masks and doing nothing ? Double Standards !!!

marius ·

Jy loop tussen die wittes en galbraak . Waarom is jy nie op Durban se strande nie ? Want jy en jou meelopers se agenda is om wittes te teister . Dis hoekom . Leunaar !

JohanR ·

Wat soek die ou gedurig in die Kaap, en hoekom lol hy gedurig hier? #Voertsak man en laat die mense die strand geniet! En dan het hy nog sy Hoed op. As ek op daai strand gele het en hy en sy gepeupel het by my kom staan sou ek my handdoek opgetel het en soe 500m verder weer gaan le, en dit sonder om ‘n word te se, en sonder om hom en sy gepeupel te erken!

johb ·

cele hoort in die tronk. Sy magsvergrype slaan deur na beamptes wat skielik sonder rede en onwettig wetsgehiorsame burgers met visvang permitte van rotse af begelei. Dit is nonsens. Kry asseblief n interdik teen hom en die polisie. Gaan vang eerser plaasmoordenaars en mense wat die wet oortree in plaas daarvan om.n politieke speelballetjie vir die anc te wees.

J ·

Wed jou hy kannie swem nie!

Gooi hom in die see as hy weer kom?

ha … ha ….

Adam Adriaan ·

Met sy mannewales oor alles waaroor hy moet toesighou, maak van hom ‘n nar wat nie eers ‘n pos in die kleinste sirkus in die wêreld sal losslaan nie. Duidelik hy weet nie wat sy pligte en verantwoordelikhede is nie, Ook het hy duidelik nie enige begrip van wat die wet bepaal nie. Met so baie rond dwaal op straat kan hy onmoontlik sy plige en verantwoordelikhede na kom. Lyk my is nou ‘n strandloper.

Petrus Johannes ·

Plaas dat hul die regte misdadigers gaan vang en mense op strande uitlos .O ja die mense is nie gewapen nie daarom is hul braaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.