Cele gebruik skaars hulpbronne vir eie ‘onbenullige projekte’

(Foto: pixabay)

Bheki Cele, polisieminister, het Vrydag gesê die Valke ondersoek meer as 160 Facebook- en Twitter-rekeninge wat valslik beweer dat dit Cele se persoonlike rekeninge is.

Die DA beskuldig Cele nou daarvan dat hy skaars polisie-hulpbronne misbruik om sy persoonlike sake te ondersoek; dit terwyl ander ondersoeke van bedrog teen sakeondernemings en die publiek uitgestel word.

Van dié rekeninge, wat Cele se naam en foto’s gebruik, het meer as 60 000 volgelinge. “Die Valke se ondersoek is in ʼn gevorderde stadium en owerhede sal binnekort die eienaars van hierdie rekeninge identifiseer en hulle vir hul oortredings laat boet,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het gesê die departement van polisie kan bevestig dat Cele nie op enige sosialemediaplatforms geregistreer is of aktief is nie. “Alle amptelike kommunikasie van die departement word deur die amptelike kanale hanteer,” sê Peters.

(Argieffoto)

Die DA wys daarop dat werklike kubermisdaad wat lede van die publiek benadeel, sedert die begin van die afsonderingstydperk toegeneem het. “Die Valke se kubermisdaadeenheid wat hierdie vals sosialemedia-rekeninge moet ondersoek, het reeds in 2019 honderde uitstaande sake van miljarde rande gehad om te ondersoek,” sê George Michalakis, DA-lid van die parlementêre komitee vir veiligheid en geregtigheid.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag in 2019, het die Valke erken dat slegs 178 van die 937 sake wat na die Valke se eenheid vir kubermisdaad verwys is, suksesvol afgehandel kon word. Sake wat ondersoek moet word, het ʼn waarde van R7,9 miljard.

“Dié eenheid het hoogs opgeleide en bevoegde beamptes, maar is gruwelik onderbefonds, het te min hulpbronne en ook ʼn gebrek aan kuber-forensiese kapasiteit,” sê Michalakis.

Hy sê as Cele ernstig is ook die bekamping van kubermisdaad, moet hy dié eenheid behoorlik toerus om sake van openbare belang te ondersoek, eerder as om hulle te taak om die minister se eie onbenullige projekte te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Burgermeester ·

Ek wil ook net sê dat ek nie op enige sosialemediaplatforms geregistreer of aktief is nie. Die regering kan mannekrag en tyd afstaan om sinnelose goed te ondersoek, maar hulle het nie dié mannekrag of dié geld om plaasmoordenaars op te spoor en te vervolg nie? Klomp narre!

Cherokee ·

Hoe kry jy reg om hier te skryf? Of doen iemand anders dit namens jou?

Michael 1 ·

Ek is nie bang om dood te gaan nie ek is bang om op my knieë te staan terwyl mense soos die my kinders se toekoms bepaal.

Johanncb ·

Minister Cele is veral lief om in hierdie tyd van afsondering rond te reis, die land vol, om sy stempel van gesag af te druk!

Fedup ·

Shame mad hatter. Didn’t know you can get so upset about social media? Do you really grasp the workings of it? How old are you? You’re incompetent.

Oros Soros ·

Wonder wat gaan hulle maak as dit dit aan die lig kom dat van die rekeninge in die buiteland gesetel is?

Oujongvrou ·

Hierdie man moet afgedank word. Hys buite beheer. Verbiet bv drank omdat hy nie daarvan hou nie.wonder hoekom.dalk self n probleem gehad. En sy polisiemag doen net wat hulle wil. Geen haan kraai weer daarna nie

Pietertjie ·

Oom George se boek Animal Farm: die honde was ingespan om die varke se belange te beskerm.

Callie ·

Wel volgens my raak die ouens met die vals profiele minder twak kwyt as hy! So hulle verhoog eintlik sy aansien. In ‘n senior posisie soos wat hy beklee behoort elke landsburger na hom op te kyk maar ek is bevrees…..

Anel ·

As hulle soveel geld en moeite doen om ‘n paar nense van’ ‘n virus te red, dink net as hulle dit gebruik om die land REG te bestuur?

JohanR ·

Nee wat…..as die Covid-19 Fase 1 se einde sien dan moet daar ‘n plek uitgesaai word waar ons in ons miljoene kan gaan soos die son sak, en vir Dlamini-Zuma, Bheki Cele en Ebrahim Patel kan toetsien waai en met vrot vrugte gooi. Sal lekker wees as Cyril Ramaphosa ook by hulle kan aansluit, want dit het net twaalf maande gevat om te bewys hy is geen beter as Jacob Zuma nie!!

marius ·

Voor hulle dit doen moet hulle verslag doen of alle polisie beamptes opgehou rook en drink het . Of nog beter , alle staatsamptenare . Wettig kan dit nie gekoop word nie .

Objektief ·

Wat het geword van die “unfit for office”bevinding in die ondersoek na sy korrupsie as Kommisaris van SAPS? wat het geword NDZ en die Sarafina korrupsie. Onthou dit was die begin van die massiewe korrupsie plaag in die land. En daar doen nog steeds gerugte die rondte

Elsa ·

Née wat, Cele het nie n benul hoe SAPS moet werk nie. Gee die pos vir iemand wat 30+ jaar onder binding in die mag het.

Lila ·

Eers die Guptas nou Cele en NDZ. Die kaping van die staat duur net voort.

Warrior ·

Cele… verdien nie die titel v minister nie. Na sy aanval op sosiale media oor Christene en kerke is dit duidelik dat hy NIE n christen of gelowige in Jesus is nie. Jy mnr Cele, is net n mens. Soos ons mense is. Wat jy saai gaan jy maai. Ek is nie bang vir jou of jou god wat jy dien nie! My God, Jesus Christus, is baie groter.

AH ·

Net nog ‘n aflewering in die “Hoedeman se kaskenades”………………Dis om van te lag as dit nie so hartseer vir dié wat aan die kortste end trek was nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.