Cele gaan ‘politieke leiding’ gee in landbou

Bheki Cele toe hy nog nasionale polisiehoof was. Foto: GCIS

Bheki Cele toe hy nog nasionale polisiehoof was. Foto: GCIS

Bheki Cele, voormalige nasionale polisiehoof en die nuwe adjunkminister van landbou, bosbou en visserye sal “politieke leiding” verskaf in dié industrieë.

Vuyo Mkhize, Cele se woordvoerder, sê Cele gaan nie na die departement as ‘n direkteur-generaal of ‘n burokraat nie maar om “politieke leiding” te gee aan die kenners wat as burokrate daar werk.

“Hy gaan soontoe om besluite van die ANC te dryf en seker te maak dat die mandaat van die departement een van ekonomiese drywers in die land word.”

Cele is Sondag as adjunkminister van landbou, bosbou en visserye aangestel. Hy is Maandag by die presidensiële gastehuis in Pretoria ingehuldig. Cele neem oor by Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, wat in 2009 deur president Jacob Zuma aangestel is.

Cele het sy terugkeer tot die politieke gemaak tydens die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung in 2012 waar hy tot die party se nasionale uitvoerende komitee verkies is. Dit het gekom kort nadat hy as polisiehoof in die pad gesteek.

Mkhize sê Cele het die nodige politieke ondervinding. “Hy bring dekades se ondervinding as ‘n politieke leier en iemand wat die regerende party se beleide en visies dryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Says ·

Politiek en landbou, werk nie saam nie. Landbouers is die broodmandjie.

Lanie ·

Hy soek seker vir hom ‘n plaas om sy beeste te laat loop. Hy het nonsens aangejaag toe hy by die polisie was – kan my net indink wat hy met die landbou en vissery gaan doen !!

Hennie ·

Die drommel weet seker niks van boerdery af nie……net daar omdat hy cjommie is met Number 1. Gaan dit ook nou op neuk!!!

Dana ·

Bedrog in die polisie is seker maar dieselfde as bedrog in die landbou….so hy sal mooi inpas.

Shannon ·

Mooi man. Nou kry die boere se werkers toegang tot `n man wat hulle “struggle” beter verstaan as beide die vorige minster en haar klerk.
Ek sou raai dat grond hervorming nou ook gladder sal verloop … bespoedig sal word. Die eerste oorhandigings sal geskied met of sonder die goedkeuring van beide Vrystaatse landbou en die TLU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.