Cele: ‘Élke polisiestasie hét verkragtingstoetsstelle’

(Argieffoto: pixabay)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het die parlement verseker dat nie ʼn enkele polisiestasie sonder verkragtingstoetsstelle is nie.

Die toetsstelle word gebruik om bewyse te versamel van slagoffers van seksuele aanranding en verkragting.

“Die minister het die nasionale vergadering en die res van die land verseker dat daar in dié stadium geen polisiestasie sonder verkragtingstoetsstelle is nie,” het Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, gesê.

Ná ʼn tekort aan dié toetsstelle het die polisie ʼn ooreenkoms van drie jaar met ʼn verskaffer aangegaan om 16 verskillende toetsstelle te verskaf, onder meer vir wanneer volwassenes of kinders die slagoffers van sulke oortredings was.

Groot kommer het vroeër vanjaar oor die situasie bestaan nadat lt.genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gesê het dat altesaam 76% polisiestasies nié dié stelle vir volwassenes gehad het nie, terwyl ʼn verdere 69% nié die stelle vir kinders gehad het nie.

Weens bewerings van korrupsie is die kontrak met die vorige verskaffer van die items opgeskort.

“Ons weet nou dat ons minstens voorraad vir drie jaar het en dat daar geen tekorte gaan wees nie. Die lae voorraad van sulke noodsaaklike toetsstelle by enige polisiestasie moet ten alle koste vermy word,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

En steeds het Gillian Schutte se gewete haar nie getroef om Mabel Jansen om vergifnis te vra nie. Dit is ‘n vraag om te weet hoe sy dit verwerk wanneer sy daagliks daarvan lees.

Nico ·

Hoop jy so of weet jy dit
Waarheid te sê dink ek jy weet eintlik niks

Piet parys ·

Dis mos waarvoor dokters daar is . Verstaan nie die toestelle storie nie??? Verneder dit nie net weereens die slagoffer nie

potlood ·

Mooi so waneer kry elke polisiestasie regte,eerlike en hardwerkende polisie lede waarop die gemeenskap trots op kan wees omrede hulle misdaad bekamp en die gemeenskap veilig hou?

TwaalfBoor ·

@Piet parys
Dit werk sò…… die klaer gaan polisie stasie toe en rapporteer die voorval. Die klaer word na trauma berader verwys. Dan word sy na ñ hospitaal geneem. SAPS verskaf die toestel aan die hospitaal wat dit toedien.

TwaalfBoor ·

@Piet parys
Dit werk sò…… die klaer gaan polisie stasie toe en rapporteer die voorval. Die klaer word na trauma berader verwys. Dan word sy na ñ hospitaal geneem. SAPS verskaf die toestel aan die hospitaal wat dit toedien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.